Mooiste linne-uitrustings vir warm somersdae

Op snikhete warm somersdae is ’n linne-uitrusting altyd die eerste een waarna ons gryp. Tydens Februarie en Maart wanneer die somer op sy warmste is, raak ligte materiale soos linne minder van ’n luuksheid en meer ’n noodsaaklikheid!

Ons deel hoekom linne-uitrustings ’n moet is, hoe dit jou koel hou plus wenke om linne reg te dra en stileer. As jy nog nie iets in linne besit nie, hoop ons die artikel oortuig jou! Deur Justine Kroes

Linne, jou volgende mode moet, hier’s hoekom

Jou linne uitrusting sal jou koel hou

Linne is ’n natuurlike vesel en materiaal, dit is nie sinteties nie, wat beteken linne laat lug deur die vesels van die materiaal vloei, anders as sintetiese materiale (wat baie nou geweef is). Dit voel koel omdat die vesels lank en wyd is en meer lug so kan deurlaat.  

Jou linne uitrusting hou jou droog en sweetvry:

Linne kan ook vog afweer, wat beteken dit hou jou sweetvry en droog op ’n warm dag. Linne kan tot 20% van sy eie gewig in water opneem voordat dit nat of klam voel.

Linne is veelsydig

Linne is nie net vir die somer nie, ’n besonderse materiaal wat tydens koeler maande ook gedra kan word. Dit is ’n termo-regulerende materiaal, wat beteken dit behou hitte soos nodig en hou jou ook warm wanneer dit koud is.

Beslis ’n veelsydige belegging vir enige vrou se klerekas. En boonop een van die vriendelikste vesels wat jy aan jou lyf kan dra.

7 wenke om jou linne te stileer:

1. Linnerokke

Om ’n linnerok te kies, is seker een van die eenvoudigste (en koelste) maniere om die materiaal te dra. Beslis een van die eerste items waarna ons gryp op ’n warm somersdag.

Indien jy onseker is, probeer ’n linnerok in ’n rokstyl en snit waarin jy weet jy sal goed lyk.

Onthou, as ’n rok effens lospassend en vormloos sit, bind ’n gordel om jou middel om vorm te skep en jou klein middellyf te definieer.

Sweetpeas The Panama Dress (R1799)

2. Netjiese linnevoorkoms:

Vir ’n netjiese of meer formele linnevoorkoms, kies “tailored” linne ontwerpe soos hoëmiddellyf broeke, linne blazer baadjies of goed gestruktureerde rokke.

Sterk en gestruktureerde silhoeëtte skep dadelik ’n meer formele en netjiese voorkoms.

Psst onthou: Jou linne-uitrusting hoef nie eksie perfeksie te lyk nie. Linne se kreukels gee karakter, jy kan beslis daarmee wegkom om jou linnekledingstuk met plooie en al te dra.

3. Helderkleurige linne

Linnekledingstukke beteken lank nie meer vervelige neutrale of wit skakerings nie – linne is deesdae beskikbaar in byna al die kleure van die reënboog en nog meer. Loer net na al die mooi opsies hier:

4. Bypassende stelle:

’n Linne bypassende stel hoort ’n somerstapelstuk te wees. ’n Bypassende hemp-en-broek stel skep dadelik ’n netjiese voorkoms en dit met minimale moeite. Jou bypassende stel bly ’n veelsydige kopie omdat elke item saam maar ook apart gestileer kan word; meer uitrusting opsies!

5. Meng linne met ander teksture

Balans in ’n uitrusting is belangrik, maak gebruik van verskillende teksture by jou linne-uitrusting om die ontspanne gevoel van jou linnevoorkoms te verhef.

Byvoorbeeld:

Kombineer jou linnerok met jou leersandale:

Foto: Pinterest

Dra jou linnebroek by jou sybloes:

Foto: Pinterest

Kombineer jou linnerok of -bloes by gestapelde goue hangertjies, armbande en oorbelle:

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Probeer gerus jou linnehemp by jou gestruktureerde denim.

Foto: Pinterest

6. Eskperimenteer met verskillende linnesilhoeëtte

Linne is ’n materiaal wat pragtig val en lyk so mooi in:

Wyepypbroeke

Vloeiende midi of maksi-rompe

Oorgroot knoophemde

Oorvou (wrap) styl linnerokke

7. Kies die regte onderklere

Onthou ligter skakerings linnemateriale kan effens deurskynend wees. Kies liefs vleeskleur onderklere om te keer dat niks deurskyn nie.

Ken jou linne

Lees die etiket van jou linne-modekopie. ’n Kombinasie linnerok pas dalk jou sak beter, ’n “linen blend” kledingstuk is gewoonlik ’n kombinasie van linne en katoen, of rayon en nylon, die % van die hoeveelheid linne sal aangedui word op die etiket. Hierdie opsies is gewoonlik meer sakpas as suiwer linne-opsies en sal ook nie so maklik kreukel nie.

Versorg jou linne reg

Jou linne het nie enige versagmiddels nodig tydens die wassiklus nie, hoe meer jou linne-item gedra word, hoe sagter word dit.

Was altyd op ’n kouesiklus en laat natuurlik droog word, uit direkte sonlig.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
5 Vreemdste modetrends
error: Content is protected !!