Dink nuut oor jou lessenaar, 8 lessenaarstyle om nou te oorweeg

Jou werksarea behoort nie meer ’n swaar bonkige lessenaar teen ’n statiese muur te wees nie. Die geheim? Kies ’n lessenaar wat jou ruimte aanvul én jou liggaam ondersteun. Ons deel 8 slim, stylvolle en unieke lessenaar-idees vir jou werkspasie. Deur Justine Kroes

8 Lessenaar-style om nou te oorweeg:

Hier is vars idees wat dekor en funksie perfek kombineer.

1. Leerlessenaar: Vertikaal en Visueel Lig

Dekor-voordeel:

’n Leerlessenaar leun teen die muur en kombineer werksoppervlak met oop rakke. Dit voel lig, modern en werk wondere in klein ruimtes. Ideaal vir ’n Skandinawiese of minimalistiese styl.

Ook natuurlik bekend as die “ladder desk”. 

Ergonomiese wenk:

Maak seker die werksoppervlak is op elmbooghoogte wanneer jy sit.

Gebruik ’n ondersteunende stoel.

Plaas items wat jy gereeld gebruik op die middelste rak om oorreiking te vermy.

kusudico Apartment Ladder Shelf Desk (R5900)
H&S Collection Black Metal Desk (R1999 Bash)

2. Staanlessenaar: Modern en Gesondheidsbewus

Dekor-voordeel:

Skoon en kontemporêre lyne. Baie ontwerpe kombineer houtafwerkings met moderne metaalrame vir ’n gebalanseerde voorkoms. Of kies jou staanlessenaar in ’n swart afwerking mits dit by jou dekorstyl pas.

Ergonomiese wenk:

Met hierdie lessenaar kan jy wissel tussen sit en staan.

Jou rekenaar of skootrekenaarskerm is op ‘n gesonde ooghoogte terwyl jy staan en werk.

Ergo Office Smart Freestanding Height-Adjustable Desk (R9899)
DeskStand – Adjustable Standing Desk

3. Muur- of sweeflessenaar

Ook bekend as die “floating shelf desk”.

Dekor-voordeel:

Visueel skoon en bespaar spasie. Perfek vir klein hoekies waar geen ander lessenaar sou inpas nie, of vir klein slaapkamers.

Ergonomiese wenk:

Installeer op die regte hoogte (ongeveer 72–75 cm vir die meeste volwassenes).

Voeg goeie taakbeligting by om te keer dat jy vooroor leun om te kan sien waaraan jy werk.

WallStand – Adjustable Wall-mounted Standing Desk (R2499)
Iconomy Stockhom Work Desk (R3999)
Odezen Floating Desk with Drawers (R7199)

4. Interessant gevormde lessenaars

Foto: Pinterest

Dink verby die tradisionele reghoekige lessenaar, dink eerder aan moderne ontwerpe, in sagte kurwes en ongewone lyne. Hierdie tipe lessenaar skep ’n visueel interessante alternatief tot klassieke, reguit lyne.

Foto: Pinterest

Dekor voordeel: Jy gebruik jou meubels as ’n dekorelement, ’n ware funksionele dekor item.

Motani Curved Smart Desk (R7999)
Umage Duende Desk (R16 640)

5. Versteekte lessenaars (Opvou-ontwerpe)

’n Versteekte lessenaar is ’n werksoppervlak wat in ’n kas of muureenheid ingebou is en net oopvou wanneer jy dit nodig het. Wanneer dit toe is, lyk dit soos ’n gewone kas, sonder enige sigbare kantoorrommel.

Dekorvoordeel: Dit hou leefruimtes netjies en stylvol, veral in oopplan-huise of kleiner ruimtes waar jy nie ’n permanente kantoor wil hê nie.

Slim, diskrete funksionaliteit wat moeiteloos by jou dekor inpas.

Inspirasiefotos van Pinterest:

Fotos: Pinterest
Fotos: Pinterest
Fotos: Pinterest

6. Modulêre lessenaars

Modulêre lessenaars wat oorgeskuif en uitgebou kan word, dink aan gestapel met rakke, gekombineer met ander werkoppervlakke. Hierdie tipe lessenaar kan aangepas word vir verskillende ruimtes.

Dekorvoordeel:

Jy kan die modulêre lessenaarstelsel vir jou en jou spasie laat werk. Ook ideaal vir toekomstige hibriedewerk, kleiner ruimtes met groeiende spanne. Of kan uitgebrei word vir werk (vir jouself) en huiswerk (vir jou kinders).

Gibril Pivoting Desk – Blond Oak/White by Diagone (R9500)

Hierdie aanpasbaarheid maak dit maklik om jou werkruimte saam met jou behoeftes te laat ontwikkel.

Nest Designs Modula 6 Positions Desk – Artisan Oak/White by Diagone (R7200)

7. Natuurgeïnspireerde lessenaars

Fotos: Pinterest

Hier word die natuur as fokuspunt in die lessenaar gebruik. Dink aan elemente van houtafwerkings, aardse kleure, sagte kurwes en lessenaars met ingeboude spasie vir plante wat daaruit groei. Of plante wat oprank teen jou lessenaar se bene.

Fotos: Pinterest
Fotos: Pinterest

Dekorelement: Ons weet teen die tyd om die natuur in te nooi in jou spasie bring ’n gevoel van lewe.

Die lessenaar skep die gevoel van rustiger, meer gebalanseerde werksruimtes. Dit  vervaag die grens tussen binne en buite, verminder stres en bevorder fokus.

Fotos: Pinterest
Fotos: Pinterest

8. “Slim”-lessenaar

Moderne “slim” lessenaars verminder kabels en klotter; van die funksies sluit die volgende in:

  • Ingeboude USB-poorte
  • Kabelbestuurstelsels
  • Draadlose herlaaingstelsels.
  • Geïntegreerde kragstasies
  • Dit verminder rommel (dink aan jou kabels oraloor) en verbeter werkvloei.
Ergo Office Smart Freestanding Height-Adjustable Desk (R9899)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
10 Dekorwenke vir klein spasies PLUS slim kopies
error: Content is protected !!