Na jare van koue enkels en sokkies wat eens net met skooluniforms en sportdrag geassosieer is, maak sokkies nou weer ’n modestelling. Maar vreemd hoe die nederige sokkie skielik intimiderend voel om te dra. Hier is wenke hoe jy weer sokkies kan begin dra en met selfvertroue wys. Deur Suzanne Kotzé.
1. Begin langer sokkies dra by sportdrag

Ek het begin deur my enkelsokkies vir ‘crew socks’ te verruil by my oefenbroeke. Dit is ’n maklike gewoond raak-manier van sokkies dra.
As jy van ’n monokromatiese voorkoms hou, hou jou sokkies by dieselfde skakerings as die res van jou uitrusting. Byvoorbeeld, bruin oefenkleure met ligbruin sokkies of eers alles swart en dan waag jy later met ander kleure sokkies.
Falke se Cool Crew socks (R169, Falke) is my gunstelinge as dit kom by oefensokkies.
2. Hou dit subtiel met sykous-sokkies


Swart sykous-sokkies met ’n effense patroon saam met ’n swart broek wat enkels wys en ‘loafers’ was my volgende stap.



3. Tekstuur vir maklik om te dra


Nog ’n maklik om te dra/minder intimiderende manier van sokkies dra is om tekstuur eerder as patroon te kies.



4. Sit patroon by


Noudat jy gewoond is aan sokkies wys, is dit tyd om ’n patroon by te sit. As jy byvoorbeeld swart dra, hou by swart met nog een kleur soos wit of room by.


5. Speel met kleur


Die maklikste is om met ’n subtiele kleur/patroonkombinasie te begin wat die kleur van een klere-item, soos jou romp, broek of bostuk optel. Of selfs jou handsak.
6. Saam met rompe/rokke



Noudat jy gewoond is aan sokkies wys, is dit tyd om te begin ‘waag’ met rompe en rokke. Dit is die maklikste om dit saam met maksi-rompe te begin dra, voordat jy aanbeweeg na midi-rokke/rompe of korter.
Sokkies met mooi detail om die rand werk goed saam met midi-rokke of rompe. Kies jou sokkielengte sodat dit nie op die wydste deel van jou kuit eindig nie.
7. Maak ’n modestelling met sokkies en hakke









Sokkies saam met hakke is die modebewuste keuse. As jy reg is om ’n stelling te maak, is hiedie jou volgende stap. Sykous sokkies met patrone op wat die kleur van jou romp en/of skoene optel is goeie keuses. Langer knielengte sykousstyl-sokkies is ook ’n gewilde keuse.






8. Jou skoene maak saak
Sokkies werk veral goed saam met ‘loafers’, tekkies, balletstyle-skoene en klompe. Lae mules (puntskoene) werk goed as jy hakke verkies, en as jy waaghalsig is, dra dit soos die tieners saam met Birkenstock-styl sandale.


















