Gasvrougeskenke, hier’s 41 idees:

Jy hoor jou Ma se stem in jou agterkop “jy kan nie leë hande by iemand se huis opdaag nie my kind”. En net so hardloop ons altyd by ‘n sekere winkel in en koop ’n bos blomme of klein orgidee as ’n dankiesê-geskenkie vir die gasvrou.

Die gasvrou verdien beter! Ons het besluit om vooruit te beplan en ’n paar oulike geskenke byderhand te hê, jy weet, iets wat die gasvrou werklik sal kan gebruik en waardeer. Hier is 41 gasvrougeskenke wat jou sal laat lyk asof jy baie gadagte en moeite gedoen het, jy’s welkom!

Deur Justine Kroes

Speletjies en besigbly-idees

’n Ideale geskenk-idee vir die gasvrou wat gereeld onthaal en daarvan hou om sinvolle, diep en betekenisvolle gesprekke te voer. ’n Tipe van ’n aandete-speletjie wat jou leer om te luister, te deel en ander aan te moedig terwyl jy pret het daarby.

Cards For Conversation First Edition (R499)
Travertine and Marble Tic Tac Toe (R499) Poetry Stores

’n Mooi slaaibak vir die gasvrou om te hou

Hierdie is nou ’n oulike idee, indien jy ’n bykos of slaai saamneem ete toe, dink daaraan om die slaaibak of opdienbak as geskenk vir die gasvrou te gee. So hoef niemand te skarrel om na ete die bak leeg te skep en te was nie. En dit is boonop nie ’n gesukkel om die bak weer by sy eienaar uit te kry nie.

Poetry Living Drunken Salad Bowl (R699)
Country Road Leone Salad Bowl (R1499 Woolworths)

Stylvolle aansteek elemente

Kanse is groot dat jou gasvrou-vriendin daarvaan hou om met kerse te onthaal, die atmosfeer, jy weet! Maar almal sukkel altyd om vuurhoutjies of ’n aansteker te vind. Skenk vir haar haar eie stylvolle stel vuurhoutjies of aansteker as geskenk. Sy kan dit op ’n spesiale plek wegbêre van die manne wat alewig daarmee die braaivuur aansteek en nooit weer terugbring nie.

Amanda Jayne electric Rechargeable Candle Lighter (R349 yuppiechef.com)
Babylonstoren Extra Long Matches (R120)
Babylonstoren Candle Care Set. Trimmer, dipper and snuffer (R350)

’n Mooi kraffie of kruik vir haar etenstafel

Poetry Squiggle Hand Jug (R399)

Hierdie is beslis ‘n item wat enige gasvrou bly sal wees om te ontvang. Niemand hou van ’n bottel sap of water wat sommer net so op die tafel neergesit word nie. Gee vir haar ’n stylvolle kraffie of kruik waaruit sy sap en water kan bedien.

Set of 5 Hand Crafted Fluted Water Carafe And Glass Set (R399 takealot)
Country Road Vivi Jug (R699)

Weggooibare servette en plekmatjies

Simple Placemats Paper Placemats (R279 vir 24 plekmatjies yuppiechef.com)

Hierdie is ideaal vir die vrou waat alewig gasvrou-gasvrou moet speel en soms ook net ’n breek wil neem van al haar lapservette en “fancy” plekmatjies. Stel gerus vir haar ’n pakkie saam met hierdie allermooiste weggooibare servette en plekmatjies vir dae wanneer sy steeds ’n mooi tafel wil dek sonder al die ekstra moeite (en wasgoed).

Tavola Mamma Mia Placemats (R270 vir 25 papier plekmatjies)
Tavola Bio Degradable Napkins in Wave Stripe (R145 vir 25 groot servette)
Tavola Bio Degradable Napkins in vele patrone en skakerings beskikbaar (R120 vir 25 slim servette)

Sjiek sout en peper houers

Dit is dalk nie iets waaraan jy dink as jy op soek is na ’n geskenk vir ’n gasvrou nie, maar elke gasvrou weet hoe belangrik ’n ordentlike sout en peper potjie is vir die onthaaltafel. Kyk net hoe mooi is hierdie stelle:

Poetry Living Cabbage Salt & Pepper Shaker Set (R299)
Typo Deer Salt & Pepper Shaker Set (R199)
@home Salt & Pepper Wooden Base Pinch Bowls (R479)
Hertex by Haus Salt & Pepper Shaker Set (R250)

Blomme met verskil

Poetry Leroy Glass Vase Short (R499)

In plaas daarvan om net ’n bos blomme by jou vriendin aan te bring, koop vir haar ’n pragtige vaas of blompot en rangskik ‘n paar blomme daarin.

H&M Tall Glass Vase (R299)
Woolworths textured vase (R299)
Poetry Honeycomb Bud Vase (R249)

’n Pragtige Peuselbord

Sixth Floor Marble Cheese Board (R899 Superbalist)
Poetry Living Marble Bee Serving Board (R399)

Bied ’n slag aan om ’n bord met peuselhappies te bring en vertel dan vir jou gasvrou-vriendin die bord is spesiaal vir haar en kan sommer net daar agterbly wanneer almal klaar gepeusel het. Beslis ’n item wat vir lang jare nog gebruik sal word. 

Poetry Abigail Mother of Pearl Board R499)

Kerse en kershouers met verskil

Okra Traditional Dinner Candle Set of 4 (R89 Yuppiechef)

Bederf jou vriendin met iets kleurvols en onverwags – dit inspireer dalk die volgende kuier se onthaaltema! Kyk net hoe uniek is hierdie kerse en kershouers:

H&M Marble Candlestick Beige (R379 Superbalist)
Sixth Floor CandleStick Fish (R449 Superbalist)
H&S Totem Dinner Candle Holder (R349 Superbalist)

Vir die kruie en tuinliefhebber

Le Creuset Herb Planter 14cm (R729 yuppiechef.com)

Indien jou gasvrou daarvaan hou om haar eie vars kruie te kweek en te groei, neem vir haar ’n vars kruieplantjie met een van die volgende kruiebykomstighede daarby:

Babylonstoren Watering Can in Stone (R1500)
Babylonstoren City Balcony Gardening Set (R1300)
Babylonstoren Brass Spritzer (R880)

Vir die bak-foendie

Ons weet hoe dit gaan in ons eie huis met maatkoppies, alewig in die verkeerde laai en nooit bymekaar nie. Skenk vir jou geliefde gasvrou ’n mooi stelletjie maatkoppies wat sommer so aanmekaar vas is. Koop ’n boksie doen-dit-self brownie mengsel en sit dit hierby vir ’n oulike geskenk.

Country road Measuring Cup Set (R399)
Poetry Living Multi Colour Measuring Spoons (R399)
Trendz of Today Gold & Wood Measuring Cup and Spoon Set (R519 yuppiechef.com)

Vir die Tjeers! gasvrou

Yvonne Elen Bartool Set of 4 (R499 yuppiechef.com)

Vir die gasvrou wat graag daarvan hou om skemerkelkies en interessante drankies vir gaste te bedien – skenk vir haar ’n mooi drankiestel of drankiebykomstighede. Kyk net hoe slim is hierdie “drinks markers” sodat elke gas nie hulle drankie verloor nie.

Poetry Living Wine Glass Marker Pack (R299)
Poetry of Living Clubhouse Ice bucket (R799)
Poetry Living Grechin Glass Straw Pack (R199)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
12 Algemene dekorfoute, maak jy een van hulle?
error: Content is protected !!