Kristen Raath se 6 gunsteling “thrifted” kopies en raad vir ander

Kristen Raath, ook meer bekend as Amorey Welman in 7de Laan, is nog meer bekend vir haar unieke en eklektiese uitrustings te danke aan tweedehandse klere koop (thrifting). Kristen deel haar 6 gunsteling thrifted kopies met Stylvol, asook waar haar liefde vir tweedehandse klere koop onstaan het.

Pssst, jy sal dit nie glo nie, haar SAFTAS uitrusting het maar net R50 gekos – loer hier om te sien hoe smeulend sy gelyk het daarin: Deur Justine Kroes

16/06/2023

Kristen Raath oor tweedehandse klere en thrifting:

Hoe sou jy jou modestyl beskryf?

Ek sou dit beskryf as gemoedsdrag (eklekties). My styl verander soos ek die dag voel. Niks is taboe in my klerekas nie – die enigste tema wat ek het is die prys. Hoe goedkoper hoe beter!

Waar het jou liefde vir tweedehandse klere koop ontstaan?

Ek het groot geword met uitstappies na die charity shop toe. Toe ek self begin geld verdien het, vind ek myself meer gereeld op hierdie uitstappies. Omtrent so drie jaar gelede het die thrift gogga my goed gebyt.

Ek is altyd op soek na iets wat my oog vang. Aan die begin was ek baie minder oordelend en het baie meer gekoop net omdat die prys my gepas het. Nou probeer ek om iets te kies wat ek weet ek nêrens anders sal vind nie en niemand anders sal hê nie.

Tans is omtrent 85% van my klere gethrift, 10% is geёrf en 5% is op ’n uitverkoping gekoop. So feitlik my hele klerekas bestaan uit tweedehandse skatte.

Kristen se 6 gunsteling items in haar klerekas;

Dit is so moeilik om net ’n paar van my gunstelinge te kies, want al my thrifted kledingstukke is spesiaal en uniek op hul eie manier vir verskillende geleenthede. Maar hierdie is die paar waaraan ek sentiment het;

1. Dungaree Pretpakkie

Ek noem dit my pretpakkie, ek was vir so lank op soek na so ’n artsy dungaree, maar dit was heeltemal te duur vir my. Toe, seker so 8 jaar gelede, stap ek by ’n SPCA liefdadigheidswinkel in en daar hang die pak. My grootte, en my prys. Dus het ek ’n bietjie sentimentele waarde aan hierdie R20 kledingstuk geheg.

2. Swart Jas

Hierdie is my Duitse jas wat ek vir R120 tweedehands in München gekoop het. So warm soos die son self.

3. Erfstuk

Ek het die swart en wit nommer by my ma geërf. Dit is net so ’n elegante snit en neem my terug in tyd as ek daarin glip. Dis natuurlik ook ’n tydlose kledingstuk.

4. Groen sweetpakkie

Gethrift uit my ma se kas, wie sal nou nie ’n tailored sweetpak geniet nie.

5. Rooi rok mooi rok

7de Laan was ’n ruk gelede in die Kaap en ons het ’n tropiese tema-ete op die beplanning gehad. Na ’n skietgebed en ’n vinnige draai by die SPCA tweedehandse winkel, het ek hierdie rok gekry vir R45. Definitief die moeite werd!

6. SAMA’s aandrok

Ek het hierdie smeulrok by die SPCA se tweedehandse winkel in Randburg raakgeloop vir R50 en kon toe nie anders as om dit na die 2022 SAFTAS te dra nie. It made me feel like a million bucks.

’n Omgewingsvriendelike klerekas maak meer sin, vertel Kristen:

My ma is van klein tyd af gaande oor mode en sy het baie van haar klere gehou wat ek toe geërf het. Van ’n jong ouderdom af het ek opgelet hoe style weer terug in mode wêreld in beweeg. Met elke draai van die wiel word hierdie “nuwe” modes net duurder. ’n Eko-vriendelike klerekas is nie net goed vir die aarde nie, dit doen ook wonders vir jou beursie.

Raad vir ander:

Vind ’n liefdadigheidswinkel in jou area en besoek dit gereeld. Hoe meer jy gaan, hoe meer word jou oog ingestel op dit waarvan jy hou. Jy mag dalk nie elke keer iets vind nie, maar met genoeg geduld gaan jy beslis wegloop met ’n skat.

Tweedehandse winkels waar jy graag koop?

Kempton Park Hospice

SPCA Randburg

Enige Helpende Hande winkel, daar is baie meer as wat ’n mens verwag.

Volg vir Kristen hier vir inspirerende uitrustings.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Stiliste se top truuks
error: Content is protected !!