10 Stileertruuks van oefen- tot sportdragsjiek

Dis g’n geheim dat sjiek sportdrag of “elevated activewear” een van die jaar se grootste modetrends is nie. Ons kyk na ’n paar gunsteling oefenklere stapelitems en hoe om blitsvinnig jou doodgewone “stap-in-die-berg” oefenuitrusting te verhef tot ’n modieuse sportdragsjiek uitrusting met enige van die volgende 10 styltruuks. Saamgestel deur Justine Kroes

31/03/2025

Oefenklere stapelitems

Hou hierdie in gedagte wanneer jy weer oefenklere-inkopies doen:

Oefenklere

’n Goeie oefenbroek en ’n kwaliteit oefenhemp is noodsaaklik as jy gemaklik wil voel terwyl jy oefen. ’n Oefenbroek wat reg sit en nie afsak nie is uiters belangrik, daar is werklik niks erger as om kort-kort tydens oefening jou broek wat afsak te moet optrek nie.

Joga- en pilatesoefenklere byvoorbeeld moet gemaklik sit en jy moet gemaklik daarin voel om sodoende vrylik te kan strek, buig en beweeg.

Wees op dit uitkyk vir ligte materiale wat lugregulerende en vogbeherende eienskappe het wat jou koel hou terwyl jy hardloop; maar wat ook vinnig kan droog word en sweet kan afweer of absorbeer.

Gemaklike tekkies

Hetsy dit nou vir stap, hardloop of bergklim gebruik word, is ’n goeie gehalte skoen die koop werk, glo ons jou knieë sal vir altyd dankbaar wees!

Vir stap of roete hardloop is ’n paar gemaklike “trail” hardloopskoene met ’n sterk rubbergreep aan die onderkant van die skoen al wat jy nodig het. Dit help natuurlik ook dat jy nie maklik gly by die opdraandes en afdraandes nie.

Wenk: Kies ’n skakering wat by baie ander oefenklere in jou klerekas sal pas. ’n Neutrale of donkerder kleur skoen is veral ideaal as jy graag tydens die bergstap of roete hardloop oefeninge doen, dit wys nie vinnig vuilheid nie.

Bly warm:

Vir koeler dae is ’n ligte reënbaadjie ’n moet. Hardlopers, kies een wat gemaklik om jou nek sit en met ’n rek kan stywer trek om jou lyf, sodoede wapper jou baadjie nie al die pad in die wind nie. Vir stappers en bergstappers is ’n goeie gehalte reënbaadjie vir stap in die reën noodsaaklik.

Kyk uit vir woorde soos “waterproof/ water repellent” voordat jy koop – hierdie is die soort baadjies wat water afweer en jou droog sal hou.

10 Sportdrag-sjiek truuks, doen-dit-so

Hier is 10 blitsvinnige idees en stileertruuks om jou doodgewone oefenuitrusting op te hef en ultra cool te laat lyk. Van oefenklere tot sportdragsjiek, hier’s hoe:

1. Kombineer met ’n trench/soldatestyl jas

Daar is maar net iets omtrent ’n trench/ soldatestyl jas, lig genoeg om bo oor jou oefenklere te “layer” wat jou blitsvinnig netjies en stylvol laat lyk.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Dra of drapeer ligweg oor jou skouers vir daardie ekstra tikkie cool.

Zara Water Repellent Trench Coat (R2 599)

2. ’n Blazer by jou oefenbroek

Nes die trenchstyl jas is dit hoogmode om jou oorgrootte blazer baadjie oor jou oefenklere te dra.

Onthou die stileerreël van proporsies en balans; as jy aan jou bolyf lospassende klere dra, probeer ’n meer noupassende broek om jou perseptuele gewig te balanseer.

H&M Double Breasted Blazer (R699)

3. Verruil jou styfpassende spanbroek vir ’n lospassende oefenstylbroek

Mr Price Wide Leg Pants (R229,99)

Hierdie lospassende oefenbroekstyle is vanjaar ’n moet-hê mode-item. ’n Stylvolle alternatief vir jou sweetpakbroek – is beskikbaar in allerhande skakerings, en het gewoonlik ’n wit streep of twee langs die kant van die broek af.

