Polkakolle is gereeld ‘weer terug’. Die jaar is dit minder klassieke wit en swart, en meer ekstra-klein, ekstra groot en bont. Kreatiewe kleur-en patroonkombinasies maak van die klassieke staatmaker ’n prettige, kreatiewe modestelling. Deur Suzanne Kotzé
Klassieke swart en wit polkakolle
Wit op swart of swart of wit bly die klassieke kol-kombinasie en gaan nooit uit die mode wees nie. Jy kan egter wel jou voorkoms vars en nuut laat lyk deur verskillende modekleure by jou swart en wit pokakolle te dra. Of meng dit saam met ander kleure en grootte kolle. Onthou jy het nie nodig om alles nuut te koop nie, gebruik dit wat jy het, en meng en pas kreatief.
Romantiese bloes
Sagte bloese met gestrikte knoopdetail, saam met alles van broeke tot rompe.
Gekleurde kolle
Veral bruin, ligblou, ligpienk en wynrooi is van die gewilde kolkleure op die oomblik.
Makro kolle
Oorgroot kolle wat ’n amper grafiese gevoel gee, lyk speels en treffend.
Kol en kol
Kolle, saam met nog kolle, bly een van die koelste maniere om kolle in 2026 te dra. Ons het sommer ’n hele paar ou polkakol kledingstukke uitgegrawe om saam met nog kolle te meng en pas. Loer gerus wat jy reeds het en hoe jy dit kan meng en pas. As jy reeds baie klassieke swart en wit het, skaf dalk ’n room item met groot kolle aan, wat jy saam met jou bestaande klere kan dra. Waag bietjie, jy sal verbaas wees hoeveel pret jy het, en hoeveel ‘nuwe’ uitrustings jy kan skep met kreatiewe meng en pas.
Saam met ander patrone
Kolle werk goed saam met veral geruite patrone en strepe. As jy swart en wit kolle kies kan jy gerus ’n spatsel kleur met ’n patroon saamdra. As jy verskillende kleure patrone saamdra, onthou die gulde reël; kies een kleur wat deurlopend is in al die patrone, of sorg dat die patrone in dieselfde kleurfamilie is.
Wenk: Swart en wit patrone saam is ‘n maklike begin met patrone meng.
Polkakol kleurkombinasies en uitrusting-idees
Kobaltblou, room en denim met ’n tikkie rooi
Witchery Asymmetric Mesh Tank Top ( R399, Woolworths)knHeeled slingbacks – bright red (R699, Superbalist), Aldo Women’s Aldo Jackietote Camel Satchel Bag (R1 499, Bash), H&M Double-breasted blazer light beige (R629, Superbalist)
Bruin en room
The FIX Women’s Ecru Polka Dot Wide Leg Jeans (R439, Bash), Draped jersey top – brown (R199, Superbalist), LTD WOMAN Brown Military Style Funnel Jacket (R999, Truworths), Becky Bowler Bag (R799, Forever New), Adidas Washed Dad Cap (R399, Adidas), Adidas SL72 OG Shoes (R1 899, Adidas)
Women’s Canvas Puff Sleeve Fit & Flare Dress Spot (R749, Bash), Powder Blue A Line Swing Coat (R2 600, Desray), Anne Klein Exclusive Medium Satchel With Detachable Strap Bag-Blue Haze (R1 499, Superbalist), Eril Ankle Boot – dark brown (R1 299, Superbalist)
Room, bruin en olyfgroen
X&O Ladies Polka Dot Flared Belted Midi Dress (R1 299, YDE), Green One Button Melton Coat (R1 150, Truworths), The Florence Bag – Brown (R799, Jo Borkett), Porsha Mary Jane Flats (R999, Poetry)
Helder pienk
Woman’s Sonia Coatigan (R1 499, Old Khaki), Mango Shirt regular – natural (R799, Superbalist), H&M Straight High Jeans – denim blue (R329, Superbalist), Libra Bag – Lobster Red (R2 760, Project Dyad), Nike Cortez (R2 199, Nike)
Swart en wynrooi
Emily Spot Pleated Midi Dress (R1 299, Pringle of Scotland), Classic Melton Coat (R1 299, Woolworths) Leia Diamond Scarf (R429, Poetry) Country Road Top Handle Mini Bag (R1 299, Woolworths) Mindy Leather Loafer (R1 299, Poetry)