Die krag van ’n T-hemp met kenners se styl- en stileertruuks daarby

Ons besef nie noodwendig altyd die stileerkrag van daardie nederige T-hemp wat ons almal in ons klerekaste het nie. Hetsy jy ’n plein wit T-hemp verkies of ’n bont patroon T-hemp met sy grafiese ontwerp – hierdie kledingstuk bly ’n veelsydige moet-hê item vir elke vrou se klerekas. Drie stylkenners deel T-hemp keusewenke plus ’n paar styl- en stileertruuks. Ons hoop hierdie inspireer jou om kreatief te raak met jou T-hemp uitrustings! Saamgestel deur Justine Kroes

28/02/2025

3 Gunsteling T-hemp style:

Hier is ’n paar van ons gunsteling T-hemp style:

1. Die perfekte wit (of neutrale) T-hemp

’n Neutrale T-hemp in ’n wit, swart of grys skakering maak jou aantrekproses makliker. Dit sorg vir eindelose styl- en stileeropsies, van meer na minder formeel. Hetsy jy ‘n “crew neck” of v-nek styl verkies, is daar min dinge so lekker soos ‘n kraakvars wit t-hemp.

Jeanine Theron, voorkomskonsultant en stylkenner (@transformed_by_Jeanine op Instagram) sê

“’n Wit T-hemp bly eenvoudig ’n klassieke keuse wat met byna enigiets werk. Dit is die perfekte basis vir ’n uitrusting en sal altyd ’n gunsteling item in my kas bly.”

@transformed_by_Jeanine

Dedre Maartens, stylkenner, eienaar en ontwerper van The Actual sê “Dit is belangrik om die regte kleur T-hemp te kies. Ek verkies ’n T-hemp wat by die meeste van die klere in my kas pas. ’n Wit, beige, grys of charcoal hemp. Dit pas net by die meeste kleure (en klere) en lyk boonop vir my meer duursaam. Kies ’n T-hemp wat by jou klerekas pas.”

Foschini Cotton Boxy Tee (R159)
Witchery V-Neck T-Shirt (R399)
Poetry Lana Basic Tee (R349)

2. Die grafiese T-hemp

Jou t-hemp hoef nie plein te wees nie – laat jou stylpersoonlikheid wys met ’n grafiese T-hemp ontwerp. Die grafiese T-hemp is tans ’n hoogmode gunsteling. 

Grafiese T-hemde, The Actual. Gebruik die kode Stylvol15 vir 15% aflsag op jou kopie

Lizanne Anderson, voorkomskonsultant en stylkenner (@hellobeautiful_imageandstyle op Instagram), verduidelik “Ek verkies ’n lekker bont kleur T-hemp met ’n interessante grafiese print of ontwerp.” “As jy ’n grafiese T-hemp gaan dra, laat dit tel en laat dit lekker uitstaan. Probeer uit jou stilleerboks dink en probeer iets nuuts. Kies ’n ontwerp wat jy nie gewoonlik sal kies nie, ’n luiperd-gesig op jou T-hemp, rooi strepe, of ’n versiering aan jou T-hemp vasgestik.”

Lizanne Anderson @hellobeautiful_imageandstyle

Stylvol wenk: Vind ’n grafiese T-hemp wat jou gelukkig laat voel, en natuurlik een wat by baie in jou klerekas sal pas – anders gaan jy dit nooit dra nie!

The Actual Tiger T-Shirt (R680 ook beskikbaar in pienk) Gebruik die kode Stylvol15 vir 15% aflsag op jou kopie
The Actual Tiger on Stripes T-Shirt (R595) Gebruik die kode Stylvol15 vir 15% aflsag op jou kopie
The Smile Tiger Shirt (R695) Gebruik die kode Stylvol15 vir 15% aflsag op jou kopie

3. Die gestreepte (breton) T-hemp

Beslis ’n Stylvol gunsteling – hierdie T-hemp styl sal vir altyd daardie ouwereldse sjiek Franse gevoel gee. ’n Tydlose T-hemp styl wat werklik nooit uit die mode sal wees nie.

The Actual The Mon Chéri T-shirt (R599) Gebruik die kode Stylvol15 vir 15% aflsag op jou kopie

Dra dit by ’n pak, ’n vroulike romp, jou denims of patroonbroek vir ’n “patroon op patroon” mode oomblik! Die Breton streep in swart, navy en selfs rooi is tans gunstelinge op on radar.

