ERRE; van modelektors na strikverskrik, koninklike ontwerpers en Parys-modeweek

Op ons moderadar, ERRE, die ontwerperduo wat as modeontwerp-lektors begin het met ’n missie om vroue te laat goed lyk en voel.  Klassieke en kragtige silhoeëtte met ’n tikkie verskil. Leer meer oor die span agter ERRE, die koninklikes en bekendes vir wie hulle al ontwerp het en die etos agter hul ontwerpstyl. Saamgestel deur Justine Kroes.

06/09/2024

Hoe het ERRE Onstaan?

In 2009 het Natasha Jaume en Carina Louw mekaar ontmoet as mode-ontwerp lektore. Ons het tussendeur klasse aanbied begin gesels en net gekliek. Met Natasha se agtergrond as trourok- en aandklere-ontwerper en Carina se kennis van mans “tailoring” het ons besef as ons iets saam gaan doen, sal ons ’n formidable en kragtige onterwerpduo uitmaak.

Carina Louw & Natasha Jaume

Carina en Natasha het in 2012 saam begin werk en ERRE as modehuis in 2013 bekendgestel. (ERRE – uitgespreek “air). In 2023 het die bekende ontwerpershuis die tiende bestaansjaar van ERRE gevier.

Waneer daar gevra word hoe hul so goed saam bly werk, antwoord Carina en Natasha “Ons is twee verskillende mense met dieselfde visie maar ons werksmetodes verskil, wat die proses uniek en interessant maak, en glo dit of nie, dit werk net so lekker saam”.

Die ERRE Span

Wat is julle loopbaan- of ontwerphoogtepunte?

Een van ons grootste ontwerphoogtepunte was om aan die ander kant van inperking staande uit te kom, te bly staan het en steeds ’n sukses te maak van ons besigheid danksy die mediese klere wat ons destyds gemaak het.

Toe ons sien inperking en die pandemie is besig om af te neem, het ons saam die “Bow Bend Top” geskep. Ons het gevoel mense het weer “joy” en vreugde nodig, en dit is presies wat daardie bloes met die reuse strik vir mense gegee het. Dit bly tot vandag toe een van ons topverkopers.

Danksy hierdie einste strikontwerp het ons ’n uitnodiging ontvang om by die Parys Modeweek in 2021 ons reeks te wys, iets waarop ons tot vandag toe baie trots is. Daarby het ons ook ’n mentorskap ontvang van Balenciaga en ons het ongelooflik baie daaruit geleer.

Dit was ’n ongelooflike ervaring en unieke tyd om tydens die pandemie in Parys te wys. Om onder die Eiffel toring te staan en daar is net vyf mense rondom jou as gevolg van inperking, was ’n weird maar wonderlike gevoel.

Hoewel baie mense ’n negatiewe konnotasie met die pandemie het, is ons dankbaar vir die ontstaan van ons Bow Blouse en die rimpeleffek wat hierdie één ontwerp op ons ontwerploopbaan gehad het.

Beskryf ERRE se ontwerpstyl?

Ons kenmerkende ontwerpstyl fokus op klassieke ontwerpe wat verskillende vroue van alle lyfvorms verskriklik goed pas.

Ons missie is om vroue te laat goed voel.

Klassieke style vir elke vrou sluit aan by ons etos “Power dressing redefined”

ERRE se nuwe SS 24 Lente reeks

Ons wil hê vroue moet goed en powerful voel in dit wat hulle aan het. Ons voel so sterk hieroor dat ons met elke ontwerpbesluit wat ons neem vra “gaan dit ’n verskeidenheid van lyfvorms goed pas, en waar gaan die fokuspunte van elke ontwerp wees”

Ons glo die fokuspunt van elke uitrusting moet altyd jou gesig wees. Soos byvoorbeeld met die Bow Blouse, ons wil altyd kykers se oë en fokus boontoe neem na die gesig toe, dit is daar waarop jy wil hê mense moet fokus en na kyk.

ERRE se nuwe SS 24 Lente reeks

Hierdie lens waardeur ons kyk het vanaf 2013 nog gladnie verander nie en ons sal bly volgens die metode klere ontwerp.

Ontwerpe vir elke vrou

Ons glo elke vrou, ongeag haar lyfvorm of ouderdom, moet goed voel in dit wat sy dra. Om inklusiewe groottes te ontwerp, is nie net vir ons belangrik maar so ’n integrale deel van ons ontwerpsproses. Ons ontwerp met regte vroue wat regte lywe het in gedagte.

Ons werk ook op ’n made to measure sisteem, selfs al bestel jy iets aanlyn, sny ons jou presiese mates en skep jou uitrusting perfek tot jou unieke grootte.

“Daar is net iets magical wat gebeur as ’n vrou ’n rok of kledingstuk aantrek en jy kan sien hoe goed sy daarin voel. Om goed en gemaklik in ’n kledingstuk te voel is meer belangrik as jou rokgrootte”.

