Kersdekor van klassiek tot maksimalisties, hier is iets vir almal

Van tydloos en tradisioneel tot oordadig, bont en maksimalisties. Daar is nie een enkele styl om Kersfees te vier nie, meng gerus tradisies/style en eksperimenteer met kleur of strikke om elke hoek en draai! Kersfees 2025 se duidelike trend: Maak Kersfees jou eie! Hetsy jy nou van blink en bont of knus en nostalgies hou, hier is ’n kers dekorstyl vir almal.

Loer hier vir die gewildste kersdekor temas en slim stileerwenke. Deur Justine Kroes

5 Kersdekorstyle

1. Klassieke Kersfees

Tydloos gaan nooit uit die mode nie … dink aan diep rooi, donkergroen en warm goud, hierdie nostalgiese kleurpalet roep Kersfees met herinnering uit jou kinderdae. Met hierdie klassieke kersstyl kan jy eksperimenteer met tekstuur en skakerings van rooi, groen wit en goud. Dink aan fluweel kerskouse, flikkerende ligte en groen kerskranse oraloor.

Stileerwenk: Meng oud en nuut. Gebruik jou kersdekor erfstukke op jou kersboom en kombineer dit met nuwe ornamente of strikke vir ’n vars aanslag tot jou gewone klassieke Kersfees.

2. Maksimalisties mooi

Die meer is meer, maksimalistiese dekorstyl is steeds ’n grote vir 2025. Kleur, patrone, blin en bont met hope pret daarby. Hierdie goedvoel helder dopamien dekor is duidelik met oorgroot ornamente, patrone wat nie noodwendig bymekaar pas nie en kersbome propvol persoonlikheid.

Stileerwenk: Kies helder/bont skakerings (soos smaraggroen, kobaltblou, fuschia goud) en herhaal dit deur jou spasie vanaf geskenkpapier tot jou gedekte tafel, kerse en servette vir Kersdagete.

Stileer ekstra “onverwagse” elemente hierby soos byvoorbeeld klein disco balletjies en allerhande gemengde metaalskakerings.

3. Strik verskrik!

Ons was verlede jaar met Kersfees strikbehep, en ons is dankbaar om te sien dit is steeds hier om te bly.

Indien jy hierdie Kers-dekorstyl wil volg, behoort jy te weet dat jou strikke byna oral mag wees – van kersboom versierings tot servethouers, om kershouers gebind, teen jou mure en selfs strik geskenkpapier

Stileerwenke: Kombineer verskillende strikteksture, byvoorbeeld fluweel vir ’n luukse gevoel, satyn vir blink en grosgrain vir struktuur.

Psst … Moenie bang wees om oorgroot te gaan met jou strikke nie, selfs ’n reuse strik bo jou eetkamertafel. Of een reuse strik alleen op jou kersboom.

4. Verfynde minimalisme

Die ideale dekorstyl vir almal wat graag ’n kalm en ongeklotterde Kerstyd wil gneiet.

Hierdie Kers dekorstyl is vir jou as jy glo jou Kersdekor behoort nie te veel aandag te trek nie.  Jy verkies eerder neutrale skakerings, natuurlike teksture en sagte beligting wat ’n kalmerende atmosfeer skep.

Stylwenk: Hou jou kersboom monokroom, dit beteken jy hou by een skakering met jou versierings, liefs sagte neutrale skakerings soos wit of beige. Jy kan selfs net liggies op jou boom sit in plaas van ’n hele klompie versierings – dit hou jou Kersdekor minimalisties mooi. Hou ook by natuurlike materiale vir jou verserings soos groen blare, keramiek en hout.

Eenvoudige groen blare en varings op hul eie lyk ook minimalisties sjiek.

5. Botaniese Kersdekor

Hierdie is ’n nuwe een op ons radar – dink ’n Kersboom net versier met blomme! Hetsy dit nou reuse papierblomme is of klein sy-blomme in allerhande skakerings regoor jou kersboom geplaas.

Blomkenner en bloemis van formaat Fleur le Cordeur het vanjaar ’n beperkte hoeveelheid unieke blom kersbome vrygestel – hoe absoluut asemrowend is dit nie?

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
natuurlike skoonmaakmiddels
Herstel jou huis se mikrobioom met natuurlike skoonmaakmiddels
error: Content is protected !!