Brilraam trends op ons moderadar

Tyd vir ’n nuwe brilraam maar g’n idee wat nou in die mode is nie? Moet jou nie bekommer nie, dit was self tyd vir nuwe brilrame hier by Stylvol en Adele Camarena van Spectacle World se uiteensetting van brilraam trends het ons keuses net makliker gemaak. Lees hier vir die huidige brilraam trends en deel gerus met jou vriendin wat ook ’n nuwe brilraam benodig. Saamgestel deur Justine Kroes

Brilraam trends

Adele Camarena, eienaar en direkteur van Spectacle World sê die huidige brilraam trends kombineer elegante, dramatiese en speelse style met retro-geïnspireerde ontwerpe. Dink aankat-oog en asetaatrame wat ’n stelling maak terwyl hoekige rame weer ’n sterk kontras skep.

“Individualiteit is die steutel tot styl vir hierdie seisoen” verduidelik Adele. Bril dra het deur die jare ontwikkel en word nou ook as ’n noodsaaklike stylelement geag. Die nuutste reeks brilrame op ons radar kombineer gesofistikeerde styl met kontemporêre trends, terwyl volhoubaarheid in materiale en produksie ten volle omhels word.

“Daar is ‘n brilraam daarbuite vir elkeen watookal jou styl of stylpersoonlikheid”.

Adele Camarena, Spectacle World

1. Versierings

Versierings op brille raak al hoe meer gewild, klein charms en versierings wat bygevoeg kan word maar brilraam opsies al hoe meer persoonlik. Hierdie tendens om “die bykomstigheid te versier” beklemtoon die groeiende begeerte na individualiteit en selfuitdrukking in modekeuses.

2. Retro-geïnspireerde rame

Dink aan kat-oog, asetaat (acetate) rame wat ’n stelling maak.

Meer hoekige weergawes van die kat-oograam bied struktuur en definisie terwyl sagter weergawes van hierdie styl effense “gesig liggende” eieskappe het.

“Die kat-oog styl bly klassiek vir ’n rede, ’n styl wat ’n stelling maak terwyl dit tydloos en sjiek bly. Beslis ’n voorkomshupstoot vir enige iemand se klerekas” vertel Adele.

Kat-oog brilrame beklemtoon jou wangbeenstruktuur en kan deur die meeste gesigvorms gedra word, mits die grootte van die raam en kleur jou goed pas”, is Adele se raad.

Die facelift, maar sonder die facelift.

2. Volhoubare rame

Volhoubaarheid bly ’n onderwerp van belangrikheid en selfs noodsaak onder sekere verbruikers. Met hierdie in gedagte het die meeste handelsname in die brilraam industrie fokus daarop geplaas om brilrame uit herwinbare materiale te skep.

Vandag word brilrame grootendeels uit herwinbare materiale soos plastiek, bamboes en bio-afbreekbare asestaat geskep en hierdie bewys dat eko-bewustheid en styl saam kan bestaan.

Adele sê “Die nuutste volhoubare ontwerpe bewys dat jy nie jou persoonlike styl hoef op te offer om eko-vriendelike keuses te maak nie”.

3. Oorgroot rame

Maksimalistiese rame is in. Dik, 70’s-geïnspireerde ontwerpe wat ’n mode stelling maak. Dink aan daardie dikraam brille in sagte vierkantige vorme. Hierdie nostalgiese rame het die sjarme van die 60’s, 70’s en 80’s maar met ’n moderne aanslag.

“As jy graag ’n stelling wil maak met jou voorkoms, is hierdie die raamstyl vir jou, uniek, uitdagend en vol persoonlikheid” vertel Adele.

Pasop – klein, smaller gesigvorms kan maklik verlore raak in so ’n groot bril-styl”.

4. Geometriese vorme

Van rame met agt hoeke tot sagte ronde brilrame, geometriese (angular) brilrame is vanjaar al hoe meer gewild en bied ’n unieke dramatiese flair. Adele sê “hierdie tipe raamstyle kombineer ’n tikkie drama maar daarby ook ’n styl wat tydloos en elegant bly”

5. Minimalistiese en raamlose ontwerpe

Dink aan dun metaalrame of heeltemal raamlose brilraamontwerpe vir die wat subtiele elegansie verkies. Die minimalisitiese raamontwerp bly ’n gunsteling, ontwerp met dun metale en details wat jou aan die 90’s laat terugdink.

