Vakansiemode, die mooiste moet-hê items:

Die heel mooiste moet-hê vakansiemode items, van plakkies en haar-scrunchies tot handdoeke en koel-sakke. Ons wys graag 10 van ons gunsteling bykomstighede om jou reg te kry vir daardie strand uitstappies. Deur Justine Kroes.

Plakkies

Gaan groot met jou plakkies in 2020 – skoene is meer bonkig, blink en groot. Probeer ’n slag ’n paar ‘flatform’-plakkies (onthou jy die 90’s!?), of plakkies met versierings op, waterdigte plakkies is ook altyd ’n wenner.

Mr Price Lace Up Sandal (R79,99)
Mr Price Chunky Thong Slop (R99,99)
Mr Price Rainbow Monowedge Sandal (R99,99)
Birckenstock Gizeh Sandals (R799,95 Woolworths)
Mr Price Monowedge Sandal (R79,99)
Woolworths Embellished FLip Flops (R179)
Mr Price Holographic Slop (R69,99)
Mr Price Pink Slop (R69,99)
Mr Price Shell Trim Slop (R49,99)

Hoed

Vanjaar is die emmerstyl-hoed en hoede wat onder jou ken vasbind groot nuus. Die hoede wat vasbind is ook so handig en sal nie maklik in die wind afwaai nie. As jy ‘n kombinasie van die emmerstyl-hoed vind wat kan vasbind, nog beter!

Mr Price Sunhat (R99,99)
Crystal Birch Aspen Canvas Hat (R450)
Mr Price Bucket Hat (R89,99)
Foschini Matador Wide Brim Tie Hat (R220)
Mr Price Daisy Bucket Hat (R69,99)
Mr Price Gingham Bucket Hat (R89,99)

Strandsak

Dink aan jou strandsak as ’n handsak vir die strand, een wat genoeg spasie het vir al die ander bykomstighede onder die son. Kies een wat waterdig is, lekker sakkies aan die kante het (vir motorsleutels, kontant en lipsalf), maar een wat weereens by jou persoonlike styl pas. Hier is ’n paar mooi opsies:

Mr Price Beach Bag (R159,99)
Cotton On Beach Basket Bag (R249,99)
Country Road Net Bag (R599)
Mr Price Home Gradient Beach Bag (R179,99)
Country Road Clothing (R299)
Milady’s Beach Bag (R249,99)

Haar-scrunchies

Onthou in 2020 is die tagtigerjare weer terug, en die haar-scrunchie daarby ook. Moet nie vergeet om jou haar-scrunchie in te pak om jou hare vas te maar voor (of na) jou swem nie.

Die gewilde manier om nou jou scrunchie te dra is om jou pols, dit lyk modieus maar is ook handig – so vergeet jy nie sommer jou gunsteling scrunchie by die huis nie.

Summerglen Coral Scrunchie (R40)
Cotton On Super Scrunchie (R79,99)
Mr Price 2 pack scrunchies (R20)
Cotton On 3pk Scrunchie (R119)
Cotton On 3pk Scrunchie (R119)
Woolworths Embroidery Daisy Scrunchie (R89,95)

Bly veilig

Met Covid-19 getalle wat bly styg is dit nou meer belangrik om jou masker te dra en gereeld jou hande te was of ontsmet. Kies ‘n vrolike masker en handige klein ontsmettingsmiddel wat in jou strandsak sal pas.

Mr Price Scarf Mask (R20)
Foschini Fabric Face Mask (R59,99)
Mr Price Fabric Face Mask (R29,99)
Mr Price Hand Sanitizer Spray (R39,99)
SKOON Hands Up Sanitizing Spritz (R109,99)
Lemon Verbena Hand Gel (R34,99 Woolworths)

Strandhanddoek

Handdoeke het beslis die afgelope paar jaar ’n strandmode-bykomstigheid geword. Prettige patrone, kleurvol en bont is vanjaar in die mode. Jy kry nou selfs nuttige opblaas kussings, spesiaal vir die strand.

A Love Supreme Delicisou Monster Beach Towel (R500)
Mr Price Home Colab Beach Blanket Towel (R299,99)
Rosey & Vittori Neon Towel (R490 Platform 23)
Cotton On Coogee Lightweight towel (R249)
Cotton On Fairhaven Beach Pillow (R119)
Cotton On Fairhaven Beach Pillow (R119)
Mr Price Printed Beach Towel (R99,99)
YmShop Printed Beach Towels (R220)
Mr Price Home Flores Towel (R299,99)

Koelsak

Die meeste van ons neem graag ’n koelsak saam see toe, om ons drink- en eetgoed urelank koud en vars te hou. Hoekom dan nie hierdie as ’n strand-modebykomstigheid insluit nie. Kyk net na al hierdie unieke en “koel” ontwerpe:

Fieldbar Handcrafted Cooler Box (R1499)
Mr Price Home Colab Cooler Box (R159,99)
Mr Price Home Colab Cooler Box (R159,99)
Mr Price Home Colab Cooler Box (R159,99)

Kaftan

Die kaftan is een van die nommer een moet-hê items vir die strand of swembad – so maklik om net bo oor jou swembroek oor te gooi, en dit lyk altyd stylvol en klassiek. Patrone en kleurvolle kaftans is vanjaar groot nuus, loer hier na van ons gunstelinge:

Lees ook meer hier oor hoe jy jou Kaftan kan stileer vir van strand tot werk en selfs vir ’n aand uit.

Mr Price Embroided Mesh Kaftan (R179,99)
Witchery Silk Splash Kaftan (R1099 Woolworths)
Mr Price Floral Kaftan (R169,99)
Miladys Printed Cover Up (R399)
Miladys Floral Cover Up (R349)
Foschini Viscose Anglaise Kaftan (R380)

Sonsambreel

Beskerm jou nie net teen die son nie maar ’n unieke sonsambreel lyk trendy en is ook ’n maklike manier vir vriende en familie om jou te kry op ’n besige strand! Kyk net hoe mooi is hierdie ontwerpe van A Love Supreme:

A Love Supreme Beach Umbrella (R1280)

Sonbril

Vanjaar is die jaar vir die kat-oog, futuristiese, gekleurde-rame, plat bo-kante en vele meer. Maak seker jy kies ’n sonbril wat jou persoonlike styl die beste verteenwoordig. Moet nie bang wees om trends aan te pak nie, maar onthou daar is niks verkeerd om by ’n klassieke styl te hou wat jy weet by jou gesigvorm pas nie. Lees hier vir die nuutste sonbril trends.

Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Dié 5 mode trends is nou hoogmode, sal jy dit dra?
error: Content is protected !!