Foto: Nightire

Winterslaapklere op ons wenslysie

Ons was self onlangs op soek na mooi slaapklere vir winter, daarom ken ons die alewige stryd om gemaklike, goeie kwaliteit, en daarby ook stylvolle slaapklere te vind wat nie lyk asof daar ’n tekenprentjie op jou pajamas ontplof het nie. Ons deel ook ’n paar handige wenke om in gedagte te hou wanneer jy dalk op soek is na jou eie stel winterslaapklere. Deur Justine Kroes

19/05/2023

Hou dit in gedagte wanneer jy slaapklere kies:

Die materiaal is belangrik

Ons is almal sintuiglike wesens – party meer as ander – daarom is die materiaal van jou slaapklere belangrik. Die materiaalstof wat jy kies, reguleer jou liggaamstemperatuur, ’n belangrike aspek vir ’n goeie nagrus.

Katoen, rayon en tencel is sagte materiale en lig op die vel, wat goeie lugsirkulasie bied, dit keer dat jy oorverhit voel tydens slaap.

Bamboes is ’n syagtige, sagte materiaal wat uit plantmateriaal gemaak word. Dit is anti- bakterieël, veral goed vir die wat sukkel met ’n sensitiewe vel. Bamboesmateriale beheer vogtigheid baie goed, byvoorbeeld, as jy sweet word dit vinnig deur die materiaal geabsorbeer en die materiaal word ook blitsvinnig droog.

Nightire No Monday Blues Long Sleepwear Set (bamboo material)

Egte sy is ’n termoregulerende materiaal, wat beteken dit hou jou warm wanneer jy koud is en koeler wanneer dit warm is.

Swaarder materiale soos satyn en poliëster is beter opsies vir koeler wintermaande eerder as hoog somer, hoewel hulle lugregulerende eienskappe nie so goed is nie.

Gemak is ’n moet:

Elkeen het sy slaapklerevoorkeur, party verkies om in nagrokkies te slaap, en ander verkies langbroeke en opknoophemde. Hoe dit ookal sy, die gemaksaspek van jou slaapklere is belangrik – almal verdien ’n goeie nagrus!

Pajamagrootte is belangrik

As dit te groot en lospassend is, verloor jy dalk al die hitte-isolerende voordele van jou pajamas. Te styfpassend, voel dit ongemaklik en kan ook sirkulasie negatief beïnvloed, ongemaklik sit en jou slaappatroon versteur. Dit is belangrik dat jy maklik genoeg kan rol, draai en rondbeweeg in jou pajamas.

Minder versierings

Slaapklere wat effens rek sonder te veel elemente soos ritse, versierings en tientalle knope is ’n beter opsie. Veral as jy verkies om op jou maag te slaap, dan is pajamas sonder knope ’n beter opsie.

Loer hier vir winterslaapklere op ons wenslysie

Slaaprokke/ slaaphemde

The Sleep House Grey Leopard Print Nightshirt (R700 100% washable rayon)
Mr Price Satin Sleep Shirt (R169,99)
Superbalist Sleep Shirt (R499)

Pajama stelle:

Boody Goodnight Ankle Sleep Pant (R839,95 bamboes materiaal)
The Sleep House Banana Leaf Long Set (R800 100% washable rayon)
JT One Satin Pyjamas (R999 Woolworths)
H&M Pyjama Shirt and bottoms (Old Rose Tiger (R529)
Nightire No Monday Blues Long Sleepwear Set (R2163 bamboo material)
The Sleep House Autumn Floral Long Set (R800 100% washable rayon)
Woolworths Animal Print Sleep Pants (R499) Satin shirt (R499)
Blake Long Sleeve Flannel Shirt & Pant Set Pink & Zebra Print (R699 Superbalist)
Cotton On Body Sleep Recovery Wide Leg Pant (R399 viscose bamboo blend)
Nightire New Birds In Flight Long Sleepwear Set (R2163 bamboo material)
Bena Women Tencel Classic Long Pajama Set (R1150)
The Sleep House Paisley Perfection (R800 100% washable rayon)
Bena Women Classic Silky Long Pajama Set in Leopard Forest (R980)
Poetry Nicky Sleep Set (R999) ook beskikbaar vir dogters (R499)
Superbalist Long Sleeve Sleep Shirt & Pant Set Green & Stone Abstract (R699 Superbalist)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Bonkige stewels
Trend: die 90’s bonkige stewel
error: Content is protected !!