Emily in Paris 4
Emily in Paris 4

Mode-inspirasie: ‘Emily in Paris 4’ se sjiek voorkomste

Die mode van Emily in Paris 4 stel nie teleur nie! Die Franse het duidelik ’n invloed op Emily, want haar modestyl is (effens) minder oordadig en en très chic in seisoen 4. Deur Suzanne Kotzé.

In al die vorige seisoene van Emily in Paris het ons ons verkyk aan die modes van Emily (Lily Collins) en haar medesterre. En ja dit is oordadig en uitspattig en meestal nie iets wat gewone mense kan dra nie, maar wat ’n fees vir die mode-oog.

In die nuutse seisoen 4 (die eerste deel; episodes 1-4 is nou op Netflix beskikbaar en die tweede deel op 12 September) is Emily effens ouer en haar mode is minder oordadig en meer gesofistikeerd. Soos Emily is haar styl beslis besig om te verander. Van Seisoen 1 se Amerikaanse meer-is-meer modepop in Parys tot ’n meer manlike Franse tipe styl van iemand wat tuishoort in Parys en beheer neem.

Kostuumontwerper vir die reeks, Marylin Fitoussi, beskryf Emily se styl as “the revenge of fashion.”

Vaal en vervelig is haar styl beslis nie; dit is steeds net so kleurvol soos haar liefdeslewe. Maar wie weet, dalk, net dalk word Emily ook meer volwasse as dit by haar liefdeslewe kom.

Lily Collins se pragtite peplumrok by die Emily in Paris 4 premiére

Foto: Matt Winkelmeyer/Netflix

Lilly Collins het ’n pragtige sequin peplumstyl rok van Armani Privé gedra by die premiere van Emily in Paris seisoen 4 in Los Angeles. Die bolyf van die sprankelende rok het geborduurde reghoekige patrone op, terwyl die deursigtige romp ’n geometriese patroon op het.

Peplumstyl rokke, bostukke en selfs jasse is weer groot nuus. Die styl is ideaal vir uurglasfigure wat hul middel wil bekomtoon of peervorms wat heupe wil wegsteek en bolyf wil beklemtoon.

Die gestrukteerde styl van die peplumvorm werk ewe goed saam met ’n meer formele as saam met ’n meer ‘high-low’ voorkoms. So dra gerus jou peplum bostuk of baadjie by ’n netjiese romp en skoene of saam met jou boyfriend jeans.

Peplumstyle om te probeer

Eklektiese oupastyl

Foto Netflix

Die eklektiese oupastyl is op die oomblik groot modenuus. Emily het ’n glansryke weergawe van die styl gewys met ’n manstipe streephemp en bypassende das (hoe cool!) en ’n moulose knooptrui.

Staatmakers van die styl is lospassende plooitjiesbroeke (soos jou oupa se te-groot broeke wat hy met ’n belt moes vasmaak om bo te bly), knooptruie, kraaghemde, tweedjasse en baadjies en gemaklike skoene. Laag-op-laag hemde, truie en baadjies.

Skep jou eie eklektiese oupastyl met van hierdie items

Double breasted Stripe Knit Vest (R899, Bare Thread Fashions)
Women’s Addi strip cardigan (R799, Old Khaki)
Striped Poplin Shirt (R399, Foschine en bash.com)
Sofia Cable Knit Waistcoat (R1 099, Forever new)
Women’s Tobi Relaxed fit shirt (R799, Old Khaki)
Me and B Women’s Me&BChestnut Puddle Pants (R799, Bash.com)

Die neem-beheer blou pak

Foto: Netflix. Emily is op soek na Camille in Giverny, voor die Claude Monet huis.

Terwyl Emily op soek is na Camille om vrede te probeer maak tussen Camille en Gabrielle, dra sy hierdie ongelooflike blou pak. (En dit is klaarblyklik so gemaklik dat sy selfs in ’n roeibootjie kan roei.) Die pak met die bypassende blou hemp en strik om haar nek is een van ons gunsteling voorkomste en wys net weereens watter stylinspuiting monokroom kleure is. Hierdie is ’n ware kragpak, terwyl die blou strik ’n tikkie vroulikheid en vrolikheid aan die voorkoms gee.

Mango Blazer Pompeye Medium Blue (R1 899, Superbalist) en Mango Trousers Pompeye Medium Blue (R1 299, Superbalist)
H&M Satin Shirt blue (R349, Superbalist)
Erre Bend Bow Top Royal Blue (R1 950) en Stride Wide Leg Pants, Royal Blue (R1 650)

Strepe en nog strepe

Díe swart en wit strepe katpak/rok kombinasie

Foto: Netflix: Emily arriveer by die maskerbal in ’n lang wit skouermantel wat met ’n reuse strik vasbind en ’n groot swart hoed.

