Met al die nuwe denimstyle wat nou in die mode is, is dit nie altyd so maklik om te weet watter skoene of bostukke om daarby te dra nie. Dit is maklik om in ‘n denimgroef te verval en keer op keer dieselfde bostukke en skoene by jou denims te dra. Hier is alles wat jy wil weet oor die seisoen se denims en stileerwenke om jou denimvoorkoms te verhef. Deur Suzanne Kotzé
Denimstyle en kleure wat nou ín is
Courtney Lello, senior mode-aankoper vir vrouedrag, Woolworths deel die volgende
Die kleure denim wat in is vir Lente/Somer 2025

Die kleurpalet vir die lente is vars en neutraal en by Woolworths fokus ons díe seisoen op ’n ligter denimwas met die die denimgevoel wat deurkom. Soos ons die somer binnegaan kan jy ook kleurskote van rooi, pienk en sjokolade verwag en ook wit, ecru en indigo denim.
Die grootste denim trends op die oomblik
Barrel denims, wyepyp denims en denim by denim (genoem denim set dressing) is hier om te bly.
Barrel denims

Wyepyp, hoë middellyf denim

Denim by denim

Die maklikste denimstyle om te dra
Die Barrel denim en ons nuutste ‘Cropped Straight Denim’ wat besonder vleiend is en net bo die enkel sit (en perfek is vir somer) is van die style wat die maklikste is om te dra.

As jy daarvan hou om brawer te wees met jou modekeuses is die nuwe ‘Darted Barrel’ ’n goeie keuse. Dit gee ’n vergrote barrel vorm en is wêreldwyd ’n reuse trend.

Stylvolle stileerwenke vir jou denim
Hierdie is van ons gunsteling style op die oomblik
Barrel denim

Die Barrel denim sit hoog in jou middel, met ballon-agtige, gekurfde pype wat weer meer noupassend sit rondom jou enkels. Die styl het volume, so hou jou silhoeët vaartbelyn.
Beklemtoon jou middel
- Vermy oorgroot of lospassende bostukke en baadjies.
- Kies oorvou bostukke wat om jou middel vasbind.
- Steek jou lospassend hemp in. Probeer gerus die French tuck (in die middel ingesteek en los om kant en agter) as jy nie gemaklik voel met ’n ingesteekte hemp nie.
- Dra ’n gordel om jou blazer (dit is ’n groot trend).
- Kleurblok om jou middel te beklemtoon met ’n kort helderkleurige baadjie.
Skoene gepunt en maer
Vermy groot bonkige skoene, en kies skoene met punte wat jou bene verleng.
As jy sneakers verkies, kies sneakers met skoon lyne wat nie bonkig is nie.
Korter, reguitpyp denim (cropped straighleg)
Die korter weergawe van ’n reguitpyp denim, wat net bo jou enkels stop. (Korter dames is mal oor die styl, want dit pas meestal soos ’n gewone denim.)

- Hou die voorkoms informeel met ’n statement of strepe T-hemp
- Oorweeg ’n onderbaadjie, of gebreide frokkie/onderbaadjie hierby vir ’n koel voorkoms.
- ’n Strik (pussy bow) hemp en balletstyl skoen is ’n mooi kombinasie saam met dit
Jou skoene is belangrik
Met die styl trek jou skoene aandag, maak seker hulle is mooi.
- V-punt skoene kan jou bene langer laat lyk.
- Neutrale kleur skoene kan ook die illusie van langer bene skep.
- Vermy stewels met volume om die enkels, ’n kort enkelstewel met spasie tussen jou denim en stewels werk die beste.
- ’n ‘Kitten heel’ lyk elegant hierby.
- Balletstyl skoene, loafers en Mary Jane style werk ook goed.
- Vermy skoene wat om die enkels vasbind aangesien dit jou bene korter kan laat lyk met die styl.

Wyepyp, hoë middellyf denim
Hierdie elegante denimstyl is noupassend om die middel en pas wyd en los oor jou heupe bobene en hele been. Die soom is gewoonlik net bo die grond.

Korter/petite
Jy mag dalk voel of jy verdrink in die styl. Laat maak gerus jou soom korter sodat dit net bo die grond sit. Dra platform of wighakke vir ekstra lengte.
Beklemtoon jou middel
- Dra korter gesnyde baadjies. (Die cropped trench is juis nou hoogmode!)
- Dra ’n gordel.
- Steek jou hemp in.
- Vermy lang, lospassende bostukke.


Skoene
Loafers, puntskoene, balletskoene en blokhakke is goeie keuses.
Vermy hoë stilettos, die lang dunk hak kan ook proporsie lyk me die wye lang pyp (en jy mag dalk net jou pyp raaktrap en val).
Wyepyp, hoë middellyf denim met omgeslaande soomlyn

Dieselfde as bo (hoë middellyf denim) maar die soom lyk asof dit omgeslaan is. Dit is ’n trendy styl op die oomblik.
Mom jeans
Dink aan die ma’s van die 80’s. Die denimstyl sit hoog om jou middellyf, lospassend om jou heupe, boude en bobene met ’n effense nouer been aan die onderkant rondom enkels.

Hou jou voorkoms gemaklik (maar nooit slonsig)
- Dink ‘cool’ ma, nie tannie nie.
- Hou die res van jou klere en bykomstighede minimalisties en modern.
- Vermy ‘mammarige’ fieterjasies soos frille en valle en oordadige blompatrone.
- Dra gerus ’n denimbaadjie of hemp hierby om ekstra koel te lyk.

Skoene
Wys gerus jou trendy tekkies of loafers.
Boyfriend jeans
Dink hoe jy in ’n man se jean sal lyk, hierdie is ’n gepoleerde weergawe daarvan. Die lospassende denimstyl sit laer in jou middel en het ’n amper slonsige, ingeleefde gevoel.

‘Manlike’, sportiewe voorkoms
Omarm die manlik gevoel met elemente soos
- ’n oorgroot hemp (ingesteek of oopgeknoop met ’n styfpassend frokkie daaronder).
- Keps
- ‘Dad’ tekkies
Lyk sexy met
- ’n Blazer en styfpassende bostuk daaronder
- Hakke
- Rooi lippe
Lyk netjies met
- ’n gordel
- Ingesteek hemp
- Loafers

Wees insteekslim
Ken jou insteekstyle. Met hoë middellyf denimsnitte wat hoogmode is, is dit belangrik om jou hemp in te steek.

Dateer jou denimvoorkoms op met hierdie items
Onderbaadjie/gebreide frokkie


Gestreepte hemp

Bottergeel

Denim by denim



Kort baadjie

Punt skoene


Balletstylskoene


Mules

Loafers

Gordel

Die artikel is geborg deur Woolworths





