Hier is 10 maklik om te dra modetrends met ’n paar slim stileer-idees daarby. Kreatiewe direkteur Desiree Jearey van Desray en modefoendi Candice-Lee Kannemeyer van In My Bag deel handige modewenke vir vroue 40plus, glo ons, hierdie wil jy nie misloop nie. Saamgestel deur Justine Kroes
16/05/2025
10 Maklik om te dra modetrends
1. Wynrooi/ boergonje (burgundy)

Diep elegante skakerings van rooi, wynrooi, boergonje en merlot is vanjaar groot nuus, vertel Desiree, hierdie trend is wonderlik omdat dit byna alle veltone komplementeer. Dit pas ook byna by enige winterneutraal van houtskool, denim, en selfs taankleurig en bruin.
Dra gerus jou maroen of burgundy soos dit onder modebekendes genoem word as ’n monokroom uitrusting – boergonje in monokroom van kop tot tone.
Dit speel ook goed saam met turkoois/blou die winter. Dra jou boergonje jas of bloes by jou blou jeans, of selfs ’n denimhemp by jou wynrooi romp.
Moet nie bang wees om te eksperimenteer met verskillende kleurskakerings by jou wynrooi uitrusting nie.
2. Bruin en Mokkabruin

Na aanleiding van die kleur van die jaar, Pantone se Mocha Mousse, is bruin natuurlik reuse nuus die winter en ons kan eenvoudig nie genoeg kry hiervan nie!
Dra gerus verskillende skakerings bruin saam. Dit werk ook goed saam met patrone soos tweed en check.
Indien jy huiwerig is oor die kleur, probeer eers net een item in bruin – skoene, ’n handsak of jas, dit sal vir jou ’n goeie idee gee oor hoe jy oor die kleur voel. En of jy ’n kop tot tone monokroom uitrusting van bruin sal kan of wil dra.
3. Manlike (maar steeds vroulike) silhoeëtte
Blazers en jasstyle is hierdie seisoen beslis meer gesien in oogroot/oversized silhoeëtte. Maar dra en stileer dit steeds op ’n vroulike manier.

Die geheim is om nie self groot te lyk nie maar steeds jou middel te beklemtoon. Dus is idee om die oorgroot style te verfyn met behulp van gordels om jou middel kleiner te laat lyk en proporsies te balanseer.
Onthou om die balans tussen manlik en vroulik in so ’n uitrusting te balanseer. Stileer die oorgroot jas of blazer met meer vroulike items soos byvoorbeeld balletskoene en ’n satynromp.
4. Kunsleer

Kunsleerbroeke en rompe is oral te sien in skakerings soos maroen/boergonje, bruin of selfs olyfgroen.
Moet nie bang wees vir kunsleer dra nie; indien jy skrikkerig voel vir ’n kunsleerbroek wat onvleiend gaan pas, kies liefs ’n kunsleerromp – die plooirompe is veral vleiend en hoog op ons wenslysie vanjaar
Dit kan stylvol en gesofistikeerd lyk of jy kan dit ’n bietjie meer edgy laat lyk. Speel met teksture as jy leer dra: ’n satynhemp, ’n trui en kunspels skep mooi kontras teenoor die kunsleer.
5. Barrel denims

Toe hierdie jeans laasjaar die loopplanke getref het, sou ons nooit dink dat dit iets is wat ons sal wil dra en dat dit boonop vleiend kon wees nie. Suzanne is gaande oor barrel jeans en vind dat dit juis vroue met kurwes ook vlei. Dra dit gerus saam met ’n styfpassende bostuk, ingesteek, en ’n blazer. Dit is belangrik om jou middel te beklemtoon en nie net oorgroot mode-items saam te dra nie.
Candice Lee Kannemeyer sê ook: “Ek is mal oor barrel jeans. Dit is die styl van die seisoen en pas my bou perfek.”
Pas gerus ’n paar aan – jy verbaas dalk net jouself!
Gebruik die kode Stylvol10Winter vir 10% afslag by Desray – klik hier
6.Kombineer luukse teksture

Hierdie klink dalk moeiliker as wat dit werklik is – met hierdie trend is die fokus om diepte en luuksheid in jou uitrusting te skep met twee of meer kledinstukke van luukse teksture by mekaar te dra.
Byvoorbeeld jou satyn of kunsleerromp by ’n woltrui en jou leerbaadjie bo oor.
Of dra jou leerromp met jou woltrui en ’n sweedsleerbaadjie of jas bo oor. Hierdie kombinasie van verskillende teksture skep ’n luukse winterwarm gevoel.
7. Denim (by denim)

Denim bly vanjaar ’n groot modetrend, van denimrokke, rompe, denim eenstukke (jumpsuits) tot selfs die allermooiste denim soldatestyl jasse.

