As jy hierdie winter net één mode-item by jou klerekas wil voeg, maak dit ’n romp. Van leer en kant tot deursigtige materiale en dramatiese maksi-silhoeëtte, die winter van 2026 bewys dat rompe lankal nie meer net vir warmer dae gereserveer is nie.
Die geheim lê egter nie net daarin om die regte romp te kies nie, maar om dit op ’n moderne manier te stileer. Hierdie seisoen gaan alles oor interessante teksture, onverwagse kombinasies en daardie perfekte balans tussen gemaklik en gepoleerd. Dink aan leerrompe met tekkies, kant met oorgroot leerbaadjies, maksi-rompe en rompe met interessante patrone. Hier is 6 winterromp-style op ons mode-radar met wenke om dit stylvol te stileer. Deur Justine Kroes
6 Winterromp-style op ons mode-radar
1. Leerromp
Die leerromp is ’n moet hierdie winterseisoen, kies tussen ’n A-lyn romp (vleiend aan die meeste lyfvorms) of ’n potloodromp weergawe.

Jou leerromp kan ook meer gemaklik gestileer word met ’n langmou T-hemp en ‘n paar loafer skoene. Of meer deftig met ’n trui en ’n paar leerstewels of brogues. Vir ’n onverwagse sport-luukse voorkoms, kombineer met ’n bomber baadjie en tekkies.

Stileeridee: Dra jou leerromp a la 90’s gestileer met ’n bypassende leerhemp of baadjie. Kies moderne leer silhoeëtte om seker te maak jou voorkoms bly in die mode vir 2026.

Psst: Onthou om jou middel te beklemtoon wanneer jy ’n leerromp stileer, steek jou hemp en trui in (selfs al is dit net die voorpunt), of dra ’n gordel om jou middel.
2. Romp met kant
Kledingstukke met kantafwerkings (lace trim) is beslis onder die viral moet hê mode-items vir winter 2026. Van assimmetriese syerige rokke tot satyn/sy-rompe met kantafwerkings.

Wenk: Moenie die eerste romp met kant koop wat jy sien nie, daar is tans so baie verskillende skakerings en snitte beskikbaar, kies liefs een wat jou lyfvorm komplementeer in ’n skakering wat jy weet werk by die res van jou klerekas.

Indien jy nie gewoond is aan kant dra nie, en jou aantrekstyl is meer gemaklik, wonder jy dalk of die rompstyl vir jou is? Probeer gerus ’n motief-hemp, jou leerbaadjie en ‘n paar sneakerinas (of enkelstewels) vir ’n vroulike, maar steeds edgy cool voorkoms.
3. Deursigtige romp
2026 is beslis die jaar vir deursigtige rompe en rokke, eers groot in die somermaande maar nou ook ’n gewilde keuse vir winter 2026.
Wenk: indien jy nie gemaklik voel om jou agterstewe vir die wereld te wys nie, dra ’n langer hemp of selfs trui (ingesteek of bo oor) jou deursigtige romp wat alles netjies toemaak.

Jy kan natuurlik ook ’n slooprok onderromp ook hierby dra as jy nie gemaklik voel om te veel been te wys nie. ’n Oorgroot blazer baadjie bo-oor werk net so goed.
Koud? Dra sykouse en hoë styfpassende stewels hierby wat jou warm hou en steeds die silhoeët van jou been onder die deursigtige romp beklemtoon.
Loer hier na ’n paar stileer-idees:

4. Check/plaid of geruite patroon romp
Die check/plaid of geruite patroon is steeds groot nuus hierdie winter, en mits jy die regte patroon kies, sal dit vir lang jare ’n tydlose winter stapel in jou klerekas bly.

Die 2026 manier (en seker die gewildste) om die romp te stileer is om jou oorgrootte leerbaadjie (of selfs blazer) daarby te dra.
Kombineer jou check/plaid romp met ’n trui in ’n kleur wat jou geruite romp se skakerings komplementeer.

Indien jy meer avontuurlustig voel met jou stilering, kies dalk ’n streeppatroon hemp/bloes in ooreenstemmende skakerings met jou geruite romp.

5. Patrone romp
Met vanjaar se patrone winterromp is die “meer is meer” stilering beslis die manier om te gaan. Dink aan syerige rompe met bont en helder patrone. Of blommerige patroon rompe, dieremotief rompe en selfs polkakol rompe.

Moet nie die stileerfout maak om slegs jou patroonromp by plein bloese of truie te stileer nie. Kies gerus ’n patroon item vir jou bo-stuk ook, onthou die goue reël, daar moet ten minste een ooreenstemmende skakering in elk van die patroon items wees wat jy kies om saam te dra.

Indien jy nog nie het nie, probeer ’n sebra of Bambi patroon romp, jy mag jouself dalk net verbaas.
6. Maksi romp
Ja die langer romp wat amper op die vloer sleep. Ons hou veral van die dramatiese effek wat die romp skep. Dink aan syerige bias cut rompe, hierdie langer snit val sag oor kurwes en beweeg so mooi wanneer jy loop.

Psst, kort en petite vrouens, hierdie rompstyl mag moontlik jou klein en kort lyfie oorheers, pas gerus eers aan voordat jy koop.

Hierdie romp lyk ikonies mooi met ’n kraakvars wit katoen kraaghemp vir ’n ultra vroulike, sterk, stylvolle voorkoms. Soos met enige rompstyl kan jy hierdie maksiromp ook meer gemaklik dra met balletskoene en ’n T-hemp of trui.

Hierdie rompstyl gaan ook ’n gewilde rompkeuse wees vir die somer, dink aan ’n maksi romp, kortmou bloes en sandale vir ’n afgeronde somersdag voorkoms. Veelsydig kopie vir jou klerekas!





