Viva Magenta die Pantone kleur van die jaar, so dra jy dit:

Ons sien elke jaar uit na die aankondiging van die Pantone kleur van die jaar, en vanjaar se skakering ‘Viva Magenta” stel nie teleur nie. Leer meer oor hierdie, rooipienk, amper pers skakering, Voorkomskonsultant Ronel le Roux deel met ons haar raad oor by wie die kleur die beste pas, plus ’n paar idees oor hoe om die opwindende nuwe skakering te dra.

Deur Justine Kroes

20/01/2023

Wat presies is Viva Magenta?

Viva Magenta is al vanaf 2019 ingesluit as deel van die duisende skakerings wat die Pantone kleurversameling opmaak. Hierdie relatiewe nuwe skakering is einde 2022 aangekondig as die 2023 Pantone kleur van die jaar.

Pantone skakering Viva Magenta18-1750

Pantone se kleur van die jaar, Viva Magenta 18-1750, is afkomstig van die rooi kleurfamilie en word gesien as ’n teken van krag.

“Viva Magenta is kragtig, vreesloos en ’n vibrerende skakering wat geluk en vreugde bevorder”

Leatrice Eisemann, Pantone Color Institute se uitvoerende direkteur.

Die kleur word ook beskryf as sterk en bemagtigend. ’n Nuwe, amper elektriese rooi skakering wat jou aanmoedig om jou self ten volle uit te leef sonder om terug te hou. ’n Kleur sonder perke wat ’n duidelike stelling maak.

Hierdie skakering van rooi bevat beide koel en warm ondertone. ’n Skakering wat ons op die beste kan beskryf as bloedrooi, warm pienk, fuschia en maroon sommer almal in een. ’n Aangrypende skakering van rooi wat tikkies van pienk en tikkies pers bevat.

Die kleur self word geïnspireer deur die natuur en ’n rooi kleurstof (dye) wat in die natuur in insekte gevind word (cochineal), so interessant!

Die skakering Viva Magenta was selfs volop op mode loopplanke;

Issey Miyake Fall 2022
Prabal Gurung Spring 2023
Giambattista Valli Spring 2023

Mode wenke; dra Viva Magenta so:

Wie kan die skakering dra?

Kleurkenner en voorkomskonsultant Ronel Le Roux sê “Viva Magenta is van nature ’n helder kleur met diepte, daarom sal dit die beste pas by iemand met donker hare en ’n blas veltoon.”

“Mense met ligte hare en ’n ligte veltoon sal die kleur ook kan dra, solank hulle ‘n bietjie meer moeite met hulle grimering doen, ’n bypassende lipstiffie is altyd ’n goeie opsie.”

Ronel le Roux

Huiwerig vir Viva Magenta dra? Hier is raad;

Ronel se raad is; begin klein en;

Probeer die 80/20 reël

’n Veilige opsie is dalk om die 80/20 reë l te volg. Dit beteken dat jy 80% van jou uitrustig kies in ’n kleur waarmee jy gemaklik is bo jou middel. Dan kan die ander 20%  van jou uitrusting in Viva Magenta wees.

Oop, skoon spasie naby jou gesig

Probeer dus om so veel as moontlik van jou vel naby jou gesig oop te hou (bandjies of ’n lae hals in plaas van ’n halternek of toe arms). Selfs ’n neutrale kleur in ’n toppie gekombineer met Viva Magenta in ’n broek of romp is Ronel se raad.

Viva Magenta hoef nie oral te wees nie

Dit hoef ook nie ’n volledige uitrusting te wees nie. Begin met ’n handsak, oorbelle, haarbykomstighede of skoene. Of probeer ’n subtiele Viva Magenta patroon, ietsie wat nie te veel aandag trek nie.

Bykomstighede is ’n sakpas manier om te toets of jy werklik van die Viva Magenta skakering hou.

Skoene is nog ’n manier om hierdie kleur te dra – handig veral as jy nie seker is of ’n kleur by jou veltoon pas nie omdat dit ver genoeg van jou gesig af is. Handsakke in Viva Magenta is ook een van die maklikste maniere om kleur by jou uitrusting te voeg.

Soos jou liefde vir die kleur groei, kan jy meer waaghalsig wees en die Viva Magenta in groter dele van die uitrusting beklemtoon.

Moenie bang wees vir eksperimenteer nie.

Ronel sê “leef jou persoonlikheid uit, wees waaghalsig, en geniet die mode vir die seisoen wat dit groot nuus is.

Probeer om verskillende teksture of patrone meng.

Wees avontuurlustig en speel met kleurkombinasies. Geel, lemmetjiegroen, rooi of turquoise is wonderlike komplimentêre skakerings om by Viva Magenta te probeer.

Hier is ’n paar gunsteling Viva Magenta mode items op ons styl radar:

Me & B The Ultimate Oversized Shirt in Magenta (R699)
Zara Mini Tote Bag with Feathers (R399)
Mango Dress Banas Bright Pink (R799 Superbalist)
Kokonova Puff Wrap Maxi Dress Pink (R599)
Mango Bag Mcegipo (R599 Superbalist)
Zara Double Breasted Blazer Dress (R2299)
Supre Caitlyn Cowl Neck Maxi Dress Wild Pink (R1099 Superbalist)
Zara Embellished Heeled Slingback Shoes (R1099)
Forever New Milly Lace Trim Mini Dress (R1899)

Ronel le Roux

Ronel le Roux is ‘n kleurkenner en voorkomskonsultant –  kontak haar by hello@ronelleroux.com en volg haar op sosiale media hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
10 Styltruuks wat ons by Victoria Beckham geleer het
error: Content is protected !!