Herdink jou herfs dekor met die 5 praktiese wenke:

Soos die dae al hoe korter raak en die lig buite kraakvars en koel weet ons herfs is eindelik hier. Neem hierdie as jou teken om jou huis in knus, warm en in ’n uitnodigende spasie te omskep vir winter. En nee dit beteken nie jy moet bou, breek of verf nie. Klein praktiese veranderinge kan ’n reuseverskil maak, hier’s hoe: Deur Justine Kroes

Herfs dekor:

’n Dekor oorskakeling vir herfs en winter gaan nie daaroor om als nuut te koop nie, eerder om intensioneel te gebruik wat jy reeds het.

Jou dekor fokus vir herfs behoort tekstuur, warmte, en die atmosfeer te wees. Daarby om ’n spasie te skep wat stylvol lyk en knus voel heel winter lank.

Herdink jou herfs dekor; hier is 5 maklike veranderinge:

1. Lae op lae met verskillende teksture

Nes jou klerekas waar jy lae op lae stileer in die winter, net so kan jy verskilende lae (layers) gebruik in dekor. Doen dit so:

Verruil jou ligter somermateriale vir swaarder, warmer en snoesige teksture soos bouclé, wol, fluweel en bonkige breiwerk.

Stileer kombersies oor jou banke, gebruik kleiner matte (met tekstuur) bo-oor ‘n groter neutrale mat.

Kies kussings in dieper, donkerder en warmer skakerings. Bêre vir eers die ligte blompatrone en pastelkleurige strooikussings.

Gebruik natuurlike elemente in jou dekor soos hout, steen, klei en mat afwerking metale vir ’n warmer wintersgevoel.

Hierdie natuurlike elemente en teksture dra by tot die visuele diepte in die spasie en die gevoel van warmte.

Hierdie is ’n klein verandering wat jou spasie dadelik warmer, en meer uitnodigend laat voel.

2. Omhels ’n warmer kleurpalet

Begin geleidelik warmer, neutrale herfsskakerings in jou spasie stileer. Dink aan skakerings soos karamel, roesbruin, olyfgroen, wynrooi en verskillende skakerings van bruine.

Jy hoef nie noodwendig mure te verf nie, klein veranderinge soos keramiek blompotte, kussingslope uitruil of selfs kunswerke verander kan die gevoel van ’n spasie blitsvinnig verander.

Dink aan minder lig, helder en lugtig, eerder meer gegrond, knus en snoesig.

3. Herdink jou beligting

Beligting en die gebruik van ligte het ’n groot impak op hoe jou spasie voel tydens die donkerder wintermaande.

Ruil gerus jou koelwit gloeilampe vir die met ’n warmer ondertoon.

In plaas van helder en koue ligte oral, probeer eerder verspreide “poele” van warm lig wat jou deur die spasie trek. Skep hierdie effek deur gebruik te maak van allerhande verskillende tipes beligting soos lampe, muurlampe (wat herinner aan outydse blakers) en hangende (pendant) beligting of kandelaarligte te kombineer in jou spasie.

Stileer beligtiging op verskillende hoogtevlakke. Dink aan tafellampies, vloerlampe, en selfs kerse. Hierdie verskillende hoogtes en intensiteit van beligting skep ’n vertroostende kalm en sagte gevoel van lig. Beslis meer kalmerend as een groot helder lig wat vanuit die dak uit op jou skyn.

4. Nooi die natuur na binne (op die wintermanier)

Vars blomme uit jou tuin raak al hoe minder maar jy kan steeds natuurlike elemente insluit wat ’n warmer wintersgevoel het.

Droë takke en blomme, maar nie te rustiek nie. Dink sag en gesofistikeerd, gedroogde pampasgras of uitgedroogde krimisrose.

Groen-op-groen rangskikkings, in plaas van blomme, werk met lae van groen, dink aan mosbakke, varings of plante. Probeer die veral in dieper groen skakerings wat goed pas by die kouer maande.

Kaal takke, olyfboomstingels, bloekomstingels en selfs dennebolle skep ’n winters- gevoel. Rangskik los in ’n groot keramiek of steen blompot, hierdie skep hoogte en het ’n dramatiese impak op jou spasie.

In plaas van vars blomme, stileer ’n klomp verskillende hoogtes kerse bymekaar (in verskillende warm skakerings), hierdie gloeiende kerse skep dieselfde effek as vars blomme op ’n tafel veral as dit glinster wanneer dit aangesteek word.

5. Stileer oomblikke, nie vertrekke nie

’n Dekor-stilis ontwerpstruuk is om te dink daaraan om klein intensionele oomblikke te skep eerder as om van hoek na muur hele spasies oor te stileer.

Deur ’n intensionele “rus” spasie te skep maak dit makliker om te gaan sit en daardie boek klaar te lees.

Skep klein, uitnodigende oomblikke/ tonele/ hoekies:

’n Stoel met ’n kombersie en ’n boek

’n Koffietafel gestileer met ’n skinkbord, boek, ’n kers en ’n keramiek dekorelement.

Stileer ’n skinkbord met koppies, ’n teepot en ’n kers

’n Slaapkameroomblik langs jou bed, ’n kers en boek op jou bedkassie, lae van teksture (kussings/ matte/ komberse) op die bed en ’n ekstra laag van tekstuur: sagte beligting met lampe en kerse.

Herdink ook die uitleg van jou meubels tydens wintermaande: trek stoele en banke nader aan mekaar om ’n intieme gevoel te skep.

Maak seker boeke, tafels en kombersies is maklik bereikbaar, dit dra by tot ’n winterwarm gevoel.

Hierdie mikrospasies laat ’n huis koesterend en uitnodigend voel, selfs al bly die res van die spasie onveranderd.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Unieke blompotte van kunstig tot kleurvol
error: Content is protected !!