Hier is drie modekenners (al drie is manne) se beste moderaad vir die winterseisoen. Die kenners deel ook wat die manne liefs moet wegpak en nie meer dra nie. Lees gerus modetrends vir die manne – ’n hoof van ontwerp van een van Suid-Afrika se grootste handelsmerke, ’n moderedakteur plus ’n Instagrambekende se beste wenke. Saamgestel deur Justine Kroes
07/06/2024
10 Modetrends vir manne, dit is in:
1. Tydlose stapelitems bly topkeuse
Instagrambekende Sergio Ines, @whatmyboyfriendwore op Instagram het oor die 890k aanhangers op die platform en het beslis ’n oog vir styl. Sergio se raad oor trends vir die komende seisoen:
“As ek moet eerlik wees is my advies altyd eerste om om eerder nie trends slaafs na te volg nie. Dit laat gewoonlik jou klerekas vol kledingstukke waar een nie by die ander een pas nie. My advies is gewoonlik, as jy nie ’n kledingstuk by minstens vyf ander items in jou klerekas kan dra nie, moet dit nie koop nie”
Hoof van ontwerp vir beide die mans- en kinderklereafdeling by Woolworths stem hiemee saam. Wikus du Plessis sê “Kies eerder klassieke (maar steeds moderne) stapelitems, Hierdie tydlose stapelitems dien as die boublokke vir jou klerekas, veral wanneer jy dit by ander duurder kledingstukke stileer.”
2. Retro sneaker-style
Sergio sê “Indien jy voel jy graag vanjaar ’n “trendy” mode aankopie wil maak sou ek aanraai dat jy dalk kyk na ’n paar Adidas Samba en Gazelle sneakers. Hierdie tekkiestyl sal altyd stylvol lyk, selfs al is dit nie meer oor ’n paar jaar so gewild en hoogmode soos dit tans is nie. ’n Paar retro-styl sneakers soos die Nike Killshots is ook nie ’n slegte aankopie nie”
3. ’n Jas wat netjies pas
“Verruil ’n slag daardie shackets (kombinasie van baadjie en hemp) en flennie (flannel) hemde vir ’n tydjose jas. Dit is ’n klassieke kledingstuk wat tans trend en ook nooit uit plek sal wees in jou klerekas nie”, verduidelik Sergio.
4. Kies gemaklike pakke
Sergio sê “Omhels die beweging na meer gemaklike pakstyle. Verby is die dae van netjiese nommerpas pakke (hoewel dit ook ’n plek het), die mode is nou om eerder ’n meer ongestruktureerde baadjie te kies. Hierdie nuwe pakstyle is ook gewoonlik van ligter tekstuur materiale en sal ’n veelsydige kopie wees wat jy op sy eie of apart by ander items in jou klerekas kan dra.
5. Netjies maar gemaklik
Wikus du Plessis verduidelik; “Kombineer jou meer gemaklike klere-items met meer formele (smarter) kledingstukke vir ’n gemaklike dog gepoleerde voorkoms. Die idee is dat jy netjies en stylvol voorkom sonder om “overdressed” te lyk.

Soos wat almal se werksplek-omstandighede verander en daar nie meer eintlik iets soos ’n kleredragkode is nie, is dit belangrik dat ons kledingstukke iets van albei, netjies maar ook gemaklik, insluit.
6. Utilitaristiese elemente
Die “utility”modetendens is afkomstig van die idee om werkersdrag soos denimoorpakke en werkspakke (dink aan overalls) te kombineer met meer moderne elemente. Selfs op die loopplanke by Sacai en Fendi was dit duidelik dat hierdie modetrend tans groot nuus is.
“Wikus du Plessis sê, kombineer die praktiese “utility” aantrekstyl met tydlose elemente en kies die ontwerpe met uitstaan afwerkings soos oorgroot sakke (pockets) op hemde en broeke.”
7. Probeer monokroom

Hierdie modetendens is perfek vir die manne wat graag ’n minimalistiese aanslag tot hul modekeuses het, verduidelik Wikus du Plessis.
Probeer gerus ’n bypassende stel in monokroom skakerings. Dit is ’n maklike trend om te probeer omdat jy soortgelyke skakerings in byna alle kledingstukke kry. Eksperimenteer met lae op lae van verskillende teksture, soos byvoorbeeld ’n trui by ’n “utility” styl broek.
Die monokroom “tone-on-tone” aantrekstyl is ook meestal gesien in neutrale skakerings, dink aan rome en bruine.
8. 90’s minimalisme
Hierdie aantrekstyl trend tans weens die terugkeer na daardie 90’s minimalisme in die modewêreld. Dink aan skoon lyne, minimale afwerkings en fieterjasies, met ’n gemaklike maar steeds gestruktureerde silhoeët.

Wikus Du Plessis stem hiermee saam. “Gemaklike ‘relaxed fits’ raak al hoe meer prominent, van regaf (straight cut) denimstyle tot pakke wat deesdae meer lospassend gesny word. Hierdie aantrekstyl werk goed vir ’n smart casual voorkoms waar jy steeds netjies lyk en gemaklik voel in dit wat jy aanhet.
9. Kies interessante teksture
Azeez Jacobs, moderedakteur en stilis se raad (@azeezjacobs op Instagram): “Probeer verkillende tipes teksture saam as ’n ‘layering’ stileertruuk dra. Dit skep ’n interessante, ‘tactile’ en stylvolle voorkoms.” Azeez sê, “kies materiale soos corduroy en wol vir ’n snoesige maar steeds gepoleerde wintervoorkoms.”

10. Aardse skakerings
Azeez sê “die winter is die ideale tyd om diep aardse skakerings soos wynrooi en forest green te omhels. Hierdie kleurpalet is tydloos en skep ’n luukse modevoorkoms.”
Dit is uit:
Ons modekenners is dit almal eens: styfpassende skinny styl denims en broeke is UIT.
Sergio verduidelik “Skinny jeans is uit – kies eerder ‘n “slim fit” of “straight cut” denimstyl. ’n “Midwash” skakering (nie te donker en nie te lig nie) wat tans populêr is, is dalk ’n goeie beginpunt. Ek glo ook ’n donker of indigo denimwas sal langer hou en mooier verouder, dit sal ook ’n meer veelsydige kopie wees”.
Wikus du Plessis stem hiermee saam ”Die eens baie gewilde “super skinny” denims word nou vervang met ’n wyer en meer lospassende broekstyl – hierdie verandering is tasbaar deur kopers se voorkeur vir gemak en gemaklik voel.”

“Die aanvraag vir meeste styfpassende kledingstukke is tans besig om af te neem. Dink aan lospassende silhoeëtte in beide hemde en broekstyle, met gemak as die dryfkrag agter die beweging.