Met al die warm drankies wat ons drink gedurende hierdie koue winter, kan ons nie voorbly met skoon bekers nie. Hier is ’n paar gunstelinge in verskillende style. Hoop jou koffie, tee of warm sjokolade proe ekstra lekker uit ’n mooi beker. Deur Suzanne Kotzé
16/06/2034
Bekers vir vir mode-liefhebbers
Hierdie taamlike duur beker sal ’n baie spesiale geskenk wees. Dalk ’n tong in die kies geskenk vir ’n vriendin wat besig is om te skei, of dalk wil jy jouself bederf hiermee. Dit laat jou beslis ekstra spesiaal voel om hieruit te drink. Met jou vingers deur die oor, lyk dit kompleet of jy ’n ring aanhet.
R615, Little House boutique of kontak Love Mugs op Instagram
Vir Espresso-drinkers
Vir diereliefhebbers
Om jou oggendkoffie uit hierdie oulike dierebekers te drink sal jou sommer gelukkig laat voel. Verskeie ander honde en kat ontwerpe is ook beskikbaar.
Plaaslik en handgemaakte bekers
Ons ondersteun plaaslik, soveel as moontlik.
Mervyn Gers bekers (R229 yuppiechef of bestel direk by Mervyn Gers). Alle Mervyn Gers produkte word in Kaapstad gemaak, en hulle maak selfs hulle klei om te verseker dat dit sterker en beter kwaliteit is. Daar is ’n rede waarom vele top-restaurante by Mervyn Gers breekware koop!
Bekende sjef Siba het in samewerking met Urchin Art (wat ook in Kaapstad gemaak word) hierdie mooi beker gemaak. Kyk net hoe mooi is die tikke goud!
Minimalistiese ontwerp
Ons is gaande oor die ontwerp van hierdie minimalistiese bekers.