Allermooiste Anzél Rabie (Anzél in die Boland soos wat ons haar ken) se dogtertjie arriveer binnekort. Anzél wys vir ons haar pragtige babakamer en deel ook wonderlike dekorraad plus haar moet- hê items. Anzél was boonop so gaaf gewees om haar moet-hê lysies (hospitaalsak ingesluit!) met jou, die Stylvol leser, te deel. As jy binnekort Mamma word, lees gerus hier en stuur sommer die artikel aan. Saamgestel deur Justine Kroes
30/06/2023
Dekor-inspirasie vir baba Rabie se kamer

“Dit is vir my baie belangrik om ’n area te skep wat kalmte weerspieël”
Anzél
Anzél verduidelik; “Neutrale kleure met wit, vuil pienke, groene, ligte room en bruin skakerings. Simplisties maar nog steeds ‘warm.’ Ek voel ‘less is more’ en dat daar nie onnodige items moet rondstaan nie. Pak liewer items weg en weet presies waar dit is wanneer jy daarvoor soek.”
Ek bring mandjies in waar ek kan – dit skep ’n aardse gevoel – wat ek glo kalmerend vir mamma sowel as baba is. Al het ons ’n kleinerige huis met beperkte spasie, het ek mandjies ook in rakke geplaas, en leë kratte in die kaste sodat daar plek is vir items om dadelik gebêre te word sodat dit nie rondstaan nie.
Anzél se babakamer moet-hê’s
’n Goeie kompaktum moet nie onderskat word nie! ’n Mens gaan baie doeke omruil (hul praat van 2 300 doeke net in die eerste jaar!) en dus moet dit vir jou gerieflik wees om dit te doen. Met diep laaie waar al die benodighede by jou is.

Ons is baie lief vir kuns en dus probeer ons om mooi oorspronklike kunswerke in haar kamer uit te stal.

“A wise man knows when he doesn’t know” Ek glo daarin om mense te raadpleeg as daar dinge is waarvan jy nie weet nie. Ek het gedurende die swangerskap baie opgelees en is van plan om netso baie te lees wanneer ons baba eers hier is. Maak seker die boeke is nie weggepak nie, sodat wanneer jy 5/10min het, jy ’n boek kan gryp en ’n hoofstuk of 3 lees.

Die beligting in die kamer is vir my baie belangrik omdat die korrekte beligting die atmosfeer beïnvloed.
Daar is blockout gordyne, sodat sy van vroeg af leer om nie bang te wees vir die donker in die aand nie
Daar is ook ’n sheer/meer deursigtige gordyn sodat ligte natuurlike lig sal kan inkom
Ek het ook die wonderlike DreamBaby Soothing White Noise & Night Light Egg Capsule en ek dink dit is sonder twyfel die beste op die mark. Sy klank is uitstekend en klink soos die ‘real makooi’. Hy het ook klomp verskillende kleure vir sy liggies wat jy helderder of sagter kan stel. Nog ’n plus – jy kan dit vooraf laai en sy battery hou 8 ure lank – perfek vir beurtkrag!

Nog ’n belangrike moet-hê – ons het ’n paneelverwarmer aan ons inverter gekoppel, sodat die kamer- temperatuur konstant bly.
’n Klein lampie langs my voedingstoel – ek verkies die ‘warm white’ gloeilamp omdat dit ’n warmer gevoel skep as ‘cool white’
Anzél se gunsteling deel van die kamer
My baba se klerekas is vir my die mooiste en oulikste ooit! Dit is so lekker om die kleertjies uit te hang van klein na groot.

Wenk: As jy items het wat groter as 6 maande/1 jaar is, pak dit netjies in ’n krat sodat jou kas nie te vol is nie.
So besluit jy op die regte meubels vir jou babakamer, verduidelik Anzél;
’n Mens is maar lekker dom as jy ’n babakamer wil begin bymekaarsit en dit is belangrik om vir meer ervare vriende raad te vra.
Moet nie net iets soek wat vir jou ‘mooi’ is nie, dit moet funksioneel ook wees.
Anzél
Ek het die bababedjie sowel as die kompaktum by ’n plaaslike verskaffer gekry – Early Bird Compactums – wat dit spesiaal vir my gemaak het. Dit is nie nodig dat jou bababedjie en kompaktum ’n gat uit die sak jaag nie, maar belangrik dat dit vir jou gemaklik moet wees omdat jy baie tyd daar gaan deurbring. Byvoorbeeld jou kompaktummoet hoog genoeg sodat jy nie laerug probleme kry nie. Jou cot met verskillende hoogteverstellings is ideaal sodat jou baba ‘saam’ met die cot kan groei.

