Dekorgeskenke vir Kersfees

Hier is ’n klompie kersgeskenk-idees vir jou dekorin Ma, sussie of vriendin wat mooi huisware asemhaal en slaap! Nie net mooi dekorelemente nie maar ’n paar dekorgeskenke vir daardie vriendinne wat ook graag onthaal. Loer hier vir 26 kersgeskenk idees vir dekorliefhebbers. Deur Justine Kroes

27/11/2023

’n Unieke blompot

Verby is die dae van vervelige glasblompotte in oninteressante ontwerpe – skenk jou dekorliefhebber vriendin met ’n unieke blompot dalk iets kleurvols met ’n interessante vorm.

Country Road Frances Small Vase (R799)
Poetry Aqua Vase Large (R299)
H&M Large Stoneware Vase (R399)

Lekkerruik vertrekke

’n Kers of lekker ruik diffuser is alewig op huishenne se kooplysies – kyk net hoe luuks is hierdie:

Babylonstoren Somertuin Diffuser (R850) ruik soos ’n somerstuin – maar in jou huis!
Circa Blood Orange Diffuser (R855 vir 250ml)
Kyk hoe oulik is die Amanda Jayne Four Tin Candle Gift Set (R709)

Vir die tafel

Tafeldek is is vir dekorinne ’n belangrike storie – hier is ’n klompie bykomstighede vir die volgende tafel wat sy moet dek:

Moodmakers tafellampies vervang kerse vir ’n moderne gevoel – beskikbaar in verskeie skakerings.

Moodmakers Porcini (R1 100)
Moodmakers Porcini (R1 100)

Cards for conversation (R399) hou die gaste gesellig met hierdie oulike boks met 52 kaarte wat vrae en lekker saam lag aanmoedig

Cards for conversation (R399)

In plaas van servetringe – kyk hoe oulik is hierdie leer sleutelhouers wat op die tafel gebruik kan word vir naamplekke – of ’n mooi boodskap. Jou onthaalvriendin sal hiervan hou met haar gesin se name daarop. Tags by Elysian (vanaf R36 per “tag”)

Weggooi plekmatjies – ideaal vir die vriendin wat graag (en gereeld) onthaal of ’n huis vol mense die Kerstyd gaan hê. Maklike mooi basis vir tafeldekor. Kyk net na al die verskillende patrone en ontwerpe:

Macaroon Disposable Placemats Blue Lemon (R280); Macaroon Disposable Placemats Ruby (R280)

Tafel linne. Lapservette en mooi tafeldoeke word altyd waardeer.

Linen House Revan Stripe/Check Napkins 4 Pack
’n Mooi tafeldoek was nog nooit ’n slegte idee nie – Poetry Checked Tablecloth (170×250) (R1 599)

Opskep, opdis en eet

’n Onthaal vriendin sal altyd dankbaar wees vir nog ’n stel opskeplepels, vurkies of kaas messies, kyk net hoe mooi:

H&M Wooden Salad Servers (R299)
Poetry Coral Salad Servers (R499)
Poetry Enamel Cake Fork Set (R379)

Dekorgeskenke vir die kinders

Ma’s probeer alewig die huis netjies en in orde hou, maar terselfdertyd mooi en prettig vir kinders, hier is ’n paar mooi en slim stoorplek idees:

Kyk na hierdie prettige mandjies vir stoorplek Linen House Storage Basket
Baskiti CO Nursery Bundle – ’n Hangplek vir allerhande kinderjasse, hoede en speelgoed plus ’n stoormandjie daarby (R900)
iKids Wooden Book Shelf (R990) is ’n oulike boekrak waar kinders self by al die boeke kan uitkom en lyk boonop so mooi

Buite kuier en onthaal dekorgeskenke

‘n Vuurpit klein genoeg om rond te skuif en perfek vir marshmallows braai. Hier is ‘n paar opsies:

Concreo & Co Medium Elegant Firepit (R799)
Concreo & Co Mini Tabletop Fire Pit (R199)

Groenvingers

’n Plant of planthouer vir die vriendin met groenvingers:

Plantify Prayer Plant (R325)
Babylonstoren Indoor Oasis (R990) ’n geskenkboks vir huisplante of kruie – die boks bevat; Haws watering can – sage; Terracotta watering spike; Slate plant marker; Sage planter – medium
Sixth Floor Planter with Stand (R999 Superbalist)

Kuns “prints”

Kleurvolle kunsuitdrukke vir die vriendin wat dalk met ’n “gallery wall” spog of dalk nog wil.

Marie Louise Koen Clifton #3 Art Print (R1 075)
Nifty Posters Matisse Abstract 23 Art Print (R190)
Nifty Posters Wild Swim By Henry (R190)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Stileer jou teepartytjietrollie so:
error: Content is protected !!