The Fix Burgundy Wide Leg Pant (R299,99)

4. ’n Wit kraaghemp oor jou oefenklere

Burnt Stile di Vita Shirt (R999)

Om vinnig van oefen tot oefendragsjiek te gaan, stileer ’n lekker wit lospassende (katoen of linne) oopknoop kraaghemp bo oor jou oefenuitrusting.

Foto: Pinterest

Dra dit sommer so oop. Die hemp verhef dadelik ’n plein oefenklere-voorkoms.

H&M Cotton Oversized White Shirt (R299)

5. Verruil vinnig vuil tekkies vir ’n paar stylvolle sneakers/seilskoene

Instagram @coco_floflo

Indien jou oefentekkies al beter dae geken het – of dalk net vol modder is van ’n bergstappie, verruil gerus jou tekkies vir ’n (skoon) paar seilskoene (sneakers) – hierdie truuk verhef dadelik jou oefenvoorkoms na ’n sjiek sportdraguitrusting. Onthou netjies en afgerond spreek boekdele!

New Balance U370v1 Sneakers (R2 199) New Balance Run Repreve Midcalf 2 Pack Socks (R349)

Psst…onthou “secret” sokkies is iets van die verlede – dra jou enkelsokkies opgetrek, sommer bo oor jou oefenspanbroek (leggings).

6. ’n Keps

Foto: Pinterest

Daar is darem maar min dinge war haarsondes wegsteek soos ’n keps. Dankie tog dit is steeds tans hoogmode en jou “dad cap” word met byna enige uitrusting aanvaar. Jy kan vinnig jou hardloopkeps verruil vir ’n keps in enige kleur – dra dit by jou trench-styl-jas of selfs net by jou oefenklere.

Cotton On Classic Dad Cap (R249) Beskikbaar in verskeidenheid skakerings en ontwerpe

7. Stylvolle sakkie

’n Stylvolle moonbag of kruislyfsakkie om al jou belangrike items soos jou sleutels, selfoon en lipsalf byderhand te hou, is ‘n moet. Dra dit gekruis oor jou lyf, dit skep nie net definsie rondom lospassende oefenklere nie, dit lyk ook natuurlik sportdragsjiek en cool.

Puma Pop 3L Half Moon Bag Women (R449)

8. Bind ’n langmou top/trui om jou skouers

Foto: Pinterest

Hierdie is een van ons gunsteling afrondingstruuks, bind eenvoudig jou crew neck langmou sporttop, of ’n gestreepte trui, rondom jou skouers, selfs bo-oor jou trenchjas vir ’n ultra-sjiek sportdragsjiek modevoorkoms.

H&M Crew Neck Sweatshirt Cream Paris (R329); H&M White Sweatshirt Bow (R329)

9. Bykomstighede vir afronding

Hoewel jy nie met jou sonbril, oorbelle en hangertjies oefen nie, is bykomstighede een van die maklikste styltruuks om jou voorkoms te verhef. ’n Trendy sonbril en blink silwer of goue juwele (niks te dramaties nie) rond jou sportdragsjiek voorkoms mooi af. Dink byvoorbeeld aan klein huggie oorbelle en een of twee gestapelde hangertjies om jou nek.

Women’s Cotton On Multi Ophelia Oval Sunglasses (R199); We Wear What Wear x Waterproof La Série Chaîne, 6mm (R500); Burnt Huggies Earrings (R489)

10. Doen dit als, maar bly tog vars!

Dit help veel jy maak ’n klompie veranderinge aan jou sportdragsjiek voorkoms maar jou oefenreuke gaan jou een vooruit. Ons is so opgewonde oor Mitchum se nuwe formulering: dis 100% natuurlik en daarby ook ’n vegan vriendelike formule. Die nuwe Mitchum Naturals Roll-On reeks bevat sink minerale en bamboespoeier wat natuurlik sweet absorbeer. Dit is alkoholvry wat verseker dat dit sag is op jou vel. Beskikbaar in drie natuur-geïnspireerde geure Bloekom (Eucalyptus), Klapper (Coconut) en Sederhout (Cedarwood).

Mitchum Naturals Roll-On (R82,99 vir 100ml)

 

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Jou tekkiegids: 6 tekkiestyle op ons stylradar
error: Content is protected !!