Kies die regte trui vir jou lyfvorm

Al ooit gewonder of jy die regte trui vir jou lyfvorm dra? Hier is raad, slim stileertruuks met truie – plus 17 van die mooiste truie tans op ons koplysie. saamgestel deur Justine Kroes.

Kies so die regte trui vir jou lyfvorm:

Driehoek of A(peer)-lyfvorm

Jy dra die meeste gewig in jou onderlyf

Kies ’n trui met ’n v-nek of ’n boatneck of afskouer. Dit trek die aandag na jou nek en skouers. Jy kan dan die trui insteek as jy dit met ’n hoë middellyf-broek dra om jou middel te beklemtoon, of selfs net die helfte van die trui insteek om ’n verslankende effek te skep. ‘n Trui met versierings aan die boonste gedeelte trek oë opwaarts.

Cardigans wat mid-dy stop is ook vleiend. Vermy ’n trui wat op jou heupe eindig/val, dit trek aandag na jou breedste gedeelte.

Cotton On Women’s Cotton On Blue Everfine Boat Neck Knit Top (R399 Bash)
Zara Bobble Knit Sweater (R1099)
Mango V Neck Rib Cardigan (R899)

Reghoekige of I-lyfvorm

Jou skouers, middel en heupe is dieselfde grootte

Speel met verskillende kleure, teksture en vorms. Kies truie wat langer en bonkig is en met kleurblok of verskillende strepe wat diepte en dimensie aan jou lyfvorm bied.

Kies ook peplum style of truie met gordels om kurwes vir jou regaf lyfvorm te skep. Langer en bonkige materiaal sal ook ’n effek van meer vorm en kurwes skep, maar pasop vir te bonkig – dit kan jou raam oorweldig.

Stileerwenk: Dra ‘n trui bo oor ‘n kraaghemp vir ekstra vorm en kurwes, ‘n preppy modieuse preppy voorkoms.

Mango Two-tone openwork sweater (R1199)
H&M Rib-knit peplum top – beige (R429 Superbalist)
Old Khaki Women’s Delphi Soft Touch Knit Top (R599)

Omgekeerde driehoek of V-lyfvorm

Jou skouers is die breedste deel van jou liggaam

Die beste trui vir die V-liggaam is truie soos cardigans/oopknooptruitjies wat oop gedra word. Die snit van ’n lang, oop trui skep elegante vertikale lyne. Dit gee die illusie van ’n meer gebalanseerde silhoeët deur aandag na jou middel en heupe te trek.

Vermy truie met skouerkussings of pofmoue. Kies eerder neutrale truie met donkerder of gekleurde broeke of rompe – hierdie verskuif die aandag ondertoe.

Luella Longline Cable Coatigan (R1799 Bash)
Trenery Merino Longline Cardigan (R2,499)
Poetry Inaya Colourblocked Cardigan (R999)

Uurglas figuur of X-lyfvorm

Jou middel is die kleinste deel en jou bo- en onderlyf is dieselfde grootte

Kies ’n trui wat jou natuurlike kurwes sal beklemtoon. ‘n Wrap/omvou trui en ‘n trui met ‘n gordel wat jou kleiner middel beklemtoon is ‘n moet.

Zara Diamond Pattern Knit with Belt (R899)

Kies ook truie wat lig en noupassend is eerder as bonkige oorgroot style wat nie jou kurwes vlei nie. Groot lospassende truie dra visuele gewig wat jou kurwes wegsteek. ‘n V-nek trui is nog ‘n goeie idee, dit beklemtoon jou neklyn en laat jou langer vertoon. Onthou om jou trui in te steek om jou middel te beklemtoon.

Forever New Sloane Wrap Knit Sweater (R1,099)
Forever New Freya Wrap Jumper (R1,099)
Trenery Cashmere Shawl Neck Knit (R3999)

Lank

As jy lank is kan jy maklik met verskillende lengtes eksperimenteer. Jy kan lang truie wat amper die lengte van ’n jas is, dra. Onthou net om balans te handhaaf.

Zara Oversized Wool Sweater (R2299)

Indien jy ’n groot/lang trui dra moet lae onder noupassend en monokromaties wees. Indien jy ’n cropped trui wil dra, balanseer dit uit met ’n hoë middellyf-broek met wye pype.

Kort of petite

Petite – kies truie wat cropped of korter is, dalk een wat mooi detail op die skouers het of selfs iets met ’n interessante kraag. Vermy langer truie, dit sal jou net korter en kleiner laat voorkom.

Zara Spiral Button Knit Cardigan (R899)
Zara off the shoulder Knit Sweater (R679 Zara)
Zara Cropped Knit (R769)

Top truiwenke:

  • Kwaliteit. ’n Trui van regte wol en kasjmier sal jou nooit in die steek laat nie.
  • Moenie duur betaal vir trendy truie nie.
  • Let op na watter trui die beste by jou liggaamtipe sal werk.
  • Beklemtoon jou rolnektrui met bonkige juwele soos groot goue oorbelle en ’n bonkige halssnoer.
  • Steek jou trui onder jou bra/ sport bra in om ’n faux cropped voorkoms te skep. Indien jy dit nie kan doen nie, dra ’n trui saam met ’n hoë middellyf-broek, en steek die trui in.
  • Dra ’n kraaghemp onder jou trui, dit lyk so sjiek en gesofistikeerd.
  • Speel met verskillende teksture, soos ’n leerbroek by jou trui. 
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Somer-/lenteskakerings wat nou groot nuus is
error: Content is protected !!