Foto met vergunning van Elrico Zarr

Die veelsydige kaftan

Die kaftan is een van die mees veelsydige items in ’n vrou se klerekas – dit is gemaklik, vleiend en verbasend elegant. Nee die kaftan is nie net bedoel vir die strand en luilekker dae langs die swembad nie; jy kan dit winkel toe, werk toe, en selfs vir ‘n aandjie uit dra. Jy kan jou kaftan byna vir enige geleentheid dra, die truuk is net om hierdie lospassende mode-item reg te stileer en met die korrekte mode-items te kombineer.  Deur Justine Kroes.

Strand toe

Op die strand steek die veelsydige kaftan dele van jou lyf weg wat jy nie noodwendig gemaklik voel om te wys nie, die bonus is dat dit ook ekstra beskerming teen die son bied (indien dit wel lank genoeg is om die grootste deel van jou lyf toe te maak).

Wenk: kies ’n kaftan in ’n natuurlike materiaalstof soos katoen, dit sal jou koeler en sweetvry hou teenoor die wat van sintetiese materiale gemaak is. Maak jou hare in ’n lae-bolla vas, dit lyk vars en sjiek.

Kombineer met Kaftan van Milady’s (R300); Eenskouer swembroek van Country Road (R999); Slider-sandale van Birkenstock beskikbaar by Woolworths (R799); Oorbelle Pichulik Mithra Earrings (R1150); Emmerstyl-hoed van Mr Price (R69,99); Sonbril van Woolworths (R99)

Dra jou kaftan tuis of winkel toe

By die huis of van die strand af reguit winkel toe kan jy jou veelsydige kaftan vinnig netjieser laat lyk.

Wenk: Moet nie ’n groot, bonkige handsak by jou kaftan dra nie, kaftans is gewoonlik groter en lospassend – skep balans met ’n kleiner handsak.

Kombineer met: Kaftan van Woolworths (R299); Haarband van Crystal Birch (R350); Denim van Witchery by Woolworths (R899); Gordel van Witchery beskikbaar by Woolworths (R699); Slider-sandale van Foschini (Flatform sandals R450); Handsak van Desigual

Werk toe

Ja jy het reg gehoor – jy kan jou kaftan selfs werk toe dra – mits jy die regte mode-items daarby stileer.

Wenk: As jy weet jy gaan jou kaftan werk toe dra, kies ’n neutrale skakering kaftan met minder kleurvolle tossels en boorduurwerk.

Kombineer met: Kaftan van Woolworths (R399); Broek van Witchery (Lola Denim R899); Gordel van Country Road beskikbaar by Woolworths (R399); Oorbelle Pichulik Garland Hoop Earrings (R1100); Handsak van Country Road beskikbaar by Woolworths (R999); Skoene van Witchery by Woolworths (R1299 Fiona Leather Heel)

Dra jou kaftan vir ‘n aand uit

Jou veelsydige kaftan neem jou reguit van die strand na ’n aand uit vir skemerkelkies of ’n romantiese afspraak.

Wenk: Moet nie die krag van ’n helder lipstiffie en paar gestapelde hangertjies en mooi onderklere hierby onderskat nie!

aand uit

Kombineer met: Kaftan van Woolworths (R399); Faux Leather -broek van RE by Woolworths (R599); Kant Bra van Secrets by Woolworths (R299); Gestapelde hangertjies van Woolworths (R160 beskikbaar in goud en silwer); Oorbelle Pichulik Gravity Gold Earrings (R1100); Handsak Country Road beskikbaar by Woolworths (R599); Skoene Witchery beskikbaar by Woolworths (R1299 Ivy Sude Pump).

Vyf kaftan-wenke

  1. Kaftans lyk pragtig by all vroue, kies een wat werk vir jou lyfvorm, byvoorbeeld vroue met groter borste, behoort ’n v-halslyn kaftan te kies.
  2. Gee vorm aan jou kaftan met die hulp van ’n wye leer (of geweefde) gordel wat jy om jou middel vasbind wat ook jou middel kleiner laat lyk.
  3. Kies die regte lengte, jy sal weet watter lengte die beste werk vir jou lyfvorm hetsy dit die maksi-midi- of dalk minilengte kaftan is
  4. Bykomstighede is belangrik; die keuse van bykomstighede by jou kaftan sal die veelsydigheid van jou kaftan bepaal.  Gemaklike slider-sandale daarby sal byvoorbeeld goed werk vir ’n tuisbly- voorkoms of juwele, oorbelle en hoëhak-sandale vir ’n aandafspraak.
  5. Jy kan selfs jou kaftan tydens die koeler wintermaande dra, mits dit die regte skakering is – gekombineer met ’n denim, kouse en enkelstewels en ’n lang jas of serp daarby.

Ons gunsteling veelsydige kaftan opsies nou beskikbaar:

Elrico Zarr Kimono/Kaftan
Elrico Zarr Kimono/Kaftan
Elrico Zarr Kimono/Kaftan
Woolworths Ombre Kaftan (R350)
Woolworths Kaftan (R250)
H&M Desmond & Dempsey beperkte uitgawe reeks
RuffTung Resort Collection Limited Edition Birds of a Paradise Kaftan/Kimono (R1300)
Mr Price RED Floral Kaftan (R169,99)
Mr Price RED Pink Kaftan (R169,99)
Kluk CGDT Circle Cape Kaftan
H&M Desmond & Dempsey beperkte uitgawe reeks (Beskikbaar vanaf 15 Oktober)
Desray Blue and Yellow Kaftan (R1300)
Rubyyaya Kabana Kaftan (R500)
Foschini Tropical Print Kaftan (R350)
Rubyyaya Uzbek Gucci Dress (R1600)

Lees ook: Die vyf modegiere van die 80’s en 90’s is nou groot nuus!

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
“Athflow”, die nuutste gemakdrag-trend
error: Content is protected !!