Hierdie mantel strik kombinasie is ‘n moderne interpretasie van Audrey Hepburn as Eliza Doolittle in My Fair Lady.

Foto: Netflix: ’n Swart en wit katpak met ’n rompkombinasie is ’n geïnspireer deur uitrustings by Truman Capote se swart en wit bal in 1966.

Sosiale media gons oor hierdie unieke maskerbal uitrusting ontwerp deur Harris Reed, kreatiewe direkteur vir Nina Ricci en vriendin van Lily Collins. “Hierdie is by verre my gunsteling kostuum van die seisoen, ontwerp deur my liewe vriendin, die enigste Harris Reed”, skryf Lily Collins op haar Instagram plasing.

Dit was die eerste keer dat Reed ’n kostuum ontwerp het, en sy skryf op Instagram: Dit was ’n ware plesier om hierdie enig in sy soort voorkoms te skep vir die ikoniese Lily Collins saam met Marylin Fitoussi.” 

Fotos: Harris Reed Instagram

Swart en wit strepe vir elke dag.

Exact Women’s Black & White Striped Shirt Dress (R199, bash.com)
Orchid Stripe Linen Blend Shirt (R799, Poetry) en Pants (R899, Poetry)

Rooi en wit strepe

Foto: Netflix: Emily kyk tennis

Ons is totaal en al verlief op hierdie gestreepte pak, maar kan dit natuurlik nêrens in Suid-Afrika opspoor nie.

Die beste wat ons kan doen is ’n broek en baadjie ’n gestreepte bostuk. H&M Slim trousers red (R429, Superbalist) en Slim Fit Two Button Blazer R759 (Foschini en Bash.com) en The Fix Women’s Red & White Striped Boxy Shirt (R229,99. Bash.com)
Of ‘n bypassende broek en hemp stel ZW Collection Flowing Shirt en Flowing Trousers (R899 elk, Zara). Dra jou hemp oop met die rib Stripe Elbow T-shirt (R119, Pick ‘n Pay Clothing) onder.
ZW Collection Wide Leg Trousers en Buttoned Waistcoat Top (R899 elk, Zara). Striped Stretch Modal Blend T-shirt (R199, Woolworths)
Easy Tee Dress in Pink and Red Stripe
(R699, Me and B)
Me and B The Lyocell Boiler in Red (R1499, Me and B)
Bind gerus ’n rooi band om die hoed. Fedora White Hat (R350, Babylonstoren)
Of die groen en wit gestreepte hemp en broek. H&M Patterned Trouser Bright Green Striped (R529, Superbalist) H&M Oversized Bright Green Striped Shirt (R329, Superbalist)Dra die hemp oop met ’n groen bostuk daaronder. H&M Ribbed Vest top Green (R329, Superbalist)

Gemengde patrone

Foto Netflix: Lily Collins as Emily en Thalia Besson as Genevieve

Gemengde patrone bly ’n modegunsteling en die swart en wit hemp met die blommotief das saam met die rooi is so treffend.

Om swart en wit patrone saam te dra, bly een van die maklikste manier om die ‘clashing prints’ trend te dra. En knoop gerus ’n serp as ’n das. (Ons het nog nie sulke mooi dasse in Suid-Afrika gesien nie!).

Exact Women’s White & Black Striped Satin Shirt (R249,99 Bash.com)
Poetry scarf
Zeno Floral Pring Scarf (R349, Poetry)
Faux Suede Coat (R1299, Zara)

Strikke is steeds in

Genevieve is Laurent (Sylvie se man) se dogter en sy veroorsaak dalk drama in die reeks, maar sy weet hoe om strikke te dra! Dit bly steeds een van die gewildste trends van 2024.

Haltertop with Rhinestone bows (R679, Zara)

Geel op geel op geel

Selfs prettige geel kan sjiek lyk as jy dit saamdra. Die geel leer jas, fluweelkoord rompie en bloes met pêrelknopies skep ’n prettige, gesofistikeerde voorkoms. Die ware wenner is natuurlik om ’n vriendin soos Mindy Chen (Ashley Jini Park) te hê met wie jy kan kleurblok!

Kostuumontwerper Marylin Fitoussi, met die Silvia Tcherassi Toblach sak. Dit maak natuurlik die uitrusting. Ons mag maar droom!

Elina Short Dress (R999, Poetry)
Skort with slit at hem (R769, Zara)
Textured Round Neck Blazer (R1 699, Zara)
Satin Shirt in Lemon (R549, Woolworths)
Single Button Twirl Blazer Yellow (R999, Woolworths)
Shoulder bag (R899, Zara)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
4 Bekendes deel hul gunsteling oefendrag
error: Content is protected !!