Mae Artisan Rugs

Matte kies; hier is 5 wenke

Ons het by Hendre van Hendre Bloem Interiors gaan aanklop en raad gevra oor matte kies, hy deel 5 wenke, matte wat ou nuus is en matstyle wat “trend” op die oomblik. Hier is ook 12 mooiste matte wat nou op ons dekor kooplysie is! Deur Justine Kroes

09/09/2022

5 Wenke vir matte kies:

Hier is Hendre se topwenke wanneer jy weer ’n mat vir jou vertrek moet aankoop;

1. Prakties

Een van die hoofaspekte waarna ek kyk is “practicality”. Jou mat moet prakties wees en in jou leefstyl inpas. Jou mat behoort nie n kopseer en strekpunt te wees elke keer as mense kom kuier nie. As jy jong kinders of diere het is daardie wit symat dalk nie die antwoord nie.

Foto: Hendre Bloem Interior Design

2. Grootte

Maak seker jou mat se grootte pas in jou vertrek en saam met jou meubels. Ek glo dat jou mat onder jou meubels moet inskuif sodat dit die area vul. Persoonlik hou ek nie van ’n te “klein” mat wat op sy eie lê nie. ’n Mat onder die poot van ’n bank beteken ook die mat kan nie rondskuif en skeef sit in die vertrek nie.

Foto: Hendre Bloem Interior Design

3. Die tipe mat is belangrik

Die tipe mat wat jy gaan kies maak ’n groot verskil. Een van my gunsteling wenke aan baie kliënte is om “outdoor rugs” binne in jou huis te gebruik, bloot vir die praktiese element daarvan. Die tegnologie is so goed deesdae dat ’n mens nie eers sal weet wat noodwendig vir buite of binne bedoel is nie.

Foto: Hendre Bloem Interior Design

4. Ronde matte

Ronde matte is fantasties veral in areas waar die uitleg van meubels dalk nie simmetries is of kan wees nie. Die plasing van so ’n mat skep ’n assimetriese effek, beklemtoon dit meer en maak ’n stelling daarmee.

Foto: Hendre Bloem Interior Design

5. Kies “custom”

Indien dit jou sak pas – is ’n pasgemaakte ‘custom’ mat the way to go. Jou opsies is eindeloos in terme van skakerings, patrone, materiaal en grootte. Die proses neem dalk ’n bietjie meer tyd maar die eindproduk is altyd so belonend want jy kry ’n unieke stuk wat koppe sal laat draai. 

Foto: Hendre Bloem Interior Design

Watter tipe matte is nou ou nuus?

Ek glo daar is natuurlik ’n plek vir elke tipe mat want aan die einde van die dag is die belangrikste dit waarvan JY hou. Dis soos koffie, die beste koffie is die een waarvan jy hou! Egte Persiese matte is natuurlik ’n kunswerk, maar dit is hartseer om te sien hoe dit nagemaak word en die resultaat is nooit wat mens verwag nie.

Baie Boho style voel ek ook is effens oordoen.

Ek kyk altyd na matte wat tydloos is en wat selfs 5 jaar later nog goed sal inpas in jou huis en die mode, daarom is tekstuur vir my belangriker as ’n patroon.

Foto: Hendre Bloem Interior Design

Mat trends:

Abstrakte patrone neem taamlik toe op die oomblik; van die groot Europese handelsmerke tot plaaslike plekke begin dit inbring.

Ek is gaande oor die styl; dit breek in baie gevalle die eentonige gevoel van ’n reghoek of vierkant mat deur meer van ’n kunswerk op die vloer te wees en te vorm.

Mae Artisan Rugs; The Prism KLUK CGDT Collaboration

12 Mooiste matte op ons wenslysie:

Herringbone Rugs Flower Hali Rug
Haus by Hertex Alix Rug in Sand (R3100)
Mr Price Home Round Brights Jute Rug (R599)
Sixth Floor Cami Cotton Rug (R2499)
@home Ava Circular Textured Carpet (Vanaf R3999)
Mae Artisan Rugs The Joy Berber (Vanaf R10, 720)
Fotakis Option Rug in Gradient Grey (R1599 Superbalist)
Poetry Large Suzie Cotton Rug (R2799)
Hertex by Haus Balance Rug in Brick (R4099)
Herringbone Coral Square Rug (R46,891)
Sixth Floor Colour Block Tufted Rug (R2999 Superbalist)
Sixth Floor Arc Cotton Tufted Rug (R2999 Superbalist)

Meer oor Hendre Bloem Interiors

Hendre Bloem Interiors fokus op internasionale trends en hoe om dit plaaslik te vertaal in ‘n ontwerp spasie. Hendre kry dit reg om kontemporêre ontwerp steeds tydloos en klassiek te laat vertoon. Die span by Hendre Bloem interiors streef na uitnemende ontwerp, pasgemaak vir jou persoonlike behoeftes – en spesialiseer in interieur ontwerp, argitektuur en lig ontwerp asook industriële ontwerp. Loer na Hendre se webstuiste hier. En volg vir @henderbloeminteriordesign op Instagram hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
dust pink postrukt
Lentekleure vir jou huis
error: Content is protected !!