’n Maklike manier om blitsvinnig jou denimvoorkoms meer trendy te laat lyk, is om jou denim by denim te stileer. Dra byvoorbeeld jou denimhemp by jou denimbroek of romp. Solank jou denim kombinasie in min of meer dieselfde kleurpalet is, sal jy in die kol modieus lyk.
Gebruik die kode Stylvol10Winter vir 10% afslag by Desray – klik hier
8. Grafiese T-hemde en truie

Hierdie is ’n eenvoudige manier vir ouer vroue om ’n tikkie pret by hul klerekas te voeg. ’n Helder T-hemp of trui met ’n grafiese ontwerp kan dadelik ’n meer jeugdige en modieuse voorkoms skep sonder om te hard te probeer.
Onthou – hou die res van jou uitrusting minimalisties sonder allerhande serpe en fieterjasies. T-hemp, denim en ’n paar trendy tekkies is meer as genoeg om hierdie voorkoms te laat werk.
9. Modebykomstighede
Die maklikste manier om met min moeite modieus te lyk (en te lyk asof jy weet wat in die modewêreld aangaan) is om met jou bykomstighede te eksperimenteer.
Hierdie seisoen is daar talle modebykomstighede wat trend, hier is ’n paar maklike opsies om te oorweeg:
Syserpe:
Bind jou veelsydige serpie rondom jou nek, poniestert, handsak en selfs om jou pols vir uitstaan effek.
Mussies en balaklawa’s:
Perfek vir ekstra koue dae, of sommer vir slegte hare dae in die winter, trek dit reg bo-oor jou kop, koebaai kroes reënhare!
Balletskoene:
’n Veelsydige kopie wat by werk, naweek en selfs meer gemaklike uitrustings gedra kan word. Dit werk saam met denims, ’n T-hemp en blazer en net so goed by ’n rok vir ’n meer vroulike voorkoms.
Gebruik die kode Stylvol10Winter vir 10% afslag by Desray – klik hier
10. Monokroom mooi

Monokroom of “tonal dressing” beteken om een skakering te kies en ’n kop tot tone voorkoms in daardie kleur aan te trek. Hierdie is ’n maklike uitrusting opsie mits jy onthou die kleure van elke item kan ’n ligter of donkerder skakering wees van die kleur wat jy gekies het.
Hoekom ons hiervan hou:
- Dit laat jou dadelik sjiek, gesofistikeerd en gepoleerd lyk.
- Om een kleur van kop tot tone aan te trek laat jou langer en slanker vertoon.
- Dit verwyder daardie ongewenste meng en pas dinkwerk van ’n uitrusting. Veral wonderlik vir oggende wanneer jy reeds laat is en nie weet wat om aan te trek nie.
Gebruik die kode Stylvol10Winter vir 10% afslag by Desray – klik hier
4 wenke vir vroue 40plus
Hier’s modestilis en blogger Candice Lee Kannemeyer en Desiree Jearey van Desray se wenke vir vroue 40plus;
1. Jou persoonlike styl is die beste styl vir jou
Desiree van Desray glo dat die beste trend die een is wat jou persoonlike styl pas.
“Jou persoonlike styl, watookal dit mag wees, is die beste trend vir jou. Ek voel regtig passievol oor vroue wat hulself behoort lief te hê en aanvaar. En die voorkoms of uitrusting wat daardie gevoel vir hulle gee – daardie is die trends wat hul behoort te volg – wees getrou aan jouself en hoe sekere modekeuses jou laat voel.”
2. Dra wat jou gemaklik laat voel
Candice Lee glo hieraan;
“Ek dink die belangrikste deel van mode en styl – ongeag jou ouderdom, is om te dra wat jou vol selfvertroue laat voel”.
3. Beklemtoon jou beste bates
Kies daardie kledingstukke wat jou heel beste bates beklemtoon en vir jou lyfvorm werk.
“Het jy mooi bene of ferm arms, wys dit! As jy kurwes het, is die kanse goed dat jou middel klein is – kies dus klere wat jou klein middel beklemtoon,”
vertel Candice.
4. Klassieke stapel-items
“Om goed afgerond te lyk, behoort jy ’n seleksie van kledingstukke in jou arsenaal te hê wat goed ontwerp en goed gemaak is – dit maak die meng en pas proses veel makliker.
Hier’s ’n paar idees van basiese klassieke stapel-items wat in jou klerekas hoort:
’n Goeie paar jeans wat met jou lyfvorm werk,
’n Polonektrui in ’n neutrale skakering soos bruin, grys of swart.
’n Wit T-hemp,
’n Denimhemp,
’n Trench-styl jas
En ’n swart langbroek wat goed ontwerp en gemaak is.
Wanneer jy al hierdie stapel-items in jou klerekas-arsenaal het, kan jy gerus meer trendy en modieuse kledingstukke byvoeg, niks meer as twee tot drie trendy items per seisoen nie” is Candice se moderaad.
10% afslag by Desray
Jy kan 10% afslag op enige Desray bestelling kry deur die kode Stylvol10Winter te gebruik! Besoek www.desray.co.za of klik op die foto onder.



























