5 Wenke vir ’n troeteldier-vriendelike huis

Het jy dalk ook gewonder hoe jy jou spasie meer troeteldier-vriendelik kan maak? Hier is ’n binneshuisversierder se topwenke vir ’n meer troeteldier-vriendelike spasie. Sy deel van watter materiaalkeuses jy hoort te kies tot ’n lys van nie-giftige huisplante. Plus die allermooiste dekor bykomstighede vir jou viervoet vriend! Saamgestel deur Justine Kroes

26/04/2024

1. Kies troeteldier-vriendelike materiaal

Izelle Visser van Mood Interior in Kaapstad sê “Die keuse van die regte materiaal vir jou sit en leef-area is uiters belangrik. As jy graag met jou troeteldier op die rusbank ontspan, kies liefs materiale soos mikrovesel of ’n vlekbestande matieriaal in ’n slim skakering.

Mikrovesel lyk soortgelyk aan ’n fluweelstof materiaal. Dit maak maklik skoon, trek minder stof en troeteldierhare aan wat die huis skoon en netjies hou en is grootendeels duursaam. 

Die belangrikste is om seker te maak dat die materiaal wat jy vir jou rusbanke kies vlekbestand is, ook een wat ’n hoë kwaliteit is wat sal sorg dat dit vir lang jare sal hou.

Izelle Visser, Mood Interior

Neem natuurlik ook die kleur in ag. Ons is almal lief vir neutrale kleure, maar oorweeg die kleur van jou troeteldier se hare en hoe sigbaar dit op die materiaal sal wees.

Izelle se raad “’n Gunstelling materiaalreeks om te gebruik is die “Carefree” reeks van Hertexfabrics wat steeds ’n luukse hoë vryftelling het en super maklik is om skoon te maak en skoon te hou.

Loer hier vir meer oor die “carefree” reeks.

2. Hou die vloer ook troeteldier-vriendelik

Kies krapbestande vloere soos viniel, laminaat of teëls. Dit is maklik om skoon te maak en skoon te hou.

Los matte voeg warmte en tekstuur by jou spasie. Belê in vlekbestande matte waarop jou troeteldiere kan mors, ongelukke maak en met modderige pote kan loop en maklik is om skoon te maak. Hou liefs verby met byvoorbeeld duur geweefde wolmatte.

Masjienwasbare mat-opsies is wonderlik, sinsetiese matte bv olefin (polypropylene materiaal), en binne/buite matte is goeie opsies is Izelle se raad.

3. Skep ’n spasie vir jou troeteldier

Skep knus hoekies vir jou troeteldier se bed of slaaparea en stel voerstasies op in maklik toeganklike areas.

Slaapstasie

Izelle sê “Oorweeg troeteldierbeddens in goeie kwaliteit afwerkings en materiale. Kies slim met wasbare oortreksels vir maklike instandhouding.”

Kies ook dierebeddens wat by die res van jou dekor, kleurskema en gevoel pas – anders staan daardie hond of kattebed uit soos ’n seer duim.

Hondebeddens op ons radar:

Knus Cooper Corner Pet Lounge (R3800)
Elula Furniture Cat Box (R795)
Petsville Hunter Coffee Table Pet Bed (R2 199 tot R2 649)
Elula Furniture (Knus) Olly Pet Bed (R3 490)
Bar Dog Lounger Marq (R9 950)
Rialheim Scratch Dog Bed (R1 999)
Jellico Pets (Knus) Fable pet Bed (R3 900)
Pawsh & Co Dog Bed The Nairobi (R3 650)

“Ek hou van die idee om die bed in ’n toegewyde hoekie of onder ’n trap te plaas sodat jou diere hul eie spasie kan hê, maar ook deel kan voel van gesinstye. ’n Baie mooi nuwe ontwerp is om byvoorbeeld die voerstasies binne ’n kombuis eiland-insetsel in te sluit”.

Izelle Visser, Mood Interior

Daar is so baie “pinspirasie” en idees om ’n spesiale hoekie vir jou dierevriend te skep as jou spasie dit toelaat, loer hier:

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest
Foto: Pinterest
Foto: Pinterest
Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Eetstasie

Vir ’n eetstasie, kies mooi voerbakke wat higiënies is. Kyk net hoe slim is die ontwerpe van Bespook. Die deursigtige akriel lyk modern en is byna onopsigtelik, wat beteken jou troeteldier se bakke is byna onopsigtelik, selfs al is hulle so pragtig soos die.

Bespook Small Raised Double Bowl (R2,260) Gebruik die kode “STYLVOL” vir ‘n 30% afslag op jou bestelling.

Die Bespook reeks is boonop slim ontwerp in kleiner en groter opsies vir beide katte en groot ene kleiner honde.

Bespook Medium Single Raised Bowl (R2150) Gebruik die kode “STYLVOL” vir ‘n 30% afslag op jou bestelling.
Bespook Small Raised Single Bowl (R1920) Gebruik die kode “STYLVOL” vir ‘n 30% afslag op jou bestelling.
Bespook Small Raised Double Bowl (R2,260) Gebruik die kode “STYLVOL” vir ‘n 30% afslag op jou bestelling.

Ons gunsteling deel is natuurlik die pasgemaakte hoogtes vir klein en groter honde omdat dit voordelig is vir hul postuur. Daar is selfs opsies met houtdekseltjies besbkikbaar om jou viervoetvriend se kos vars, droog en mier-vry te hou.

Bespook Rectangular Raised Double Bowl (R1,950) Gebruik die kode “STYLVOL” vir ‘n 30% afslag op jou bestelling.

Leer meer oor Bespook se stylvolle bakke hier. Gebruik die kode “STYLVOL” vir ‘n 30% afslag op jou bestelling.

4. Slim stoorplek

 Izelle sê “Werk slim met stoorplek en hou jou troeteldiere se speelgoed georganiseerd in mandjies wat bereikbaar is vir jou troeteldier om self uit te haal.”

Troeteldier speelgoedhouers op ons radar:

Petsville Pet Toy Box (R1299 tot R1 899)
Woolworths Manna Pet Toy Storage Bin in Grey (R299,99)
Petfurn Bone Shaped Toy Box (R495)

Maak ook seker kosvoorraad word veilig in ’n kas gestoor en indien jy ’n houer gebruik, maak seker dit is ’n verseëlde houer om die kos vars te hou.

Loer hier na ’n paar slim stooropsies:

Petsville Oreo Pet Food Holders (Pryse wissel van R890 tot R1 925 vir verskillende groottes).
Petsville Dog Treat Holder (R599)
Le Creuset Pet Collection Carbon Steel Treat Jar (4 litres)

5. Kies troeteldier-vriendelike huisplante

Izelle se raad: Doen navorsing oor nie-giftige huisplante wat troeteldier-vriendelik is soos byvoorbeeld palms of vetplante.

 Loer gerus hier vir ’n volledige lys van troeteldier-vriendelike huisplante.

Mood Interior

Izelle Visser van Mood Interior deel gereeld interessante informasie vir jou spasie op Mood Interior se Instagramblad. Loer gerus hier. Kontak vir Izelle vir ‘n virtuele moodboard, stoffering, kamer oormaaksessies en meubel ontwerp, klik hier.


Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Badkamer-regruk; van lelike tagtigs tot kontemporêr
error: Content is protected !!