9 Slim dekor-idees vir jou buitearea

Het jy dalk ’n bietjie inspirasie nodig om jou buitearea meer leefbaar of mooi te maak? Of jy nou ’n klein balkon, patio of reuse stoep het, met ’n paar doelbewuste veranderinge kan selfs die eenvoudigste stoep jou gunsteling plek word om te ontspan.

Hier is 9 vars en praktiese idees om jou buitearea te verfris. Deur Justine Kroes

9 Dekor idees vir jou buitearea

1. Skep ’n lewende plantmuur

’n Vertikale tuin is ideaal vir kleiner spasies of vir kaal mure. ’n Plantmuur bring lewe en kleur na ’n spasie sonder om kosbare vloerplek op te neem.

Hier is ’n paar handige wenke vir jou eie plantmuur:

Gebruik modulêre muurplanters om jou eie plantmuur te bou.

Gebruik ook hangpotte of selfs ’n trellis oftewel traliewerk vir jou plante om teenaan die mure te groei.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Kombineer verskillende tipes plante vir diepte en interessantheid. Byvoorbeeld klimop (ivy) met ’n Monstera plant wat regop staan. Kombineer ook klein en groot plante vir ekstra diepte en variasie.

Indien daar min sonlig op jou plantmuur val, kies skaduplante wat goed sal werk en oorleef in die spasie.

Blomme in helder skakerings of selfs potte in helder skakerings in jou plantmuur gee vir jou buitearea ’n dopamien hupstoot!

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

2. ’n Nuwe mat vir buite

Onthou jou mat dien as ’n anker in jou spasie, nie net in jou binne leefarea nie, maar ook buite. Deur ’n mat by jou buite area neer te lê, laat dit soos ’n regte “ruimte” of “kamer” voel. Dit skep dadelik warmte, ’n knus gevoel en anker die area as ’n intensionele buite leef- en onthaalspasie.

Hou dit in gedagte wanneer jy matte kies vir jou buitespasie:

Kies weerbestande materiale soos polipropileen, dit vee maklik skoon en word vinnig droog.

Kies patrone of skakerings as jou meubels neutraal is, of jou spasie en meubels komplementeer.

Foto: Pinterest

Die regte grootte mat is belangrik, die meubels behoort gedeeltelik op jou mat te staan.

Lees ook hierdie: Hier 7 redes waarom ‘n mat ’n moet is.

3. Meng en pas verskillende stoele

Verruil jou stel wat eksie perfeksie bymekaar pas, met verskillende style stoele. Hierdie truuk skep onmiddelike ’n interessante dekorstelling.

Foto: Pinterest

Hou afwerkings van verskillende stoele min of meer dieselfde.

Gebruik hierdie dekor stileertruuk om ’n bietjie kleur by jou buitearea te voeg.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Kombineer verskillende tipe stoelstyle, byvoorbeeld meng en pas ’n stel, of bv bankies.

Foto: Pinterest

Hou jou tafel eenvoudig sodat jou stoele kan uitstaan.

4. Probeer ’n dagbed

’n Dagbed kan wonders doen in daardie stil hoekie van jou stoep of tuin waar jy nie weet wat om te doen nie. Dit sal jou buitearea soos ’n luukse vakansie wegbreek laat voel.

Wenke vir jou buitearea dag/kapbed:

Indien jy ’n losstaande bed wil gebruik, kies ’n stewige weerbestande raam.

Versier jou dagbed met ’n klomp sagte kussings.

Foto: Pinterest

Onthou om weer (son en reën) bestande materiale te kies. Of skep ’n slim stoorplek vir al die buitelinne en kussings.

Jy kan ook ’n dagbed uit bakstene bou en pleister.  Maak eenvoudig vir bo-op ’n kussing in jou gunsteling streepmateriaal – kyk net na hierdie sjiek idees

Foto: Pinterest

5. Skep ’n geselshoekie

Ontwerp jou geselshoekie met konneksie in gedagte, dink aan gemaklike meubels en dekorelemente, nie net die uitleg van meubels nie. Hierdie tipe beplanning moedig langer kuiers, lekker lag en langer gesels aan.

