Bruin is die nuwe swart, dra dit in 2025 so

Skuif verby swart, bruin is besig om ’n reuse oomblik in die modewêreld te hê. Meestal danksy aan Mocha Mousse wat aangekondig is as Pantone se “kleur van die jaar” vir 2025. Hierdie is ’n warm, ryk, sjokoladebruin en is die nuwe gunsteling onder modeliefhebbers en ons verstaan hoekom. ’n Skakering wat tydloos bly met ’n tikkie nuutheid daarby – beslis een van die top moet-hê skakerings vir jou klerekas hierdie jaar. Hier is 4 wenke om bruin vir 2025 reg te stileer. Deur Justine Kroes

13/06/2025

4 Wenke om bruin te dra/stileer in 2025

Meng verskillende bruin skakerings en teksture

Moenie bang wees om verskillende skakerings bruine saam te dra nie, hetsy dit nou een monokromatiese bruin skakering van kop tot tone is of verskillende skakerings van bruin bymekaar nie.

Verskillende skakerings van bruin (Fotos: Pinterest)

Wenk: Die truuk hier is om verskillende teksture in jou bruin uitrusting te kombineer, dink aan ’n trui met ’n leerromp en sweedsleer jas. Monokromatiese bruin lyk dadelik meer sjiek en elegant met die kombinasie van verskillende teksture soos satyn, wol of leer almal in bruin bymekaar.

Monokromatiese bruin (Fotos: Pinterest)

 Kombineer bruin met ander kleure

Bruin is nie net die moet-hê skakering van die oomblik nie – dit is ’n seisoenlose neutraal – en werk by byna enige ander kleur.

Bruin is een van daardie kleure wat goed werk met beide sagte neutrale en meer helder skakerings. Die truuk hier is om aan jou donkerbruin te dink as ’n neutrale skakering (soos wat jy sou met ligbruin of beige). Hier is ’n paar van die gewilde kleurkombinasies met bruin waarvan ons hierdie seisoen hou:

Pienk en bruin:

(Fotos: Pinterest)

Van helderpienk tot sagte vuilpienk, hierdie vrolike, vroulike kombinasie werk so goed saam. Loer gerus hier hoe ons dit dra.

Bruin en grys:

(Fotos: Pinterest)

Ja dalk nie die mees opwindende kleurkombinasie nie, maar dit lyk so sjiek en stylvol saam. ’n Moet-probeer vir die winter.

Bruin en bottergeel:

(Fotos: Pinterest)

Hierdie kombinasie sal selfs die ysigste winterdag warmer en meer sonnig laat voel.

Bruin en blou:

(Fotos: Pinterest)

Hierdie een is maklik, jou blou opknoophemp by ’n bruin broek of bruin leerromp. Selfs jou denim tel as blou, onthou. Dra dit gerus by jou bruin.

Bruin en rooi:

(Fotos: Pinterest)

Rooi is nou al ’n rukkie lank ’n gewilde skakering onder modeliefhebbers en die kombinasie van bruin en rooi voel perfek vir die winter.

Wenk: Indien jy nog nie gemaklik voel om bruin en ander skakerings saam te dra nie – eksperimenteer met gekleurde bykomstighede. ’n Wonderlike manier om kontras in jou monokromatiese bruin uitrusting te bring.

(Fotos: Pinterest)

Gebruik bruin as jou nuwe “base outfit

Skuif verby swart – Ons dink bruin is net so elegant soos swart (veral donkerbruin) maar is tog sagter en warmer as swart.

Die idee van ’n “base outifit” is om aantrek vir jouself makliker te maak. Jy gebruik jou basisuitrusting en bou daarop met jasse, verskillende baadjies, hemde en bykomstighede om ’n doodgewone bruin uitrusting in iets heeltemal anders te omskep na elke aantreksessie.

Mango Double Breasted Linen Trench (R3199); Mango Trainers with contrasting stripe and suede panels (R2299); Mango Bucket Bag with Buckle (R1299); Zara Collection Oversized Blazer (R2299); Mango High Waist Straight Jeans (R1299); Mango Round Neck Knitted Sweater (R899); Mango Midi Satin Skirt (R1299)

Maak donkerbruin (of mocha mousse) jou nuwe gunsteling neutraal en koop jou stapelitems vir jou basisuitrusting daarvolgens. Kyk na stapelitems soos ’n bruin blazer, wyepypbroek, romp, trui en jas wat almal gebruik kan word as jou anker mode-items vir die winterseisoen. Hiervandaan is daar byna honderde uitrustingopsies waarop jy kan bou om bymekaar te meng en pas.

Wenk: ’n Bruin pak of bypassende stel is ’n veelsydige kopie, dink aan al die verskillende uitrustings, ’n T-hemp en tekkies of ’n blou opknoophemp vir meer formeel. En dan natuurlik die broek en baadjie wat apart gedra kan word.

Zara Straight Fit Blazer with Belt (R1699); Zara Multi Position Trousers (R1299)

Bruin bykomstighede – moenie hiervan vergeet nie

Bruin skoene, gordels en handsakke bly nou maar vir altyd tydloos, maar in 2025 is hul in die kol modenuus. Kies ’n mocha mousse handsak met struktuur en ruil gerus jou swart stewels vanjaar uit vir ’n donker sjokoladebruin paar. Probeer bruin gordels, strikke vir jou hare of selfs bruin serpe.

Luella Punchout Logo Bowling Bag (R699 Bash)

Wenk: Onthou bykomstighede is die maklikste manier om te toets of jy werklik van ’n kleur hou en graag meer daarvan sal wil dra.

Mr Price Hair Clip Bow (R29,99)
Foshini Croc Slim Oval Buckle Narrow Belt (R99 Bash)
Zara Studded Knee High Boots (R1399)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Jou Valentynsdag stylgids; uitrustingidees en inspirasie
error: Content is protected !!