Of dit nou warm sjokolade, koffie of tee is wat jy kies om te drink om jou koue lyf op te warm, uit hierdie mooi bekers wil jy hulle drink! Meeste van ons begin ons dag met ’n beker, en dit ’n relatiewe goedkoop plesiertjie om ’n mooi, nuwe beker aan te skaf. Al is dit net een, net vir jou. Deur Suzanne Kotzé
27/05/2022
Wat jy in ag moet neem as jy bekers koop
- Hoe baie jy van die ontwerp hou
- Die grootte. Verkies jy byvoorbeeld ’n sterker cappucino met ’n dubbel espresso is ’n 200 ml beker net reg)
- Die materiaal. Porselein, keramiek of glas? Sommige mense verkies die dunner gevoel van porselein, terwyl ander meer van die gevoel van keramiek hou. Glas is ook steeds ’n gewilde keuse, veral omdat dit so mooi lyk as jy cappucino’s of caffé au lait maak. Maak net seker jy gebruik altyd ’n spesiale dubbellaag glas hiervoor, anders gaan jou hande brand!
- Kan jy dit in die skottelgoedwasser sit? Lees altyd die was-instruksies want sommige keramiekbekers kan nie in die skottelgoedwasser gewas word nie.
Die kleure bekers waarvan ons nou hou: minimalistiese en kleurvolle minimalise
Minimalisme het aanbeweeg van swart en wit en eenvoudige lyne. Minimalistiese bekers in swart, wit, grys en ander neutrale kleure sal altyd ons staatmakers wees. Koue pastelle, maar ook kleurvolle minimalisme is nog gunstelinge op die oomblik. Kleurvolle minimalisme betken om kleur te gebruik die ‘minder is meer’ beginsel toepas. Wit en pastelle met ’n tikkie helder, baie leë spasie en ’n paar details wat jou beker steeds skoon en minimalisties kan laat lyk.