Februariemaand is nie net die rooiwarmmaand van liefde nie maar ook van snikhete warm dae. Hier is 5 praktiese wenke om jou spasie sonder ’n lugreëling koel te hou plus 12 van die heel mooiste waaiers en dakwaaiers op ons radar. Deur Justine Kroes
14/02/2025
Hou so jou spasie koel:
1. Hou gordyne en blindings toe
Hou jou gordyne tydens die warmste ure van die dag toe om sonlig uit te blok, direkte sonlig en sonstrale verhoog enige vertrek se kamertemperatuur.
Slim blindings soos die van Varilux wat die son heeltemal uitblok of selfs die wat nie direkte UVA en UVB sonstrale deurlaat nie sal jou spasie veel koeler hou
Nog ’n opsie is om luike of ’n pergola of afdak voor en bokant vensters aan die buitekant van jou vensters in te rig om sonlig in ’n vertrek te verminder.
2. Vensters oop
Maak vensters saans oop om lug te sirkuleer. Probeer hierdie doen veral wanneer die buitelug koeler is, sodat vars lug deur jou vertrek kan vloei.
Dink aan kruisventilasie deur jou vertrek en maak aan teenoorgestelde kante van die vertrek vensters (of deure) oop sodat lug maklik deur die vertrek kan beweeg en die spasie afkoel.
3. Deure toe
Maak al die deure van vertrekke wat jy nie daagliks gebruik nie, toe – dit hou die hitte in daardie kamers en verhoog nie die hele huis se temperatuur nie.
4. Skakel af
Skakel enige onnodige ligte af en verruil jou gewone gloeilampies vir ligte wat ’n laer energieverbruik het soos LED ligte. LED ligte gee ook gladnie hitte af nie en sal boonop werk om jou spasie koeler te hou.
Skakel ook enige ongebruikte elektriese of elektroniese toestelle af wat dalk ook ekstra hitte mag afgee.
5. ’n Waaier vir lugsirkulasie
Of jy nou ’n losstaande waaier of ’n dakwaaier wil gebruik, is ’n waaier ’n goeie oplossing vir ’n spasie wat tydens somermaande baie warm raak, veral as lugreëling nie in jou begroting pas nie.
Nog ’n truuk is om ‘jou eie “doen-dit-self” lugreëling te maak: plaas ’n bak ys (selfs net ’n bak water, of ’n nat handoek oor ’n stoel) voor jou waaier. Verdamping veroorsaak afkoeling, en die waaier sal die verdampingsproses aanhits.
Daar is ook natuurlik ’n klomp “misting” waaier opsies – wat ’n fyn mis spuit terwyl jou waaier aan is.
6. Verstel jou plafonwaaiers
Het jy partykeer opgelet dat jou dakwaaier net warm lug heen en weer stoot – dit mag dalk wees omdat jou dakwaaier kloksgewys draai en nie anti-kloksgewys nie. In die somer behoort jou plafonwaaier anti -kloksgewys tedraai om om koue lug na onder te stoot. Tydens die winter kan jou waaier kloksgewys draai om koue lug na bo te trek. Toets al die verskillende waaierstellings en vind een wat jou spasie die beste pas.
Plafonwaaiers:
Op ons waaier wenslysie
Losstaande waaiers