Skuif verby moto-styl leerbaadjie, die oorgrootte funnel neck bomber baadjie het die modewêreld behoorlik aan die gons. Dit is duidelik dat hierdie baadjie-styl die moet-hê item vir winter 2026 is. Ons deel hoekom ons van hierdie baadjie hou, wenke om die baadjie te stileer en waar jy jou eie een kan vind. Deur Justine Kroes
Die baadjie wat almal nou dra, wenke en waar om te koop
Winter 2026 se gewildste baadjiestyl kan geidentifiseer word deur die hoë kraag (funnel neck) met struktuur, ’n cropped/korter snit met ’n effense oorgrootte of lospassende bomber-baadjie silhoeët.

Maak seker die baadjie snit pas jou lyfvorm
Hierdie baadjie word gewoonlik rondom die middel ingetrek, ’n vleiende silhoeët aan die meeste lyfvorms. Kies gerus een met ’n rek om jou middel, dit skep struktuur, definieer jou middel en lyk modern.

Met hierdie baadjiestyl behoort die silhoeët intensioneel oorgroot te voel, maar nie so oorgroot dat dit slonserig lyk nie.

Die skouers behoort effens struktuur te hê: met ’n dropped shoulder, dit lyk modern en trendy en beklemtoon daardie “oorgroot” oversized voorkoms. Ander style het weer skouerkussings vir daardie ekstra dramatiese en sterk silhoeët.

Die funnel nek behoort effens regop te kan staan.
Stileer die moet-hê baadjie so:
Probeer ’n kontras
Gebruik die high-low stileringsmetode om jou baadjie te dra. Dink aan teenoorgestelde mode-items (gemaklike items vs meer netjiese items), en stileer dit saam in een uitrusting.
Byvoorbeeld, dra jou funnel neck bomber-baadjie met sagter, meer vroulike klere-items; syerige slooprokke of rompe; kant of deursigtige teksture; vloeiende maksi-styl rompe. Die high-low aantrekstyl lyk gemaklik maar steeds gepoleerd en gesofistikeerd.

Ons hou hiervan, ’n maklike manier om om seker te maak selfs die mees netjiese items kan op ’n alledaagse styl en manier meer gedra word.

Dra dit ook by sportiewe uitrustings vir nog kontras/ high-low effek.

Balanseer met struktuur
Om proporsies in jou uitrusting te balanseer is uiters belangrik. Balanseer die volume van jou oorgrootte bomber baadjie met ’n tikkie struktuur:
Netjiese wye-pyp broek wat noupassend om jou middel sit om daardie uurglasfiguur te beklemtoon.

’n Regaf “cigarette” styl broek lyk klassiek en sjiek, kombineer dit met puntskoene om die illusie van langer bene te skep.

Dra ’n kraakvars wit knoophemp onder jou funnel neck baadjie vir ’n ekstra tikkie struktuur.
Dra dit monokroom
Vir ’n ekstra sjiek voorkoms is een skakering van kop tot tone altyd ’n goeie idee.
Stileer jou hoënek baadjie kop tot tone in neutrale skakerings soos swart, bruin, beige of vlootblou.

Vir ekstra definisie en ’n tikkie diepte in jou uitrusting dra verskillende teksture saam: leer, wol, satyn en katoen.

Die voorkoms voel modern maar steeds tydloos.
Kies die nuwe moet-hê baadjie in jou gunsteling materiaal
Die funnel neck bomber baadjie is nie slegs in leer of kunsleer beskikbaar nie, kies ’n styl in ’n materiaal en kleur wat jy weet jy nog baie sal dra.
Die materiaal van jou baadjie het ’n direkte impak op jou voorkoms:
Leer/kunsleer; lyk gepoleerd, netjies en het jou gereed vir ’n aand uit.

Nylon; skep ’n sportiewe voorkoms en gevoel; gemaklik maar steeds trendy. Hierdie baadjie in rooi of beige is veral gewild onder modebekendes.

Katoen /twill; vir elke dag se dra, die perfekte baadjie wat by byna enige uitrusting sal pas.
Sweedsleer; skep ’n sagter en meer luukse wintergevoel.