Stoel – jy gaan nie net ’n stoel gebruik as jy borsvoed nie, maar vir bottelvoed ook. Dit is dus uiters belangrik dat jou stoel vir jou gemaklik moet wees. Ek verkies ’n stoel waar die rugleuning hoog genoeg is sodat jou nek nie te veel stremming voel nie. Daar moet ook ’n armleuning wees sodat jou arms gemaklik daarop kan rus en baba kan ondersteun.

Is daar iets wat jy dink jy weer in jou huis sal kan gebruik as baba ouer is?
Ek het destyds by Magdel Coetzee Interiors geleer dat as jy iets kry vir jou huis (meubelstuk, dekoritem, kombersies ens.) maak seker dat dit nie beperk is tot een kamer in jou huis nie. Jy wil kan ‘mix and match’ in jou huis. Ek het hierdie beginsel probeer inkorporeer met my babakamer ook.
Ek het die mooiste tydlose stoel van SofaCompany gekry, die Babette, wat klein genoeg is om langs die bassinet te staan, maar wat ek op ’n latere stadium na ons leef-area sal kan skuif sodra sy in haar eie kamer is.

DockATot het ook die pragtigste kussings, ek het die borsvoedingkussing, wat ek na borsvoed in my huis as ’n dekorkussing gaan gebruik.
Die Ko-Coon changing/play basket sal ek kan gebruik as ’n dekoritem wat kan dien as groot skinkbord, of waar ek items kan uitstal

Moet ook nie bang wees om iets te verander volgens jou smaak nie. Dit was eintlik Stephanus se idee om hierdie houtraam van Kids Living te versier met die mooiste poppies van Little Dutch. Mens hoef nie altyd so baie geld te spandeer nie, dink aan maniere om jou dekor vir jou te laat werk.
Anzél ondersteun graag plaaslik
Suid Afrika het die wonderlikste verskaffers – ons hoef glad nie te dink ons steek af by enige van die oorsese handelsmerke nie. Van my gunsteling handelsmerke:
Ko-Coon het die allermooiste mandjies, bassinets en linne vir ’n baba-kamer.

Signs @ Fynbos – nie sommer enige muurpapier nie. Die eienaar gebruik waterverf om vir jou ’n iets persoonliks te maak wat lyk of dit op jou muur geverf is. Daar is ook die opsie om dit self te plak sodat jy op installasiekostes kan bespaar

Little Co & Company – pragtige items en die eienaar deel altyd die lekkerste raad en info op sosiale media (loer hier)
Nursing Momsy – hoë kwaliteit kraam- en borsvoedingklere
Bebe Cadeaux – span van 40 ma’s en oumas regoor SA wat die allermooiste items met die hand vervaardig
Ree Collective – mooiste items van uitstaande kwaliteit!

Stella Clips – hierdie magnetiese clips is ’n wen vir enige ouer, wat jy gaan aanhou gebruik, ongeag hoe oud jou kleintjie raak

Die oorsese handelsmerke wat wel vir my uitstaan is as volg:
Doona – car seat & stroller wat baie gerieflik is vir die eerste jaar van baba se lewe. Loer net hier na hoe maklik dit werk.
DockaTot – het pragtige funksionele items
Tiny Love – speelgoed wat fokus op die intellektuele ontwikkeling van kinders
Little Dutch – pragtige speelgoed (die kleurpalet is stunning) afkomstig van Nederland
Anzél deel haar persoonlike moet-hê lysies
Klik hier vir Anzél se persoonlike lysies van wat om te kry en te doen voor baba arriveer, selfs ’n hospitaalsaklys vir mamma, baba en pappa.