Wat is die gewildste huisstyle vir 2022? Dit was ons vraag aan Veld Argitekte. ’n Moet lees as jy wil bou of vernuwe aan jou huis. Deur Veld Argitekte, verwerk deur Suzanne Kotzé
11/03/2022
Gewildste huisstyle vir 2022
Veld Argitekte in Johannesburg deel wat volgens hulle die gewilste huisstyle vir 2022 is.
1. Binne-buite ruimtes (Biophilic Architecture)

Hoofkenmerke van die styl



- groot, oopmaakbare vensters en deure na buite
- gebruik van landskapelemente in binneruimtes
- maksimum konneksies met die natuur (sensoriese sintuie)
- genoegsame kruisventilasie
- oopplan uitleg in die hoof leefruimtes
Begroting
Is hierdie styl bedoel vir iemand met ’n groot, medium of klein begroting?
Groot begroting – as gevolg van die gebruik van groot oopmaakbare vensters en deure.
2. Hoe groener, hoe mooier (Sustainable Architecture)

Hoofkenmerke van die styl



- gebruik van omgewingsvriendelike, duursame en herwinbare materiale
- gebruik van alternatiewe bronne bv. sonkrag, reënwaterversameling
- passiewe ontwerpbeginsels
- optimale oriëntasie
- gebruik van water in die ontwerp
Begroting
Is hierdie styl bedoel vir iemand met ’n groot, medium of klein begroting?
Medium tot groot begroting. Afhangend van watter sisteme jy wil inkorporeer; onthou, elke bietjie help as dit reg ontwerp word vanaf dag een.
3. Trots plaaslik

Hoofkenmerke van die styl



- plaaslik vervaardig
- neem konteks van gebou en omgewing in ag
- unieke ontwerpelemente
- gebruik van plaaslik beskikbare materiale
- detail ontwerp saam met ander kunstenaars en ambagsmanne
Begroting
Is die styl bedoel vir iemand met ’n groot, medium of klein begroting?
Medium tot groot begroting – maar die uiteinde beloof uniekheid en in die groter prentjie, ondersteun en bevorder dit plaaslike vaardighede en besighede.
4. Eenvoud en veelvoudigheid (Minimalist and Multi-function Architecture)

Hoofkenmerke van die styl



- aanpasbare spasies wat vir meer as een doel gebruik kan word
- oopplan-ruimtes
- eenvoudige vorms en uitlegte
- visuele balans van materiale
- natuurlike lig en ventilasie
- landskap fokuspunte word deur vensters en deure geraam
Begroting
Is die styl bedoel vir iemand met ’n groot, medium of klein begroting?
Medium begroting. Hierdie styl bied meer in terme van voorkoms, ruimte, funksie en materiale vir minder indien dit sorgvuldig ontwerp word.
5. Kikker op met kleur of tekstuur

Hoofkenmerke van die styl



- gebruik van helder kleure
- materiale of kleure wat kontras vier
- materiale of kleure wat sensoriese sintuie aktiveer
- materiale of kleure wat spasies groter (of kleiner) laat vertoon
- gebruik van verskillende vloerafwerkings in binneruimtes
- gebruik van beweegbare skerms
Begroting
Is die styl bedoel vir iemand met ’n groot, medium of klein begroting?
Klein begroting. Soms is al wat nodig is ’n alternatiewe verfkleur of aksent meubelstuk om die styl van jou tuiste op te kikker.