Pêrels
Pêrels

Moderne pêrels: Dra dit nou so

Pêreljuwele het ’n gedaanteverwisseling ondergaan en is nou die mikro-trend van die oomblik. Vergeet van stywe klein oorbelle en lang stringe pêrels – Moderne pêrels dra jy nou meer bonkig om jou nek en aan jou ore, op jou bykomstighede soos sonbrille, handsakke en tekkies en selfs op jou kopbande,en as jy kans sien – werk dit self aan jou klere of bykomstighede vas. Deur Justine Kroes

Versierings op klere

Pêreljuwele sien ons vanjaar op denims, T-hemde en selfs baadjies, pêrelversierings op klere is hier om te bly.

Pêrels
Foto: Shutterstock
Pêrels
Foto: Shutterstock

Moderne pêrels
Foto: Shutterstock

Handsakke

Pêrels op handsakke en palmtassies bly ’n gunsteling, dit lyk trendy maar steeds stylvol en so ’n kopie is iets wat sal tydloos bly deur die jare.

Cult Gaia pamltas beskikbaar by Boutique Marly
Foto: Shutterstock

Skoene

Van tekkies tot sandale en selfs hakskoene en pêrels op skoene is hierdie seisoen ’n moet.

Foto: Shutterstock

Pêreljuwele

Pêreljuwele lyk nou anders as wat ons gewoond is – vergeet van daardie eenvoudige string pêrels en klein oorkrabber-oorbelle.

Moderne pêrels is vanjaar oorgroot, meer bonkig en gekombineer met verskeie ander metaalelemente. Dra jou pêrels saam met jou silwer of goue juwele, meer is beslis meer hierdie seisoen.

Soortgelyke oorbelle beskikbaar by Lovisa.
Foto: Shutterstock

Bykomstighede

Moderne pêrels op serpies, haarrekkies, bande en knippies is ’n maklike en sakpas manier om hierdie trend aan te pak. ’n Pêrel-serpie om jou nek of handsak vasgebind en ’n paar knippies onder mekaar in jou hare vasgesteek gee jou voorkoms dadelik ’n modieuse hupstoot.

Shutterstock
Shutterstock

Doen dit self:

Chelle Lovatt van Dear Deer het as ’n inspirasieveldtog begin om maskers, haar-scrunchies en denim baadjies met pêrels te versier. Sy sê “dit is lekker om ’n kompliment te ontvang vir iets wat jy met jou hande gemaak het. Kom ons laat #IMADEITMYSELF hierdie somerseisoen trend!”

Dear Deer
Dear Deer
Chelle se denim-baadjie versier met pêrels

Hier is Chelle se top doen-dit-self wenke:

  • Gebruik Pinterest as ’n manier om inspirasie te vind, veral vir patrone.
  • As jy nie pêreltjies by materiaalwinkels kan vind nie, dink bietjie buite die boks – loer by tweede-handse winkels vir ou krale en halssnoere, daar is dit volop! Ek het selfs een van my ouma se ou halssnoere gebruik, ’n spesiale manier om dit meer trendy te maak.
  • Gebruik ’n materiaalpen om jou patroon uit te skets op jou kledingstuk as jy bietjie huiwerig is om vryhand te werk.
  • As jou naaldwerkvaardighede jou in die steek laat (letterlik!) gebruik ’n materiaalgom – dit werk net so goed.
  • As jy wel elke kraletjie en pêreltjie met die hand aanwerk, maak seker jy het ’n goeie Netflix reeks om jou geselskap te hou – die proses neem ’n tydjie. Ek noem hierdie my joga – dit laat my so ontspan!
  • Dit is ’n lekker manier om weer met jou Ouma of Ma tyd deur te bring – selfs oor ’n video oproep, jy kan raad vra en wys hoe jou kledingstuk vorder. Wie weet, dalk leer hulle jou nog iets.
  • Maak vir jou ‘n “vloek” potjie en gooi ’n geldjie daarin elke keer wanneer jy ’n woord uiter as jy jouself raak prik (glo my dit gebeur BAIE! So spaar jy vir jou volgende projek.
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Hierdie modefoute laat jou dalk ouer lyk, maak jy een van hulle?
error: Content is protected !!