’n Moeitelose mooi buitekuier met PEP Home

Dit is Desembervakansie en jy nooi gaste vir ’n onbeplande kuier, jy wil jouself nie afsloof nie maar jy wil steeds ’n mooi tafeldek om jou gaste te bederf. Jy weet met jou onlangse PEP Home-kopies kan jy blitsvinnig ’n moeitelose mooi tafeldek vir buitekuier. Ons deel ons top 6 tafeldekwenke om in gedagte te hou vir ’n stylvolle buitekuiertafel. Plus ons gunstelinge nou beskikbaar by ’n PEP Home winkel naby jou. Deur Justine Kroes. Fotos Tegan Smith Photography.

13/12/2024

Versnaperinge op sjiek borde

Kyk net hoe minimalisties-sjiek is hierdie hout en marmer-styl borde van PEP Home. Verwelkom jou gaste en bedien kleurvolle versnaperinge van kaas, vrugte en patees op hierdie allermooiste borde.

PEP Home Bamboo and Marble Serving Board 38 x 18 x 1cm (R129,99) SKU 1092707
PEP Home Round Bamboo and Marble Serving Board (R129,99) SKU 1092709

Gevolg deur yskoue wyn in ’n pragtige dunsteel wynglas.

PEP Home Stemware Wineglass (R29,99) SKU 1108469

Vergeet van tradisionele uitlegte

Vergeet van tradisionele uitlegte – dink anders oor hoe en waar jy jou tafellinne plaas. Ons het 3 van die mooiste palmboompatroon-runners dwarsoor die tafel laat lê.

’n Runner hoef nie in die middel van die tafel af te hardloop nie. Ons is nie altyd lus vir ’n volle tafeldoek nie, daarom is runners ’n goeie alternatief.

PEP Home Printed Table Runner Marakesh 33 x 170cm (R69,99) SKU1098561

Wenk: kies ’n prettige patroon of ontwerp wat by jou buitekuierspasie pas.

Hou ’n kleurskema in gedagte

Om ’n eenvoudige kleurskema in gedagte te hou vir onbeplande kuiers, maak die tafeldekproses ’n maklike een.

Hou jou kleurskema eenvoudig met tydlose swart en wit/roomkleurige skakerings saam. Indien jy voel daar kort ’n tikkie kleur, gebruik blompotte gevul met helder vars blomme of selfs blare uit jou tuin.

Tekstuur en lae

Deur ’n klompie lae (layering) en die gebruik van verskillende teskture op jou tafel te gebruik skep ’n stylvolle indruk sonder om baie moeite hoef te doen.

Hier is ’n idee van “lae” (layers) wat jy op jou buitekuier tafel kan gebruik:

Laag een:

Gebruik tafeldoeke of ’n paar runners soos wat ons gebruik het dwars oor jou tafel.

Laag twee:

Ons gebruik graag plekmatjies as ’n element van tekstuur wanneer ons tafel dek, dit skep ’n warm en tuis gevoel op die tafel. Gebruik neutrale geweefde plekmatjies op jou buitekuiertafel. Die tekstuur is lieflik en pas byna by elke kleurskema.

PEP Home Natural Braided Placemat (R59,99) SKU 1098722

Laag drie:

PEP Home Knives 4pk (R39,99) SKU 019132; PEP Home Forks 4pk (R39,99) SKU 1067147

Borde, messe en vurke. Ons het besluit om die allermooiste room borde te gebruik (met ’n pragtige riffle detail langs die kante). Bypassende bakkies vir slaai en silwer eetware.

PEP Home Dinner Plate (R34,99) SKU 1098345
PEP Home Bowl (R26,99) SKU 1103291

Laag vier:

Servette bo op borde. Om dadelik ’n tikkie moeitelose luuksheid by jou buitekuiertafel te voeg, gebruik lapservette in plaas van papierservette. En nee lapservette hoef nie duur te wees nie – dink slim en gebruik lappies en vadoeke wat kan dubbel as servette.

PEP Home 3Pk Dishcloths (R54,99) SKU 1098559

Ons het hierdie room wafeltekstuurlappe gebruik as servette. Die kleur en tekstuur het ons room en swart kleurskema goed gekomplementeer.

Die lappe is in ’n pak van drie beskikbaar – ’n veelsydige kopie vir binne- en buitekuiers.

Laag vyf:

Verskillende tipes glase, blompotte met tekstuur.

PEP Home Vase (R59,99) SKU 1102371
PEP Home Vase (R54,99) SKU 1102372

Kyk net hoe goed werk al die verskillende teksture op die buitekuiertafel saam.

Waterglase, waterkraf en blompotte met tekstuur komplementeer mekaar en skep ’n ligte gevoel teenoor die donkerder tafel. Vul blompotte met vars helder blomme.

PEP Home Jug (R69,99)

Laag ses:

Eindig jou buitekuiertafel met versierings soos lampies, kerse en lanterns.

PEP Home Black Light Lantern (battery) (R119,99) SKU 1090675
PEP Home Glass Lantern (R99,99) SKU 1064372

Opdienborde en bakke met verskil

Ons was so opgewonde om al die pragtige eetware en opdienborde in PEP Home te sien.

Wenk: Gebruik soortgelyke (nie noodwendig identiese) skakerings wanneer jy jou opdienborde en breekware kies vir jou buitekuiertafel.

Hier was ’n klompie gunstelinge:

’n Skinkbord vir buitekuier is ’n moet – jy gaan baie op en af loop van jou kombuis tot jou buitetafel en met ’n skinkbord byderhand kan jy meer op een slag heen en weer dra. Kyk hoe mooi is die hout skinkbord met goue palmboom detail.

PEP Home Tray (R99,99) SKU 1086820

Keramiek opdien platters is ideaal vir uitpakslaaie, brood en selfs vir nagereg vir jou buitekuiertafel.

Hierdie langwerpige vorms is modern en die skakerings werk fantasties by ons lig en donker kleurskema. Die borde staan mooi uit teenoor die donkerder tafel.

PEP Home Serveware (R29,99) SKU 1102548
PEP Home Serveware (R59,99) SKU 1069876

Beslis die mees veelsydige kopie – kyk net hierdie slim slaaibak … met ’n deksel! Jy kan seker wees om vlieë en goggas uit die slaai te hou en boonop jou slaai teen die warm son te beskerm. Haal eenvoudig die deksel af tydens opskeptyd en plaas dit onder die slaaibak om spasie op die tafel te spaar.

PEP Home Covered Serving Bowl (R89,99) SKU 1073834

Opdinebord met houthandvatsels maak die heen en weer aangee aan tafel soveel makliker, boonop lyk dit modern. Perfek vir vleis en warm kos.

PEP Home Serveware (R79,99) SKU1102467

Liggies, lanterns en kerse vir aand buitekuier

Ons buitekuiertafel se liggies en lanterns staan gereed om aangesteek te word sodra die son op pad is om te sak. Die ontwerpe is modern met ’n tikkie luuksheid en die riffelglas is ons gunsteling!

Die slim handvatsels maak die dek- en wegbêreproses ’n droom!

By PEP Home is die opsies vir kershouers, lanterns en liggies werklik eindeloos. Hierdie swart lanternliggies en glas kershouers is modern en sal vir nog ’n lang ruk tydloos bly vir jou buitekuier tafel.

PEP Home Glass Lantern (R99,99) SKU 1064372

Jy kan AL hierdie tafelware van PEP Home wen – skryf in op die Instgram Reel hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Dekor met kurwes
error: Content is protected !!