Moedersdag word vanjaar op 14 Mei gevier en ons het ’n paar dekor- en huisgeskenke raakgesien wat op ons wenslysies is. Loer gerus hier vir geskenkinspirasie vir jou eie Ma, of stuur gerus die artikel aan vir dié in jou eie huishouding wat dalk beplan om vir jou ’n geskenk te koop. Saamgestel deur Justine Kroes
05/05/2023
’n Koppie tee vir Ma
Hierdie is ’n ideale geskenk vir Ma’s wat graag ’n koppie tee geniet. Kyk net hoe pragtig is hierdie gietysterteepot (Carmien Tea Cast Iron Teapot R440), tradisioneel afkomstig van Japan, word jou tee vir langer warm gehou in hierdie mooi teepot. Jy kan ook los en stokkies tee hierin gebruik – die teepot kom met sy eie sif. Hierdie teepot is beskikbaar in ’n klompie pragtige skakerings, die swart, pienk en groen is ons gunstelinge. Pssst, kombineer die teepot met ’n blikkie van Carmien Tea se Tea Tins (R140) – hierdie een bevat Floral Berry en Citrus Chai Rooibos gegeurde tees.
’n Blompot gevul met Ma se gunsteling blomme
’n Mooi en unieke blompot gevul met jou Ma se gunsteling blomme is altyd ’n wenner geskenkidee. Hier is ’n paar mooi blompotte wat ons onlangs op www.yuppiechef.com raakgesien het.
’n Lig in die donker
Nes ons Ma’s meestal is – Gee vir Ma ’n ontwerper bedlampie, of lessenaarlampie waaronder sy lekker haar gunstelingboek kan lees. Arrange Studio se ligte en lampe wat eintlik meer soos kuns vertoon in enige vertrek sal ’n “helder” glimlag op Ma se gesig sit.
Ontwerperkombersies
Die geskenk van so ’n ontwerperkombersie sal enige iemand se hart vinniger laat klop! Kyk net hoe mooi is die komberse in die reeks deur Something Good Studio – ’n samewerkende tekstielateljee in Johannesburg. Die idee is om uitstaan komberse vry te stel wat deur Suid-Afrikaanse kunstenaars en ontwerpers ontwerp is. Selfs die katoen vir die kombersie word plaaslik vervaardig. Die kombersie is 140 cm x 180 cm (party se groottes wissel) en bestaan uit 100% katoen.
Tafeldekmooi

Vir die Ma’s wat graag onthaal en dit geniet om mooi tafels te dek – loer hier na die mooiste lapservette en eko-vriendelike weggooi servette op ons radar:
Vir Ma’s met groen vingers
’n Paar geskenkidees vir Ma’s wat graag tuinmaak;
’n Spesiale stoorplek vir juwele
’n Mooi juweelkissie of “trinket tray” waar ’n Ma saans haar oorbelle en ringe op dieselfde plek kan bêre. Kyk hoe mooi is hierdie stoorplekkies vir juwele:
Vir onthou etes
Gee vir Ma die geskenk om haar eie breekware en eetstel (dinner service) te kies en bymekaar sit. Die span by Mervyn Gers bied ’n diens waar jy ’n pasgemaakte stel borde tot jou persoonlike styl kan saamstel. Die borde word dan spesiaal vir jou handgemaak by die Mervyn Gers fabriek in Kaapstad. Loer hier na ’n paar van die pragtige Mervyn Gers borde en breekware: https://www.mervyngers.com/
Vinnig klaar
Vir die Ma wat alewig besig is om haarself voor die stoof af te sloof – ’n lugbraaier sodat sy vinnig kan klaarspeel met etes om ’n klein bietjie meer tyd vir haarself te hê.
Kies een wat die beste by haar spasie sal pas.
Geskenkbewys van ‘n luukse boetiekwinkel
As jy onseker is wat om te koop – weet enige vrou ‘n geskenkbewys is altyd welkom – ons stel ‘n geskenkbewys voor van die pragtigste boetiek – Little House Boutique met winkels in Cavendish, by die V&A Waterfront en Constantia. Ma kan vir haarself huisgeskenke, dekor, en lyf produkte koop en selfs pragtige mode items. Loer aanlyn by www.littlehouseboutique.co.za vir meer. Hier is ‘n paar van ons gunstelinge: