’n Simfonie van styl; tydlose dekor van Loch Lynne wynlandgoed

Loch Lynne is nie bloot ’n werkende wynlandgoed nie, eerder ’n ervaring. ’n Besoek aan die pragtige plaas voel soos een groot uitasem vir jou siel. Hier ontmoet moderne argitektuur die natuurlike rustigheid met ’n kontemporêre styl daarby.

Van beeldskone geboue tot die pragtige tuin en landskapontwerp is elke detail met sorg beplan om ’n bestemming te skep wat beide luuksheid en stilte vier. Deur Justine Kroes

Moderne dog ou-wêreldse glans geleentheidsruimtes

Indien jy of iemand wat jy ken binnekort ’n funksie of troue beplan, is ’n besoek aan Loch Lynne ’n moet. Van tuine tot die binnehof, glashuis en onthaalsaal. Hier is unieke spasies vir enige spesiale geleentheid;

Glashuis by Loch Lynne

Die glashuis/glasshouse is die hart van hierdie ruimtes. ’n Indrukwekkende gebou met hoë plafonne, gepoleerde vloere en glasdeure wat die wingerde van buite na binne intrek.

Aan die een kant is daar hoë glasdeure met swartraam vensters wat ’n moderne gevoel tot die spasie bied. ’n Minimalistiese en neutrale spasie wat met enige tema of styl werk, van elegante galas na moderne troues.

Balsaal

Hierdie ruim, liggevulde lokaal bied ’n asemrowende uitsig oor die wingerde en bergreekse, wat dit die perfekte agtergrond maak vir troues en glansgeleenthede.

Die tydlose reuse kandelare laat lig dans teen die glasafwerkings terwyl die swart en wit vloere ’n modern aanslag tot die spasie bied.

Die hout van die kroeg-area skep weer ’n gevoel van ou-wêreldse glans. Die ontwerpelemente bied ’n stylvolle spasie wat minimalisties gebruik kan word, maar terselfdertyd neutraal genoeg is om ’n glansgeleentheid van jou drome te skep.

Akkomodasie en verblyf

Die landgoed se stylvolle verblyf is ontwerp om elke gas met gerief, rustigheid en ’n tikkie romantiek te omring. Ideaal vir troues, naweke weg of rustige wynplaasvakansies.

Elke kamer by Loch Lynne is individueel ingerig met sorg en detail. Supergerieflike koninggrootte-beddens met luukse linne plus en-suite badkamers sorg vir ’n gevoel van tuiswees met ’n bietjie hotelglans.

Gaste word bederf met moderne geriewe soos lugversorging, haardroërs, mini-kroeë, tee- en koffiemaakgeriewe, slim-TV’s en vinnige WiFi, alles wat nodig is vir ’n sorgvrye verblyf.

Van die romantiese Bruidskamer met sy pragtige uitsig oor die sonsopkoms tot die ruim suites met uitsigte oor die tennisbaan en wingerde bied elke vertrek iets besonders. Sekere kamers spog met private stoepies, terwyl ander in sagte neutrale kleure gehou is wat die kalm atmosfeer versterk.

Elke spasie is ongelooflik goed deurdink, die glam room is bewys hiervan. ’n Kamer met rusbanke, spieëls en spieëltafels (genoeg vir ’n bruid en AL haar bruidsmeisies) om klaar te maak en terselfdertyd die allermooiste fotos te kan neem.

Die dekor bly getrou aan die landgoed se estetika: neutrale skakerings, organiese teksture en minimalistiese afwerkings wat die natuurlike omgewing beklemtoon.

Vir akkommodasie klik hier

Rustige landskap

Die skoonheid van Loch Lynne lê nie net in sy geboue nie, maar ook in sy pragtige, sorgvuldige beplande tuine en buiteruimtes. Paadjies kronkel tussen wingerde deur en lei na binnehowe en olyfbome wat skadu bied. Met sitplekke strategies geplaas om die beste uitsig op die plaas vas te vang, die lig wat op die dam dans of die sagte gloed van die laatmiddagson.

Dit is duidelik dat elke buiteruimte ontwerp is met dieselfde sorg as die interieurs.

Of jy nou in die suites tuisgaan, ’n spesiale geleentheid in die saal vier, of eenvoudig deur die rustige gronde dwaal, Loch Lynne bied meer as net ’n besoek. Dit bied ’n gevoel, ’n ervaring van balans en skoonheid wat lank ná jou vertrek jou sal bybly.

Hier is elke ruimte doelbewus ontwerp, elke detail noukeurig oorweeg, en elke uitsig n kunswerk in eie reg.

Fotosessies

Na ’n onlangse Stylvol fotosessie op die pragtige plaas het ons vol energie en met kalm harte teruggekeer huistoe.

Boek jou eie fotosessie by Loch Lynne, klik hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
spieel
’n Spieël vir jou spasie, hier is dekorraad
error: Content is protected !!