Raamlose brille geniet ook tans ’n nuwe gewildheid onder die wat brille kies.

Albei hierdie brilraamstyle bied ’n welkom balans teenoor die ander brilraam trends wat ’n duidelike stelling maak. Hierdie raamstyle laat ons dadelik aan die “stille luuksheid” modetrend dink.

“Minimalistiese dun metaalrame en raamlose ontwerpe is perfek vir die persone met fyner gelaatstrekke of vir enige iemand wat ’n subtiele maar steeds gesofistikeerde voorkoms verkies” vertel Adele.

Ons dink metaalbrilrame en verskeidenheid metaalskakerings skep ’n sjiek minimalistiese voorkoms. ’n Goeie opsie vir die minimalistiese en klassieke stylpersoonlikheid.

6. Pastel asetaat rame

Dink aan brilrame in allerhande sagte pastel skakerings van warm perske, sagte geel, grys en blou vir ’n sagte, vleiende voorkoms.

Die perske en warm geel pastel brilrame sal warmer veltone komplementeer waar die grys en blou pastel skakerings die met ’n koeler vel ondertoon beter sal pas.

Gradiënt kleur kombinasies is ook gewild met ‘n donkerder kleur bo wat wat ligter na ’n ander kleur verander na die onderkant van die raam toe. Hierdie kleur truuk trek oë bo na die donkerder skakering toe wat ook ’n gesig-liggende effek skep.

7. Gekleurde lense

Lense met kleur is vanjaar groot nuus. Dink roos pienk en lig blou, kleur met raamlose brille. Minimalistiese, uitstaan rame vir die persoon wat nie bang is vir kleur dra nie.

8. Moderne plat bokant rame

“Flat-top frames” of “bold brow-line” rame soos die styl bekend staan, skep ’n baie moderne voorkoms. Adele verduidelik “hierdie raamstyl beklemtoon jou wenkbroue, en skep die gevoel van ’n sterk en selfversekerde voorkoms.”

9. Futuristies

Onverwagte vorme en groottes in futuristiese ontwerpe is aan die orde van die dag. Klein rame wat lyk na iets wat uit ‘n baie moderne toekoms kom, in avant-garde styl ontwerpe en interessante kleure.

10. Hierdie skakerings is ook tans groot nuus:

Psst:  Die “eyewear stylists” by Spectacle World kan jou help om die perfekte skakering vir jou gelaat te vind. Die Spectacle World span bied ’n 45 minute brilraamkonsultasie aan om onder andere jou kleurtipe te vind, en maak gebruik van die internasionale ‘Colour Me Beautiful’-sisteem. Die stilis sal jou vel-ondertoon, die kleur van jou oë asook die kleur van jou hare in ag neem om te bepaal watter skakering brilraam die heel beste by jou gaan pas.

Kersietamatierooi: ’n Helder rooi wat ’n klomp verskillende veltone goed pas.

Sonbrandbruin; ’n warm bruin wat die met ’n goue ondertoon goed sal komplementeer.

Reënwoudgroen; ’n diep donkerder groen wat goed sal lyk op die met ’n koel vel ondertoon.

Helderblou; ’n Kraakvars blou skakering wat die met ’n koel ondertoon se gelaat sal beklemtoon.

Speserygeel; ’n ryk, warmer geel wat weer by warmer vel ondertone sal pas.

Skaapvel; ’n sagte beige skakering wat die met donker gelaatstrekke sal balanseer.

Iguanagroen; ’n Warm groen wat aardse skakerings sal komplementeer.

Pampoen; ’n dieper burgundy oranje skakering wat by beide koel en warmer vel ondertone sal werk.

Aandblou; ’n diep navy skakering wat warmer en koeler ondertone komplementeer.

Stormgrys; ’n veelsydige grys wat beide warmer en koeler veltone komplementeer.

Indien jy jou eie brilraamkonsultasie wil bespreek, kontak gerus die hulpvaardige span by Spectacle World, klik hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Die snoesige “Teddyjas”-trend, sal jy hierdie wintermode dra?
error: Content is protected !!