Met LED ligterapie word verskillende kleure lig gebruik om spesifieke velprobleme te teiken. Blou lig word gebruik om aknee te behandel en rooi lig stimuleer die produksie van kollageen. LED ligterapie (veral ligterapie gesigmaskers) word al hoe meer gewild, nie net vir salon of inpraktyk-gebruik nie maar ook vir tuisgebruik.
Kenners deel met ons; wat presies is LED Ligterapie? Wie behoort dit nie te gebruik nie? En hiervoor hoort jy uit te kyk voordat jy jou eie tuis-LED gesigmasker koop. Saamgestel deur Justine Kroes
11/10/2024
Wat is LED Ligterapie?
Senior velsorgspesialis Bianca Erispe van Dr Nerina Wilkinson + Associates verduidelik; “LED staan vir ‘Light Emitting Diode’. Ligterapie is ’n baanbreker, nie indringende behandeling wat gebruik maak van die verskillende golflengtes (wavelengths) van die sigbare ligspektrum om verskeie velbekommernisse en -probleme aan te spreek en te behandel.”

Die gebruik van die verskillende kleure lig het die krag om selhernuwing aan te wakker en velgesondheid te verbeter. Ligterapie kan gebruik word as ’n doelgerigte behandeling wat ’n oplossing bied vir velveroudering, aknee en hiperpigmentasie, verduidelik Bianca.
LED ligterapie is ’n revolusionêre behandeling – dit bied ’n eenvoudige maar effektiewe oplossing vir ’n verskeidenheid van algemene velprobleme.
Bianca Erispe Velsorgspesialis, Dr Nerina Wilkinson + Assosciates
Watter kleur LED ligterapie is die mees gepaste vir jou?
Spesialis dermatoloog Dr Suretha Kannenberg verduidelik die voordele van die verskillende kleure van die LED Ligterapiebehandeling as volg:
Rooi lig: Teenveroudering, stimuleer kollageenproduksie, verminder die voorkoms van fyn lyne en plooie en verbeter veltekstuur.

Blou lig: Antibakteriese eienskappe, verminder inflammasie. verminder en beveg bakterieë wat aknee veroorsaak.
Near Infrared: Genesing van vel en bevorder en herstel velweefsel. Verminder inflammasie en bevorder ook vinniger wondgenesing.
Groen lig: Behandeling van hiperpigmentasie. Word gebruik om sigbare pigmentasie te verminder en ’n helderder en meer eweredige gelaatskleur te bevorder.
Geel lig: Verminder sigbare rooiheid.
Wie kan LED ligterapie gebruik?
LED ligterapie kan transformerende voordele inhou vir enige persoon wat graag ’n glansende gelaat of fyner vel tesktuur wil bevorder.
Hierdie terapie is veral voordelig vir individue met sensitiewe velle, akneevelle, pigmentasieprobleme of om selfs net tekens van velveroudering te verminder, verduidelik Bianca.
Dr Suretha meen ligterapie is ’n wonderlike alternatief vir diegene wat nie indringende behandeling verkies met minimale newe-effekte. “Ek het al baie suksesvolle, blitsvinnige resultate gesien met LED ligbehandeling in aknee pasiënte– hou dit in gedagte wanneer jy van puisies ontslae wil raak voor ’n belangrike afspraak of geleentheid”.

In-salon LED Ligterapie vs tuis LED ligterapie
Dermatoloë en Mediese Estetiese Dokters gebruik gewoonlik sterker, mediese graad ligbehandelingstoestelle met hoër intensiteit golflengtes vir geteikende behandelings.
By Dr Nerina Wilkinson + Associates, word LED ligterapie as ’n integrale behandeling aangebied saam met gevorderde behandelings soos mikronaaldterapie en PRP behandelings. Ligterapie by hierdie tipes behandelings verminder die vel se inflammasie en bied vinniger genesing van die vel, wat natuurlik “downtime” na so ’n intensiewe behandeling verminder.

Ligterapie kan natuurlik ook na chirugie gebruik word om swelling en kneusing van die vel te verminder. Verminderde littekens danksy die verhoogde kollageenproduksie. Boonop verminder dit inflammasie, en gee jou sirkulasie ’n hupstoot, verduidelik Bianca.
Klik hier om ‘n LED Literapie behandeling at Dr Nerina Wilkinson + Associates te bespreek.
Tuisgebruik; hou dit in gedagte sê kenners:
Volgens Dr Suretha is die meeste van die ligterapietoestelle ongereguleerd, “kyk dus vir produkte met FDA goedkeuring of een wat deur kliniese toetse goedgekeur word. Kyk na die masker se golflengte en die skakerings lig wat aangebied word. Maak seker die ligterapiemasker het genoeg krag en golflengte varieteite vir jou vel se doeleindes.”

Senior velsorgspesialis Bianca Erispe stem hiermee saam, “FDA goedkeuring is belangrik. Maak seker jou masker bied al die verskillende golflengtes (kleure: blou, rooi, groen, geel ens) om verskillende velprobleme te behandel”.
Doen jou navorsing – kies die gesigmaskers met goeie resensies. Kies ’n masker met verstelbare intensiteitsvlakke en een wat maklik genoeg is om te gebruik. Duurder beteken nie noodwendig beter nie, is Bianca se wenk.

Wie hoort ligterapie te vermy?
Dr Suretha Kannenberg verduidelik “Hoewel ligterapie oor die algemeen velig is vir die meeste mense om te gebruik, behoort die volgende persone eerder die gebruik van so ’n behandeling te vermy:
- Die wat sukkel met fotosensitiwiteit en diegene op lig-sensitiewe-medikasie.
- Vermy die gebruik van ligterapie as jy ’n aktiewe vel infeksie het.
- Indien jy maklik pigmentasie ontwikkel – (donker veltipes), vermy eerder die gebruik van die blou lig.
- Persone wat gediagnoseer is met epilepsie, veral die wat sukkel met aanvalle wat deur lig of flitsende lig veroorsaak word.
- Persone met aktiewe kanker.
’n Goeie velsorgroetine is noodsaaklik
LED ligterapie sal die meeste doeltreffend wees wanneer dit by ’n goeie velsorgroetine ingesluit word. Dit kan die effektiwiteit van velprodukte soos serums bevorder wat natuurlik tuis gebruik kan word of in praktyk by intensiewe estetiese behandelings.
Tuis gebruik LED Ligterapie Maskers
*Stylvol het nie hierdie produkte getoets nie