Jou tekkiegids: 6 tekkiestyle op ons stylradar

Onthou jul die dae toe “tekkies en jeans” net vir Pa’s bedoel was? Vandag is die nederige tekkie ’n stapel-item in die meeste van ons se klerekas, en nee, nie net bedoel vir oefen nie. Hier is jou tekkie- gids, met die 6 top tekkiestyle tans op on stylradar. Deur Justine Kroes

09/06/2022

Hoekom ons van tekkies hou:

Almal kan dit dra:

Hierdie skoenstyl pas byna by elke lyfvorm, hetsy jy groot, klein, lank of kort is, enige iemand kan dit dra.

Dit pas by alles:

Dra dit saam met jou oefendrag, sjiek en gesofistikeerd by ’n pak vir werk, gemaklik met jou denim vir die naweek of selfs glansend by ’n rok of romp vir die aand.

Daar is ’n tekkie vir almal:

Of jy ’n uitspattige of meer klassieke stylpersoonlikheid het, moet nie kommer nie daar is ’n tekkiestyl daar buite vir almal.

Fotos: Shutterstock

6 Tekkies nou op ons stylradar

1. Neon tekkies

As ons die internasionale loopplanke en trends so dophou, is dit duidelik, kleur, veral neon skakerings gaan groot nuus wees die komende somer seisoen. Tekkie in neonkleure of wit tekkies met tikkies neon hier en daar is een van die maklikste maniere om hierdie trend aan te pak. Dit sal jou hele uitrusting sommer blitsvinnig meer modieus laat voorkom.

Mango Sneakers Collection (R1499)
FitFlop -Vitamin E01 Sneaker Fuchsia Rose Mix (R2199, Shoetopia)
Zara Monochrome Trainers (R799)

2. Die elke-dag-tekkie

Foto: Pexels

Hierdie neutrale tekkie pas byna by enige uitrusting, pakke vir werk, rompe en rokke daarby. Van wit of beige tot selfs iets met ’n helder spatsel kleur bly ’n stylvolle, sjiek tekkiekeuse.

Wenk; “secret socks” hierby is ’n moet.

Country Road Freya Sneaker (R1099)
Fitflop Rally Denim Sneakers (R1599)

3. Bonkige tekkies

Hierdie tekkie, of die “dad shoe” soos dit in modekringe bekend staan, is reeds vanaf 2018 ’n gewilde modegier en sal nie sommer oornag verdwyn nie.

Foto: Shutterstock

Wenk: As jy die bonkige tekkie trend aanpak, moet nie terughou met die res van jou uitrusting nie. Kombineer jou “lelike” bonkige tekkies met jou sequin romp of rok met frille, valle, strikke en selfs pofmoue. Moenie dat die skoene die enigste element van jou uitrusting is wat aandag trek nie.

Zara Chunky Sole Trainers (R1099)
Nike Woman’s Air Huarache (R2399)

4. Tekkies met tekstuur

Van blinkers tot sweedsleer en dieremotief afwerkings, sommer almal so saam op een skoen. Beslis ’n tekkie vir die meer-is-meer tipe stylpersoonlikheid. Hier is ’n paar gunstelinge:

Nicci Boutique High Top Print Glitter Star Sneaker (R1750)
Nicci Boutique Camo Neon Runners (R1799)

5. Platform tekkies

Jy’t dalk gedink die Spice Girl skoene en hemelhoë “buffalo”-styl tekkies (onthou julle buffalos?) is iets van die verlede. Ons weet nou al teen die tyd modes het die manier om volsirkel te loop. Ons hou van die ekstra hoogte wat die tekkiestyl bied, amper soos hakskoene maar net soveel meer gemaklik.

Foto: Pexels

Wenk: Pas eers aan – baie van die style met dik sole is vreeslik swaar – en almal weet ’n ongemaklike skoen bly reg agter in jou skoenekas lê.

Mango Platform Lace Up Sneakers (R799)
Superga Tank (R1350)

6. Die retro tekkie

Onthou julle die “nike cortez” tekkie wat jare gelede so gewild was? Soortgelyke ontwerpe is nou weer terug. Ons dink dit lyk cool en sjiek gelyktydig. Waag ’n slag en kies ’n ontwerp in ’n helder of pastel kleur.

New Balance 237 v1 (R1399)
Nike Daybreak (R1399)

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Ons beste jaskoop-wenke
error: Content is protected !!