Leah
Leah

Leah se styl en mode spaarwenke

Sangeres, aktrise en TV-persoonlikheid Leah is nie net bekend vir haar pragtige glimglag en mooi stem nie maar ook haar modestyl. Leah hou van sakpas mode-items en sy deel graag haar mode spaarwenke met Stylvol. Deur Justine Kroes

Leah se modestyl

Ek volg wel modes, maar my persoonlike styl is waarin ek gemaklik is en goed voel.

Kleurvol, bietjie modern, bietjie klassiek. Somtyds ʼn bietjie verspot, maar dis lekker!

Op die verhoog kan ek bietjie meer speel en oorboord gaan, ʼn bietjie blink lyk altyd mooi onder die ligte, maar ek wil steeds gemaklik wees, sodat ek die beste vertoning kan gee!

Leah se mode spaarwenke

Ek is lief vir bietjie rondloer in die goedkoper klerewinkels en om items uit te snuffel wat nie noodwendig voor hang en deur almal gesien word nie.

Leah

Ek koop ook aanlyn op spesiale aanbiedinge en spandeer slegs meer op kwaliteit-items wat ek weet ek lank sal wil dra.

Leah koop graag by hierdie “spaar”-winkels

Glo dit of nie, Mr Price en Pick ’n Pay Clothing, H&M het ook baie lekker seisoenale items en PretPakkie Clothing en Superbalist is ook van my gunstelinge.

Loer soms net ʼn bietjie verder as die klere wat geadverteer word, jy mag dalk net op ʼn paar juweeltjies afkom as jy verder soek.

Hoe behou jy jou unieke styl as jy steeds by groot winkelgroepe jou klere koop?

Ek kyk na items waarvan ek rêrig hou (dis so belangrik!) en hou altyd in gedagte wat reeds in my kas is sodat ek seker maak daar is altyd iets waarby ek dit kan dra.

Ek gaan met ʼn plan winkel toe, en het spesifieke items waarna ek soek en vind dan goedkoper alternatiewe.

Leah

Ek hou ook nogal van interessante bykomstighede soos kopbande en oorbelle, dit gee soms daardie ‘ietsie anders’ aan ʼn uitrusting.

Betaal duurder vir hierdie mode-items:

ʼn Goeie paar denim jeans wat jy in die somer én winter kan dra. Dit spaar jou geld en hou boonop lekker lank.

ʼn Mooi klassieke jas of baadjie is ook ʼn wen, jy dra dit nie so gereeld nie, daarom kan dit jou jare lank hou.

Leah se gunsteling goedkoop mode-item:

Basiese wit T-hemde, dis goedkoop om te vervang, maar lyk altyd mooi by enige jeans, rompe of broeke.

Ek rol die moutjies bietjie op en dra ʼn hangertjie en kleurvolle skoene of bykomstighede daarby.

Leah se eie T-hemp ontwerpe:

Ek glo regtig T-hempies is baie veelsydig en ek sou graag iets wou ontwerp vir almal van alle ouderdomme, wat mans sowel as vroue kan dra. Bestel joune; kontak vir Leah hier.

Leah se gunsteling vakansie-uitrusting:

Ligte, gemaklike blomrokkie met óf wit tekkies of ’n mooi tydlose sandaal. Sonhoed soms as ek weet ons baljaar buite!

Wat verkies jy?

Tekkies of hakke? Tekkies

Blompatrone of polkakolle? Blom

Skinny jeans of boyfriend jeans? Skinny

Groot handsak, klein handsak of moonbag? Moonbag (my eie ontwerp!)

Potloodromp of A-lyn styl romp? A-lyn

Sandale of sliders? Sandale

T-hemp of wit kraaghemp? Kraaghemp

Midi- of mini-roklengte? Midi

Slooprok of oorvourok? Slooprok

Lees ook: Strandmode, die mooiste moet-hê items

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Die nuwe kragpak; Mia Spies se “power suit” wenke
error: Content is protected !!