Airbnb regruk – Katinka en Lara se wenke

Ons het noukeurig op Instagram gevolg hoe Lara Beukes en Katinka Oosthuizen (twee Instagram bekendes!) ’n woonstel in Mosselbaai self oorgedoen het, ‘n totale Airbnb regruk, jy gaan nie die voor en na fotos glo nie. Ons praat van mure verf in hul oorpakke, blindings installeer tot muurpapier plak. Die twee se hande staan vir niks verkeerd nie.  

Hulle gee ons sommer inspirasie om ’n paar doen-dit-self projekte aan te pak. Lees meer oor Casa Amor Inn se ontstaan en daarby Lara en Katinka se beste begrotingswenke. Deur Justine Kroes

12/08/2022

So het die Airbnb regruk; Casa Amor Inn onstaan:

Ons altwee wou nog altyd ’n Airbnb gehad het, want ons werk vir onsself en ons wou albei graag nog ’n passiewe inkomste hê. Ons huur die plekkie saam en ons albei het ’n passie vir interieur en dekor gehad.

“Dit is die satisfyingste ding om ’n lewelose spasie te omskep in ’n kreatiewe en energieke een waar mense inspirasie kan kry en memories kan maak.”

Lara
Lara Beukes

Ek voel daar’s geen einde aan my kreatiwiteit en idees nie, ek’s altyd op soek na ’n nuwe projek wat ek kan aanpak en daar’s niks beter as om op ’n blank canvas te begin en die resultate te sien nie.

Katinka
Katinka Oosthuizen

Die tydlyn

Die hele proses van begin tot einde was 20 dae – blood, sweat and tears. Ons stap beter mense hier uit as wat ons begin het.

Wat is die inspirasie agter Casa Amor se dekor styl?

“Die eclectic en retro interior het my nog altyd aangetrek, maar ’n mens is so bang om dit in ’n mens se eie spasie te doen omdat dit so kleurvol en uniek is”

Lara

“Ek het nog altyd ’n liefde vir art deco en mid-century modern interior

Katinka

Casa Amor is die perfekte middelpunt waar ons unieke style saam “gemash” is.

Katinka & Lara
Kombuis voor
Kombuis na
Sitkamer voor
Sitkamer na

Katinka en Lara se 5 wenke om kostes laag te hou:

Ons het ’n streng budget gehad aangesien ons 24 jaar oud is en albei vir onsself werk. Hier is wat ons geleer het:

1. Beplanning is belangrik:

Beplan alles wat jy vooraf moet aankoop, meet vertrekke en meet vensters.

2. Spend wisely

Koop eerder hoë en goeie kwaliteit matrasse, linne, handdoeke wat vir mense die waarde van hul geld sal bring en sny eerder kostes by dekor byvoorbeeld – onnodige aankopies wat nie regtig ’n groot indruk op mense sal maak nie.

3. Doen dit self

Die proses mag dalk langer vat en jy mag dalk ’n zombie wees vir ’n paar weke, maar dit is só die moeite werd as mens uitwerk hoe baie geld jy kon spaar deur dit net self te doen. Youtube tutorials is ook altyd verniet en jy tel definitief baie nuwe vaardighede op.

4. Tweedehands is nie altyd goedkoper nie:

Om iets te restoureer is maar duur. Mens dink “ahh ons kan dit net verf en mooi maak” maar dan moet mens eers wood primer, rust remover, skuurpapier, verf en ’n bo-laag koop en 5 ure later is jou tafeltjie gerestoureer. Maar as dit iets is wat regtig ‘n groot impak kan maak en ’n statement piece is, is dit 100% die moeite werd, omdat jy dit nêrens anders sal kan kry nie.

5. Fokus eers op die groot aankope

Koop eerder die kleiner dekor dingetjies laaste en fokus eerder op die groot, belangrike goed. Jy sal dan ’n goeie idee hê van waar jou begroting trek en hoeveel geld jy oor het om te spandeer op die dekor en kleiner ekstra dingetjies. Mens is baie over-excited aan die begin en wil elke tweede potjie/stoeltjie en kunswerk koop, maar as mens dit tot laaste los, koop mens net dit wat jy eintlik nodig het.

Loer na die fotos hier

Slaapkamers

Kombuis

Stoep area

Badkamer

Uitsig

Bespreek ‘n naweek weg

Jy kan self in Casa Amor Inn bly – dink net aan al die mooi fotos wat jy hier kan neem! Om te boek – klik hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Wenke vir ’n lentehuis en dekorkopies wat ons lentelus gee
error: Content is protected !!