Old Khaki Women’s Jackie T-Shirt (R299)
Bohoo Ringetr Stripe t-shirt (R349 Superbalist)
H&M Burgundy & White Striped t-shirt (R199)

Slim styl en stileertruuks met jou T-hemp:

T-hemde is gewoonlik meer lospassend gesny – om seker te maak jou T-hemp is netjies, hou hierdie stileertruuks in gedagte:

1. Gebruik ’n rekkie

Lizanne se wenk “As die t-hemp effens los sit (sommige T-hemde is ’n oorgroot styl), moenie laat dit jou afsit nie. Vou die T-hemp voor om en in, en laat jou hande al die pad na agter jou rug toe vloei om dieselfde lengte van die ingevoude T-hemp van voor tot agter te hou. Maak dan ’n knoop, maak die knoop met ’n haarrekkie vas en “tuck” die knoop in (die spanning vir die vou voor, na agter, moet dieselfde wees – dit sal verhoed dat die knoop uitkom deur die dag). Hierdie truuk gee dadelik jou T-hemp daardie korter voorkoms, wat soveel meer vleiend is. Dit hou ook werklik die heeldag jou T-hemp op sy plek.”

Lizanne Anderson @hellobeautiful_imageandstyle wys ons hoe

2. Rol moue op

Jeanine sê “As jy ’n lospassende T-hemp dra, probeer om die moue ’n bietjie op te rol. Dit gee ’n subtiele, maar cool voorkoms.

As jy van moulose t-hemde hou is ‘n afmou hemp met ‘n skouerkussing nog ‘n stylvolle opsie.

The Actual Pink Zebra T-shirt with Shoulder Pads (R620) Gebruik die kode Stylvol15 vir 15% aflsag op jou kopie

3. Bykomstighede is belangrik

Dedre sê “Kikker ’n plein uitrusting soos ’n jean en T-hemp op met ’n klompie mooi bykomstighede. Dit is belangrik om jou bykomstighede in gedagte te hou soos by enige ander uitrusting, jou juwele, skoene en handsak kan bydra om ’n uitrusting af te rond en ’n volle prentjie te skep.”

@catlpatterson op Instagram

Jeanine stem hiermee saam “Dra hangertjies en armbande saam met jou T-hemp om dit verhef”

4. “Layer” jou T-hemp

’n T-hemp is nie gebonde aan ’n spesifieke seisoen nie en is ’n fantastiese “layering” item, veral vir tussen-in weer, waar jy warmer items soos kraaghemde, leerbaadjies of jou blazer bo-oor kan dra.

The Smile Tiger T-Shirt (R695)

“Om ’n uitrusting interessant te hou en dimensie te gee, “layer” ander items bo oor jou T-hemp, ” verduidelik Dedre. “Dra jou truitjie, blazer of leerbaadjie bo oor jou T-hemp”.

Of dra selfs ’n slooprok bo oor jou T-hemp vir ’n totale ander stylvolle voorkoms.

5. Kry die balans reg

“’n Goeie balans is belangrik wanneer jy ’n T-hemp reg wil stileer” verduidelik Dedre. Dedre verwys na die 80/20 mode reël. Die reel verwys na die idee dat wanneer 80% van jou uitrusting meer gemaklik is, hoort 20% van jou uitrusting meer “dressy” of formeel te wees (en natuurlik werk dit ook andersom).

@catlpatterson op Instagram

Dit verwys ook na die perseptuele balans van ’n uitrusting, byvoorbeeld 80% van ’n uitrusting moet ’n goeie snit wees (wat dalk meer noupassend is) en dan kan 20% van jou uitrusting (soos jou T-hemp) meer lospassend aan jou lyf sit.

@catlpatterson op Instagram

6. Kies ’n goeie kwaliteit T-hemp

“Deur ’n goeie gehalte en kwaliteit T-hemp te kies, kry jy soveel meer dra uit die hemp” verduidelik Dedre. “Jy weet … daardie T-hemp wat jy altyd dra en verkies want hy sit eenvoudig net beter! By The Actual gebruik ons goeie gehalte katoen vir hemde wat beter sit en lyk”.

7. Verander jou T-hemp uitrusting-idees

Dra ‘n slag jou T-hemp met ’n romp. Die kombinasie van ’n vroulike romp en ’n meer manlike oorgrootstyl T-hemp maak vir ’n moderne uitrusting.

@lunaisabellaa op Instagram

Jeanine sê “Ek dra graag die oorgroot T-hemp styl by ’n romp. Ek dra my T-hemp maklik oor ’n kantromp of rok met tekkies. Jy kan dit ook saam met ’n satynromp dra.”

Dedre sê “’n T-hemp by ’n romp is ’n stylvolle stileeropsie. Jy kan met die lengte van die t-hemp speel, insteek of oorhang, jy kan dit natuurlik ook “layer”. Maak dit meer casual met sneakers of gepas vir werk of ’n aand uit met mooi hakskoene.”

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Moet-hê mode-items
error: Content is protected !!