Dink aan denimrompe as jou jeans vir die somer, maar net koeler. Ons het onlangs altwee denimrompe gekoop en was op soek na inspirasie oor hoe ’n mens dit dra, en deel dit hier. Deur Suzanne Kotzé
Die 90’s staatmaker denimromp is ’n stapelitem vir die somer. Kies dit gerus in plaas van jou jeans vir ’n koeler (ook temperatuursgewys) voorkoms.
1. Denimromp en staatmakerstrepe

Strepe en denim bly ’n klassieke staatmaker. Onthou om jou hemp in te streek by hierdie voorkoms. Jy kan natuurlik ook die ‘French Tuck’ doen waar slegs die voorste deel ingesteek is en die res bietjie uithang. Ons verkies neutrale skakerings, of blou en swart strepe by die voorkoms vir ’n minmalistiese voorkoms, maar ‘n tikkie kleur lyk net so mooi.


2. Saam met ’n sjiek onderbaadjie
Die seisoen se moet-hê sjiek onderbaadjie werk goed saam met alle rompe, so dra dit gerus saam met jou denimromp ook. Dit werk ewe goed saam met ’n blokhak, of gepunte skoene as saam met tekkies en ’n keps.
Wenk: kyk gerus vir langer opsies as jy selfbewus voel oor jou maag-area. Jy kan natuurlik ook die onderbaadjie oor ’n noupassende bo-stuk dra as armwys nie vir jou is nie.



3. Klassieke wit hemp
Met hierdie kombinasie kan jy nie verkeerd gaan nie. Dit lyk ewe mooi saam met netjiese skoene of helder tekkies en ’n lyfkruissak.
4. Wit T-hemp swart baadjie
Hierdie vooroms lyk moeiteloos stylvol. Dra gerus ’n gordel oor jou baadjie om jou middel te beklemtoon as jy van ’n meer gestruktureerde voorkoms hou.
5. Bypassende sweetpaktop en tekkies


Kies gerus dieselfde kleur sweetpaktop en tekkies. Die 90’s styl grafiese tipe sweetpakbostukke werk veral goed saam met die voorkoms.


6. Denim en denim

Denim saam met denim maak elke jaar sy terugkeer en hierdie seisoen is geen uitsondering nie. Jy hoef nie presies dieselfde kleur denim te dra nie (alhoewel dit baie koel lyk). As jy byvoorbeeld peervormig is, kan jy ’n ligter denimhemp en ’n donkerder romp dra.
Re Regular Fit Denim Shirt (R499, Woolworths)
7. Sportief, bomber baadjie, tekkies en keps


Hierdie voorkoms is ongeêrg en koel. As jou baadjie oorgroot is, dra gerus ’n stypassende T-hemp onder en maak seker ’n mens kan jou middel sien.


Denimrompe nou in die winkels




