Hierdie 9 handsakstyle is nou hoogmode

Handsakmodes is alewig besig om te verander – hier is ’n paar handsakstyle en trends wat tans hoogmode is. Voorkomskonsultant Simone Lombard deel ook die wat sy tans sien trend. Deur Justine Kroes

12/08/2022

Handsakstyle en trends

Elke seisoen het ’n paar uitstaan handsakstyle – verlede seisoen se piepklein handsakke en kussinghandsakke (daardie gekwilte afwerking) was volop te sien. Hierdie seisoen is daar ’n paar interessante veranderinge – ou gunstelinge wat terug is, van oorgroot tot klein. Hier is beslis ’n handsakstyl vir elkeen:

1. Oorgroot totes/ shopper handsakke

Van piepklein een seisoen tot oorgroot die volgende seisoen – mode trends hou ons op ons tone. Hoewel daar dalk baie verlore kan raak in so groot sak is daar plek vir letterlik alles! Beslis ‘n handsak wat jy vir nog jare lanks sal kan dra (en handig daarby ook), kies dalk ‘n goeie kwaliteit weergawe wat net sal beter raak met ouderdom!

Country Road North South Work Tote (R1299)
Zara Rectangular Tote Bag (R699)

2. Leer word uitgeruil

Al hoe meer mense kies veganistiese leer – of alternatiewe opsies vir leer wat minder skade aan die omgewing bied deur die verwerking van leer. Hier is ’n paar pragtige opsies:

Forever New Renee Vegan Leather Tote Bag (R1049)
Forever New Chloe Crescent Vegan Leather (R699)

3. Geweefde/ gebreide handsakke

Die Crochet styl bly vanjaar groot – met die boheemse modetrend wat al hoe meer gewild raak. Neem die sak van kantoor tot strand!

Mango Mini Shopper Bag (R799)
Witchery Handwoven Shoulder Bag (R1199)

4. Palmtassakkies wat ’n stelling maak

Ons hou veral van hierdie trend omdat dit ons forseer om net die nodigste items saam ons te dra. Kyk uit vir palmtasse met interessante struktuur, handvatsels en sal ook beskikbaar wees in skakerings van die reënboog.  

Dailyfriday Clutch Bag (R349 Superbalist)
Zara Clutch Bag (R539)

5. Bucket-(emmerstyl) handsakke

Niks nuut hier nie, ons het al verskeie weergawes van hierdie handsakstyl oor die jare gesien. Vanjaar s’n is bietjie meer blink met bietjie meer struktuur en het dalk metaal of interessante afwerkings daarby.

Witchery Uma Leather Bucket Bag (R1899)
Zara Quilted Bucket Bag (R599)

6. Handsakke met metaalafwerkings

Bonkige gespes, metaalkettings – met hierdie tendens is meer beslis meer.

Witchery Odessa Leather Sling bag (R1499)
Zara Shoulder Bag with Metal Buckle (R699)

7. Halfmaan of sirkelstyl handsakke

Geïnspireerd deur die 90’s en y2k-styl handsakke is hierdie halfmaan (crescent moon) handsak-struktuur beslis die handsakvorm van die seisoen en ons weet sommer al die styl gaan binnekort volop beskikbaar wees.

Mango Fluorine Baguette Bag (R599)
Trenery Crescent Slouchy Bag (R1199)

8. Mini/klein handsakke

Darem nie meer daardie klein mikro(mikroskopiese) klein handsakke wat so ’n tydjie gelede in die mode was nie. Die nuwe mini-styl handsakke was gewilde keuses op Versace, Dior en Coach se Lente/Somer 2022 loopplanke gewees.

Superbalist Faux Croc Mini Bag (R379)
Zara Beaded Mini Crossbody Bag (R699)

9. Kamerasak-styl handsakke

Reghoekige en vierkantige “camera bags” is ook tans hoogmode. Meeste met bandjies wat lank genoeg is is om gekruis oor jou lyf te dra. Kies een in ‘n helder skakering vir ‘n behoorlike dopamien aanvulling tot jou klerekas.

Witchery Uma Leather Camera bag (R1799)
Tassel Camera Crossbody Bag Woolworths (R459)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
stewel
7 grootste stewel-trends vir die winter
error: Content is protected !!