Blou is in; dra dit so

Kellygreen en #barbiecore pienk bly gewilde skakerings in die modewêreld, maar blou hou nie op die oomblik terug nie. Blou is tans volop in die winkels en ons vermoed die helderblou, ligblou en hemelsblou skakerings sal al hoe meer gewild raak soos wat ons in die lenteseisoen in beweeg. Voorkomskonsultant Ronel le Roux deel haar kleurkennerswenke met ons as jy dalk huiwerig is om dit op jou eie aan te pak: Deur Justine Kroes

19/08/2022

Dié blou pas by almal

Ronel beskryf die kleur blou wat die meeste mense kan dra; “’n Neutrale blou, nie te warm of te koel in temperatuur nie; ’n medium skakering, so nie te lig of te donker nie.”

Nog ’n element om te oorweeg is die intensiteit van die kleur, dit is hoe helder of vaal ’n item in kleur is; ’n goeie middepunt tussen die twee is altyd ’n goeie opsie.

Pantone se Classic Blue en French Blue is albei goeie neutrale voorbeelde.

Vind die beste blou vir jou

Ronel sê “Daar is ’n blou vir elke veltoon, as jy al ooit ’n kleuranalise laat doen het, sal jy weet presies watter blou die beste een vir jou is, maar vir die wat nog nie het nie, is die volgende elemente belangrik om te oorweeg;”

  • ’n Blou met ’n warm ondertoon is beter vir enige iemand met ’n geel veltoon
  • ’n Blou met ’n koeler ondertoon is beter vir enige iemand met ’n pienk veltoon
  • Donker hare kan wegkom met dieper blou skakerings waar blonde hare kan wegkom met ligter blou skakerings.

Blou dra-wenke en reëls:

Ronel deel haar top kleurkennerwenke vir blou:

Mango Coat Medium Blue (R2799 Superbalist)

Volg die 80/20 reël:

Indien jy nie heeltemal seker is wat jy verkies of die beste by jou pas nie, is ’n veilige opsie om die 80/20 reël te volg. Dit beteken 80% van die kleur bo jou middel moet reg wees en 20% kan verkeerd wees.

Byvoorbeeld om so veel as moontlik van jou vel naby jou gesig oop te hou:

Toppies met bandjies of ’n lae hals in plaas van ’n halternek of toe arms.

Of ’n neutrale kleur in ’n toppie gekombineer met blou in die jas of baadjie:

Dan is 80% die regte kleur saam met 20% van die uitrusting in die verkeerde kleur.

Huiwerig? Probeer die:

Begin klein, blou hoef nie oral te wees nie en dit hoef nie ’n volledige uitrusting te wees nie.

Begin met ’n blou handsak, oorbelle, serp of skoene.

Forever New Elouise Knot Satin Headband (R149)
Forever New Sasha Ring Grab Bag (R599)
Forever New Jaimi Swirl Drop Earring (R179)

Probeer ’n subtiele blou patroon, ietsie wat nie te veel aandag trek nie, en dan soos jou liefde vir die kleur groei, kan jy meer waaghalsig wees en die blou in groter dele van die uitrusting beklemtoon.

Zara Wrap Blazer Dress (R1299)

Wees versigtig vir swart en vlootblou:

Wees versigtig vir vlootblou en swart saam, dit word soms verwar as dieselfde kleur as gevolg van die kleurintensiteit. Indien jy dit oorweeg, probeer om verskillende teksture te meng sodat dit verskillend genoeg lyk van mekaar.

Wees avontuurlustig

Wees avontuurlustig en speel met kleurkombinasies, dis groot hierdie seisoen en dis nou die kans om daarmee weg te kom. Kombinasies soos blou en groen is stylvol en indien jy bietjie skrikkerig is vir groot kleurblok opsies, oorweeg dit om jou bykomstighede in ’n komplimentêre kleur te dra. Dit gee finesse aan enige uitrusting.

Hier is ’n paar gunstelinge op ons wenslysie:

Country Road Cropped Wrap Shirt (R1299) Maxi Skirt (R1499)
Mango Olivia Blouse (R799 Superbalist)
Superbalist Wrap Babydoll Dress (R699)
Woolworths Single Button Blazer (R699)
Forever New Ester Satin Pleated Skirt (R1099)
Woolworths Striped Cotton T-Shirt (R129)
Trenery Bold Ocelot Flutter Sleeve Dress (R1299)
Forever New Dion Pleat Mini Dress (R1599)
Zara Culotte Trousers (R799)
Woolworths Bright Blue Cotton Face T-Shirt (R179)
Mango Dress Medium Blue (R799)
Forever New Eva Satin Shirt (R899)
Mango Leather Ballerina Flat (R799)
Mango Square Buckle Belt (R599)
Mango Braided Baguette Bag (R1199)

Meer oor Ronel le Roux

Is ’n voorkomskonsultant, kleurkenner asook ’n haar- en grimeerkunstenaar. Ronel bied ook opleiding aan vir Image Innovators SA. Om Ronel te kontak vir ’n konsultasie klik hier. Volg vir Ronel op Instagram hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Karen Taylor Franse modelessse
Franse modelesse
error: Content is protected !!