10 Juweel-trends

Jy is aangetrek, jy’t jou gunsteling rok aan, skoene aan, nou benodig jy net daardie laaste element – ’n juweel of bykomstigheid wat jou hele uitrusting sal afrond. Ons deel 10 van die grootste juweel-trends vir die somer, van gemengde metale, moderne pêrels en helder stene – ’n juweeltrend vir elke stylpersoonlikheid. Hier is duursame stukke wat jare lank sal hou insluitend prettige ontwerpe, dalk iets wat ’n tipe kopie vir meer as een seisoen is: Deur Justine Kroes.

18/11/2022

1. Bonkige armbande (cuffs)

Bêre die seisoen jou fyn armbandjies eenkant (moet nie ontslae raak daarvan nie, onthou modes herhaal hulself!) en kies ’n bonkige (chunky cuff) styl armband. Gesien op loopplanke by Etro, Prada en Fendi is die een van die seisoen se gewildste juweel-tendense.

Fendi, Etro en Prada Spring Summer 2022

Hou dit eenvoudig met een bonkige goue armand vir ’n simplistiese voorkoms of ’n paar verskillende armbande bo-op mekaar gestapel om jou pols, voorarm of bo-arm.

Kirsten Goss Fragmaxx Cuff (R2 190)
iloni Hexagon Bangle (R680 gebruik die kode Stylvol2022 vir 10% afslag of klik hier vir outomatiese afslag)
Witchery Woven Cuff (R299)

2. Emalje juwele (enamel)

Dopamien juwele op sy beste. Helderkleurige emalje juweelontwerpe is beslis ’n groot tendens.

Witchery Enamel Hoops (R349)

Neon en helder skakering oorbelle en nekstukke wat byna lyk asof jy hulle kan eet is tans volop in die winkels. Dra klomp skakerings by mekaar in lae vir ’n ekstra prettige effek. Hoewel die emalje ontwerpe minimalisties is in ontwerp het hul duidelik ’n maksimalistiese impak op jou voorkoms.

Mango Mixed Hoop Earrings (R399)
Foschini Enamel Dipped Earrings (R79)
Mango Metal Ring Set (R399)

3. Blomme

Mango Mesh Flower Earrings (R499)

Hierdie trend is pret en val veral in die ’meer is meer’ kategorie. Oogroot blom oorbelle of halssnoere is veral in. Kies helder skakerings vir die ‘meer is meer’-effek.

Mango Flower Pendant Earring (R299 Superbalist)
Zara Flower Earring with Rhinestones (R339)
Mango Mesh Flower Earrings (R499)

4. Liggaamjuwele (body chains)

Onthou jy die destydse belly chains?! Nou ja, die tendens is terug en groter as ooit van te vore.

Chanel/ Acne Studios Spring Summer 2022

Gesien op internasionale loopplanke van ontwerpers soos Chanel en Acne Studios is dit ’n gewilde tendens om by ’n plain wit ‘vessie’ te dra, eenvoudig maar met ’n tikkie cool.

Mango Strass Body Chain (R1199)
By Cara Snake Waist Chain (R380)
Zara Body Chain with Rhinestones (R419)

5. Serpjuwele

En nee hierby bedoel ons nie juwele vir jou serp nie, dink eerder aan oorbelle en halssnoere wat omvou is in soortgelyke serp-agtige materiale. Soos op die loopplanke gesien by Versace.

Versace Spring Summer 2022

’n Slim manier om kleur en ’n element van diepte by jou uitrusting in te bring.

iloni Manyano Neckpiece (R1 550 gebruik die kode Stylvol2022 vir 10% afslag of klik hier vir outomatiese afslag)
iloni Kunye Piece (R1875 gebruik die kode Stylvol2022 vir 10% afslag of klik hier vir outomatiese afslag) )
iloni Kunye Piece (R1875 gebruik die kode Stylvol2022 vir 10% afslag of klik hier vir outomatiese afslag) )

6. Choker

Een van die bykomstighede wat al ’n rukkie lank groot nuus is te danke aan die y2k (90’s vroeë 2000’s) modes wat steeds trend. Daardie halssnoer wat styf om jou nek span. Alhoewel hierdie seisoen is die choker meer bonkig, blink en dramaties. Dra dit meer gemaklik by jou T-hemp en denim vir daardie High Low modevoorkoms of by ’n rok vir ’n troue of meer formele geleentheid.

Mango Glitter Choker Necklace (R499)
Woolworths Diamante Choker (R279)
Zara Rhinestone Choker (R499)

7. Reënboog skakering stene

Kleur is oral, dit is geen geheim nie– hoewel stene in reënboogskakerings ’n meer unieke manier sal wees van kleur dra. Helderkleurige edelstene in skakerings van die reënboog in oorbelle of ’n halssnoer is tans ’n gewilde opsie.

Ida Elsje Oorbelle (prys op aanvraag)
Black Betty Multi Stoned Hoops (R7 200)
Kirsten Goss Aphrodite Earrings (R3 990)

8. Gemengde metale (mixed metals)

Mixed metals verwys na die tendens waar jy meer as een metaalskakering bymekaar dra. Byvoorbeeld, silwer en goud wat saam gedra word. Verby is die dae wat jy of net ’n silwer of net ’n goud stylpersoonlikheid was. Vandag behoort jou juweelkissie oor te loop van beide metaalskakerings!

iloni Modern Stack (R1 500 gebruik die kode Stylvol2022 vir 10% afslag of klik hier vir outomatiese afslag)

Jy kry die beste van albei elemente, modern van die silwer en die klassieke voorkoms van die goud. As jy huiwerig is, stapel dalk eers ’n paar goue en silwer ringe op mekaar om gewoond te raak aan die tendens.

Mango Mixed Hoop Earrings (R299)
iloni Balance Stack (R1 550 gebruik die kode Stylvol2022 vir 10% afslag of klik hier vir outomatiese afslag)
Mango Combined Ring (R399)

9. Moderne pêrels

Kan pêrels modern wees? Ja beslis! Vergeet van ’n doodgewone string pêrels, Kies die seisoen een van die gewildste juweel-trends pêrels met metaalafwerkings (en selfs kleur) daarby.

Zara Hoop and Pearl Earrings (R339)

Pêrel oorbelle en ringe met sjiek minimalistiese ontwerpe is veral hoog op ons kooplysie vanjaar.

iloni Classic Pearl Earring (R1 100 gebruik die kode Stylvol2022 vir 10% afslag of klik hier vir outomatiese afslag)
By Cara Sunshine Hoops (R325)
iloni Slide Earring with Pearl (R1 400 gebruik die kode Stylvol2022 vir 10% afslag of klik hier vir outomatiese afslag)

10. Link/skakel juwele

Juwele met “skakels” was nog nooit regtig uit die mode nie, maar hierdie somerseisoen is dit veral in.

Black Betty The Chunky Chained Pearl Earrings (R4500)

Link chains wat as halssnoere op mekaar gestapel word, die dramatiese groot skakels is duidelik ’n tendens.

Witchery Chain Link Resin Necklace (R999)
Zara Pack of Chain Link Necklaces (R339)
Woolworths Metallic & Resin Link Chain Necklace (R199)

Gebruik die kode Stylvol2022 vir 10% afslag op enige Iloni juwele – of klik hier (of op die advertensie) en 10% afslag sal outomaties aan jou toegedien word.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
7 Wenke vir ’n volhoubare klerekas
error: Content is protected !!