Binnekort is dit weer terug skool toe en ons nuwejaarsvoornemes van gesonder leef lê vlak in ons gedagtes – hier is 5 wenke om in gedagte te hou wanneer jy ‘n kosblik kies. Plus 22 van die oulikste kosblikke en waterbottels op ons kooplysie. Ons het vir jou die soekwerk gedoen sodat jy nie hoef nie! Deur Justine Kroes
12/01/2023
6 Wenke om die regte kosblik te kies:
1. Materiaal is belangrik
Let op na die materiaal waarvan die kosblik gemaak is – kies een wat lank sal hou (onthou goedkoop koop is meestal duur koop), een wat nie sal breek as dit eenkeer val nie (veral belangrik vir die kinders se kosblikke). Kies ook ’n kosblik wat lood en “BPA” vry is sonder enige skadelike chemikalieë. Glas (vir grootmense), en vlekvrye staal, BPA-vrye plastiek of bamboes is goeie opsies.
2. Dit moet goed seël
Maak seker die waterbottel of kosblik kan goed seël. ’n Skoolsak vol water, sap en kos is iets waarmee niemand wil sukkel nie.
3. Probeer ‘n Bento Box
Probeer ’n “Bento Box” – die woord en kosblikontwerp met verskeie kleiner afdelings is afkomstig van Japan se “Bento” wat verwys na ’n enkele verpakte wegneemete, als op sy plek gereed om enige plek te geniet. Ons hou van die idee van verskillende afdelings waar verskillende kossoorte geskei kan word – veral goed vir daardie kieskeurige mondjies wat nie daarvan hou dat al die verskillende kosse aan mekaar raak nie.
4. Kies skottelgoedwasserveilige opsies
Kies liefs waterbottles en kosblikke wat in die skottelgoedwasser gewas kan word – jy wil nie nog voordat jy kosblikke pak staan en was nie. Kies ook een wat maklik genoeg kan skoonkom sou jy dit eerder met die hand was – nie een met klomp hoekies en draaitjies wat ’n nagmerrie is om skoon te maak nie.
5. Hou dit koel
Dit is dalk bietjie duurder, maar kies ’n kosblik of waterbottel wat geïsoleer/ insuleer is. Dit hou jou water vir ure lank koud en jou kos koel en vars. ’n Kos koelsakkie sal ook natuurlik hiermee help.
6. Bykomstighede
Deesdae is daar so baie slim bykomstighede vir jou kosblik. Oulike steekvurkies vir kinders, toebroodjie uitdrukkers (koekiedrukkers werk net so goed!). Selfs oulike notas wat jy elke dag in jou kind se kosblik kan pak.
Loer net hier:
Kosblikke vir kinders:
Crunchbox is ’n gunsteling vir ons. Met 5 Bento-styl afdelings, kan hierdie kosblik in die mikrogolf en in die skottelgoedwasser gebruik word. Dit seël goed en is BPA-vry. Jy kan verskillende “covers” (die prentjie gedeelte) koop vir bo-op die Crunchbox wat jou kosblik na ’n splinternuwe een laat lyk. Beskikbaar in 4 verskillende skakerings. Hierdie produk word verkoop met ’n een jaar waarborg.
Waterbottels vir kinders:

Kosblikke vir grootmense:
Waterbottels vir grootmense

Dit gons regoor oor die wêreld oor die reuse Stanley flesse – soveel so dat dit aanhoudend uitverkoop. Danksy sosiale media en ’n slim bemarkingsplan is hierdie waterbottel die moet-hê op almal se lippe. Hoewel ons ook baie daarvan hou en dink dit mooi is – dink ons daar is ’n hele klompie meer bekostigbare waterbottels wat dieselfde werk doen. (Tans uitverkoop in SA, koste so ongeveer R1 299).