Wenke vir jou eie geselshoekie:

Rangskik sitplekke sodat al die mense na mekaar kyk, nie na mure toe nie.

Foto: Pinterest

Rangskik stoele naby mekaar vir ’n gemaklike geselservaring.

Voeg ’n lae tafeltjie of ottoman by vir bêreplek vir versnaperings en drankies.

Foto: Pinterest

Maak gebruik van slim stileertruuks soos die gebruik van ’n mat of hangende beligting om die area visueel te anker, bymekaar te bind en knus te laat voel.

Foto: Pinterest

6. Beligting is belangrik

Sodra die son sak, verander die gevoel van jou buitespasie byna onmiddelik, omskep jou donker buitearea in ’n area vol lewe met ’n warm en uitnodigende atmosfeer met die slim gebruik van beligting.

Foto: Pinterest

Wenk vir jou buitearea se beligting:

Maak gebruik van warmer eerder as koeler ligte vir ’n sagte atmosfeer wat oop en verwelkomend voel.

Foto: Pinterest

Besluit ook watter tipe liggies jy graag wil gebruik, feetjieligte, gloeilampliggies of verskillende tipes hangende beligting. Of kombineer al die verskillende ligte in lae om ’n sagter gevoel te skep.

Foto: Pinterest

Span jou liggies bo-oor jou pergola, teen mure of rondom pilare.

Sonkrag opsies is maklik, dit hou langer en is energiedoeltreffend.

7. Verf jou stoepvloer

Indien jy dalk verveeld voel met jou huidige patio of stoepvloer, verf dit!

Foto: Pinterest

’n Slim, koste effektiewe opgradering vir jou buitearea se vloere, jy sal verbaas wees hoe hierdie verandering nuwe lewe in jou stoep of buite onthaalarea kan blaas.

Foto: Pinterest

Vloerverf wenke:

Gebruik slegs verf wat spesifiek vir buitevloere gemaak is.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Probeer ’n prettige patroon verf, verskillende skakerings strepe of ’n geometriese patroon vir ’n teëleffek.

Foto: Pinterest

Hou by neutrale skakerings vir ’n tydlose styl of kies iets helder en uniek mits die res van jou meubels en dekor eenvoudig en neutraal is.

Foto: Pinterest

Onthou om jou geverfde vloer te seël sodat die verf langer sal hou.

8. Hang deursigtige (sheer) gordyne

Foto: Pinterest

Indien jou buitearea onderdak of ’n pergola is, maak gebruik van ligte en effense deursigtige gordyne. Hierdie dekor stileertruuk bring beweging, privaatheid, sagtheid en skadu in ’n oogwink.

Wenke vir jou buitegordyne of materiaalpanele:

Gebruik materiaal wat geskik is vir buite.

Foto: Pinterest

Hang jou deursigtige gordyne aan pale, of ryg ’n dun draad daardeur en hang teen jou mure of pergola.

Foto: Pinterest

Bind jou luukse vakansie-oord gevoel gordyne vas gedurende die dag en laat dit waai en wapper saans.

Foto: Pinterest

Ligte, neutrale kleur gordyne bly tydloos en skep ’n luukse gevoel.

9. Laat binne en buite saamvloei

Maak seker jou binne en buite leefareas vloei gemaklik van die een na die ander, hoekom? Dit laat jou huis groter, en meer intensioneel en samehangend voel.

Hiers hoe om dit reg te kry:

Herhaal kleure, skakerings en materiale of patrone van binne ook in jou buitearea.

Maak gebruik van soortgelyke matte, kussings of meubelstyle.

Foto: Pinterest

Houe deure en oorgange tussen die twee spasies visueel oop indien moontlik.

Maak gebruik van dekoritems wat as “binnehuis” versier items geklasifiseer word ook in jou buitespasie, soos byvoorbeeld spieëls, sytafeltjies en lampe.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
natuurlike skoonmaakmiddels
Herstel jou huis se mikrobioom met natuurlike skoonmaakmiddels
error: Content is protected !!