Van prinsesse tot plaaslike kunstenaars dra graag ERRE ontwerpe

Ons gunsteling oomblik (en bekende om voor te ontwerp) is defnitief sangeres KB Motsilanyane. KB Motsilanyane het die volkslied gesing by die eerste rugbywedstryd na die pandemie in 2021 in ’n groen ERRE uitrusting, dit was ’n ongelooflike eer!

En dan natuurlik ook om vir Prinses Charlene van Monaco te ontwerp. Nadat sy van ons ontwerpe op ’n Rooi Rose voorblad gedra het, het sy ons opgevlieg Monaco toe om vir haar te ontwerp.

Sy is ’n ongelooflike pragtige en nederige mens. Wat ’n eer om vir ’n koninklike te ontwerp, vertel Carina.

Nog ’n onlangse gunsteling was om vir Rachel Kolisi aan te trek vir ’n geleentheid.

Wat is ERRE se topverkoper ontwerp?

Carina sê “dit is dit definitief die Bow Bend Top en Wide Leg Pants.

’n Ontwerp wat vir elke liewe lyfvorm goed pas en vreugde bring elke keer wanneer jy dit dra”. Die kombinasie is in ’n reeks verskillende skakerings beskikbaar van wit of swart, rooi en selfs helder pienk om maar ’n paar te noem.

Die tweede topverkoper is die Flounce Dress verduidelik Carina. “En dit is so interessant – hierdie rok pas almal so goed. Die rok se ontwerp vestig aandag op jou gesig danksy die dramatiese skouer detail.”

Die valle-ontwerp van die skouers trek oë opwaarts en skep ’n “liggende” effek dat mense se oë skaars wegkyk van die boonste gedeelte van die ontwerp. Soveel so dat mense nie eers oplet of kyk na die grootte van jou middel byvoorbeeld nie, vertel Carina.

Hierdie ontwerp is ’n gunsteling vir ouer vroue en veral vir ’n Ma van die bruid uitrusting. In alle groottes van klein na groot is die Flounce Dress beslis ’n gewilde topverkoper ontwerp.

ERRE Lentereeks 2024

ERRE se nuwe SS 24 Lente reeks

Ons het ons harte verloor op ERRE se nuwe SS 24 Lente reeks, die besonderse detail en handewerk van elke kledingstuk. Die skakerings en daarby ook die gemaklike lap wat gebruik word.

ERRE se nuwe SS 24 Lente reeks

Carina vertel, “Om ’n nuwe reeks vry te stel is nooit sonder sy uitdagings nie. Dit is beslis ’n uitdaging om nuut en innoverend te wees maar steeds jou ontwerp-identiteit te behou en daarby ook volhoubare ontwerpe te skep met oorblywende lap is nie aldag maklik nie.

Ons het ’n persoonlike uitdaging daargestel om al ons “offcuts”, oorblywende materiaal en ou stukke lap te hergebruik op nuwe maniere terwyl ons getrou bly aan ons etos en ontwerpstyl.

ERRE se nuwe SS 24 Lente reeks
ERRE se nuwe SS 24 Lente reeks

ERRE se ongelooflike hoogtepunte volgens ’n tydlyn:

2013 ERRE word gekies as finalis in Renault New Talent Search by SA Fashion Week – gelei tot die onstaan van ERRE.

2015 Ontwerp ’n rok vir aktrise Terry Pheto vir die Emmy toekennings

2017 ERRE word uitgenooi na Berlyn Modeweek.

2018 ERRE word uitgenooi om ’n reeks te ontwerp vir Mercedes-Benz Fashion Week, Moscow Russia.

2018 Junie, ERRE Ontwerp vir HSH Prinses Charlene van Monaco vir die voorblad van Rooi Rose. En word kort daarna deur die prinses Monaco toe gevlieg om vir haar te ontwerp.

2018 Desember ERRE word uitgenooi om om ’n reeks te wys by Mosambiek Modeweek

2020 ERRE se eerste winkel word in Pretoria geopen

2020 ERRE werk saam met ECG Medical Clothing en ’n reeks ander SA ontwerpers om PPE uitrustings te skep tydens vlak 4 en 5 van inperking.

2021 ERRE word uitgenooi om ’n reeks te vertoon by Africa Fashion UP toekennings in Parys.

2021 ERRE neem deel aan ’n 6 maande mentorskap met modehuis Balenciaga se Global Sustainability Direkteur, Annika Storfält.

2021 ERRE gekies as finalis in Twyg se Sustainable Fashion Award Finalist – Trans- Seasonal Award Category

2022 ERRE se 16de reeks word by SA Fashion week vrygestel

2023 ERRE wen “Womenswear Brand of the the Year” by The Fashion Industry Awards South Africa 2023

Modeweek-liefhebbers

Erre is aan die einde van die maand Op 26 September by SA Modeweek – klik hier vir kaartjies om na die modevertoning te gaan kyk.  

Aandag Gauteng-vriendinne

ERRE hou vanjaar weer ’n “Pop up shop” op die 4de en 5de Oktober Pop Up Shop by Milner Fashion House – loer gerus hier vir meer informasie.


Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
skoenstyle
10 Somer-skoenstyle nou op ons radar
error: Content is protected !!