valentyndspiekniek.jpeg
valentyndspiekniek.jpeg

’n Valentynspiekniek

’n Valentynspiekniek is sekerlik nie vreeslik oorspronklik nie, maar met ons lekker weer hierdie somer, bly dit ’n wenidee. Deur Kalinka Lombard en Heloise Louw van The Home Collective.

Foto’s: Marloise Burger, Model Lene van den Berg, konsep en stilering The Home Collective

Wenke vir ’n heerlike Valentynspiekniek

valentynspiekniek
Tafeldoek met strepe: H&M Home R349
Embroidered Amajuba Geometric Scatter Cushion, (R199, Mr Price Home)  
valentyns
piekniekmandjie
Poetry Picnic Basket (R1099, Poetry)
  • Kies ‘n plek wat vir julle albei spesiaal is – ’n mooi staproete, park of die strand. Maar moenie vergeet dat jou eie tuin of selfs sitkamer net so spesiaal of pret kan wees nie.
Valentynspiekniek
  • Maak seker jy het genoeg komberse en kussings; niemand wil ongemaklik sit nie.  ’n Ekstra kombers om jou warm te hou as dit dalk koel word is ’n moet.
  • Pak ’n slaapsak in om onder jou mooi kombers te sit, sodat jou kombers nie vuil word nie.
  • Kerse is geneig om dood te waai, so pak gerus feëtjieliggies in wat met batterye werk as jy van plan is om in die skemer piekniek te hou. Plaas dit in ’n mooi glasfles.
  • Maak seker jy neem goeie glase saam, niemand wil iets lekkers drink uit plastiek nie!
valentynspiekniek
Hout Java Serving Platter Large (R219, Mr Price Home), Pienk opdien bord (R175, Poetry, slegs ’n bruinerige skakering is aanlyn beskikbaar. Die pienk kleur is by sommige winkels beskikbaar)
  • ‘n Houtplankie en ’n skerp mes is ook belangrik en dit is iets wat ’n mens maklik vergeet.
  • Maak jouself mooi – ’n mens voel sommer meer romanties in ’n mooi rokkie met ’n bietjie lipstiffie aan – reg vir jou ‘romcom’-oomblik!
valentynspiekniek glase
Luigi Bormioli Sublime Carafe with Cork Stopper, 1 Litre (R349, Yuppiechef) Four Pack Square Wineglasses (R199, Mr Price Home)

The Home Collective

The Home Collective

Vriendinne Kalinka Lombard en Heloise Louw het beide ’n oog vir mooi goed en is passievol daaroor om mooi en gelukkige woonspasies te skep. Heloise is al vir langer as 14 jaar ’n stilis terwyl Kalinka ondervinding as tydskrifredakteur en van kunsredigering het. Lees meer oor The Home Collective hier

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Kerstafel
Kerstafel-inspirasie
error: Content is protected !!