Jy het dalk ’n modeliefhebber op jou kersgekenkkooplysie – maar is nie seker wat om vir haar te koop nie? Moenie bekommer nie – ons het ’n lys van 25 geskenk-idees saamgestel wat enige modeliefhebber se hart vinniger sal laat klop! Deur Justine Kroes
24/11/2023
Lekker slaapklere
Daar is maar net iets omtrent ’n mooi stel slaapklere wat enige iemand se nagrus sal verbeter!
Onthou modeliefhebbers is gewoonlik kenners van materiale – veral wanneer dit by slaapklere kom, luukse, gemaklike en materiale wat “asem”haal soos katoen, bamboes of linne is ’n moet.
Juwele vir modeliefhebbers
Die meeste van ons modeliefhebbers gaan nie nee dankie sê vir ’n blink geskenkie nie! Juwele en bykomstighede oor die algemeen bly stylkenners se stapel-items. Oorbelle, ringe en hangertjies word gebruik om uitrustings saam te trek en af te rond.
’n Stylvolle inkopiesak
Ons almal probeer “groener” inkopiekeuses maak – hoekom dan nou nie ’n volhoubare “shopper” inkopiesakgeskenk nie? Een wat lank sal hou maar steeds jou vriendin sal laat stylvol lyk in die proses.
’n Handsak
Hou jou vriendin se styl hier in gedagte en dink aan die sakke wat hul reeds het, dalk ’n strooihandsak vir die vakansie of as sy graag reis is ’n moon bag tipe handsak wat oor haar lyf kruis dalk ’n goeie opsie.
’n Mooi sonhoed
’n Ontwerperssonhoed is iets wat jare lank sal hou – en so ’n stylvolle geskenk. As ’n ontwerpershoed nie jou begroting pas nie – loer na mooi unieke laphoede, en kies een wat die persoon vir wie jy koop se stylpersoonlikheid die beste pas.
Somerskoene
Tydlose, gemaklike en goeie kwaliteit somerskoene is ’n goeie geskenk-idee. Leersandale of espadrillestyl skoene is hoog op ons mode moet-hê lysie, iets gemaklik wat by byna enigiets in ’n modeliefhebber se kas sal pas. Want watter vrou het ooit genoeg skoene!?



Mode koffietafelboeke
Koffietafelboeke is ’n tydlose geskenkopsie wat jare lank sal hou en spesiaal bly; psst onthou om ’n boodskappie voor in die boek te skryf.
Hier is ’n paar oulikes by Poetry beskikbaar:



Vir die Spieëltafel
’n Mooi juweelkisse, of stoorplek vir iemand met baie bykomstighede is altyd welkom, kyk hoe handig (en mooi!) is hierdie:


Subskripsieboks
’n Boks bederf wat maandeliks of elke seisoen uitgereik word is ’n wonderlike geskenk vir iemand wat lief is om bykomstighede en klere-items te ontvang.
The Box Fashion is ’n slimboks subskripsie/lidmaatskap waar jy elke seisoen ’n boks bykomstighede ontvang – jy betaal ’n maandelikse fooi in ruil vir ’n boks propvol seisoengepaste bykomstighede soos handsakke, ringe, oorbelle, hoede, serpe, handskoene en nog vele meer. Leer meer hier.
