Prinses Diana, was as ’n styl-ikoon haar tyd vooruit. Met The Crown seisoen ses wat tans op Netflix speel kon ons nie anders as om nostalgies na fotos van Prinses Diana in haar stylvolle uitrustings deur die jare te kyk nie. Een ding is verseker, Diana was as ’n styl-ikoon haar tyd ver vooruit– lees hier vir 5 styl-lesse wat Prinses Diana vir ons geleer het (en steeds doen). Deur Justine Kroes
1/12/2023
Prinses Diana was nie bang vir kleur nie
Helder blou, rooi, geel en pienk is van die kleurvolle skakerings wat Diana graag gedra het. In plaas van vervelige beige broekpakke of vlootblou rokke het Diana as ’n lid van die koninklike familie gewaag wanneer dit by die kleur van haar uitrustings gekom het. Meer as dit het Diana goed gelyk in die helder skakerings omdat dit haar moontlik laat goed voel het en ’n dopamien hupstoot gegee het daarby. Ons kan almal hier beslis ’n helderkleurige blaadjie uit Diana se modeboek skeur.

Claudia Joseph wat die boek geskryf het “Diana: A life in dresses” sê Diana se kleur (en klere) keuses was altyd goed deurdink – as sy geweet het sy gaan skole besoek, sou sy altyd helder skakerings dra wat kinders sal opbeur en haar meer toeganklik laat voorkom. Of as sy ’n spesifieke land besoek het, sou sy ’n kleurskakering eie aan daardie land aangetrek het.

2. Die oorspronklike “athleisure” kongingin!
Ons dink sy mag dalk die inspirasie wees agter die reuse athleisure gemakdrag oftewel sports luxe trend wat vandag steeds hoogmode is.
Van hierdie ikoniese uitrustings word gebruik as stylinspirasie, veral onder die jonger millennials en Gen Z. Diana se athleisure voorkoms word selfs nagemaak as gewilde halloween uitrustings.

Diana het wel die uitrusting reg gestileer – silhoeëtte gebalanseer met een stywe en een lospassende item (nie slordig en lospassend oraloor nie) ’n luukse handsak, skoon skoene, sokkies opgetrek tot net die regte hoogte en natuurlik ’n sonbril. Om een van haar beste bates, haar mooi bene, te wys, help natuurlik ook.

Ons dink wat hierdie voorkoms so gewild maak, is om te besef dat Diana nie altyd in aandrokke en netjiese romppakke verskyn het nie – dit maak die stylikoon so ’n bietjie meer toeganklik, in iets wat enigiemand kan dra.
3. Slim met silhoeëtte
Die “people’s princess” het ’n reghoekige figuur gehad, sy was slank van bo na onder gewees. Diana het aangetrek om die illusie van kurwes in haar uitrustings te skep, hoë middellyf broek en rompe. Haar rokke was ook altyd ingetrek om die middel – hierdie truuk skep die illusie van ’n vroulike uurglasfiguur.

Diana het ook slim gewerk met skouerkussings of pofmoue om verder daardie uurglasfiguur proporsies te skep.
4. Bykomstighede altyd goed deurdink
Diana se bykomstighede by elke uitrusting was niks minder as perfek nie. Elke oorbel, hangertjie, horlosie, handsak of gordel was eksie perfeksie gestileer. Minimaal, modern en het die uitrusting elke slag perfek afgerond of saamgetrek.

Ons het by Diana geleer dat ’n mens nie wil hê jou bykomstighede moet jou uitrusting oorneem nie, dit eerder aanvul, komplementeer en afrond. Minder is beslis meer – hier het Diana dit vir ons bewys.
Diana het ook ‘n slim truuk gehad met haar palmtassie – sy het dit gebruik om haar “cleavage” toe te maak waanneer sy uit ‘n kar klim – sodat fotograwe nie allerhande onvanpaste fotos van Diana aan die Britse pers verskaf nie.

5. Diana doen denim reg
Hoe Diana destyds haar denims gedra en gestileer het was denim-tasties!

Haar denimkeuses vir haar lyfvorm het altyd perfek soos ’n handskoen gepas. Haar stylvolle denim keuses het sy hoog om haar middel gestileer met ’n gordel.

By haar denims het sy altyd ’n opknoophemp, of ’n bloes en baadjie (blazer) gedra. Loafers of pumps het altyd die uitrusting perfek afgerond.

Dankie Diana vir jou styl en mode inspirasie wat jare later steeds net so stylvol en relevant is!