Mode in ’n boks? Hoekom dan nou nie! The Box Fashion is ’n slimboks subskripsie/lidmaatskap waar jy elke seisoen ’n boks bykomstighede ontvang – jy betaal ’n maandelikse fooi in ruil vir ’n boks propvol seisoengepaste bykomstighede soos handsakke, ringe, oorbelle, hoede, serpe, handskoene en nog vele meer. Lees meer oor hoe die proses werk en 5 redes hoekom ons daarvan hou: Deur Justine Kroes
18/03/2022
Wat is The Box Fashion?
The Box Fashion is die eerste en enigste plaaslike bykomstighede-lidmaatskap in die land. ’n Lidmaatskap konsep spesiaal ontwikkel met die stylvolle Suid-Afrikaanse vrou in gedagte. Hierdie diens lewer nie net ’n boks vol van elke seisoen se trendy bykomstighede by jou voordeur af nie – maar ook styladvies en inspirasie daarby.
Die proses is redelik eenvoudig – jy betaal ’n maandelikse lidmaatskapsfooi en ontvang elke 3 maande ’n boks (van jou keuse) vol bykomstighede vanaf sakke, juweliersware, hoede, kimonos, gordels en selfs nog meer.

Hoekom bykomstighede?
The Box Fashion glo dat stylvolle bykomstighede daardie mode-items is wat elke vrou mooi laat voel (en lyk!). Bykomstighede kan ’n uitrusting maak of breek, en het ons almal nie al genoeg geld uitgegee op bykomstighede wat ons skaars dra nie?!
The Box Fashion hou seisoenale trends as fokuspunt vir die inhoud van elke seisoen se reeks bokse. Niks meer gewik en weeg in die winkel oor die item wat jy wil koop en of dit nou eintlik mode is of nie.

5 redes hoekom Stylvol van The Box Fashion hou
- Dit pas almal – serpe, mussies, hoede en juweliersware vir enige grootte – soos ’n handskoen (Psst gepraat van handskoene – daar is die allermooiste handskoene in die nuwe reeks bokse!). Inklusiwiteit is vir ons belangrik!
- Die keuse bly steeds joune – Jy kan steeds kus en keur waarvaan jy die meeste hou – daar is elke seisoen vier verskillende bokse beskikbaar, beslis een wat by elke unieke stylpersoonlikheid pas.
- Die boks hou jou in die mode – Dit hou jou elke seisoen op hoogte van die nuutste trends, en modes sonder die moeite om jou eie navorsing te doen.
- Jy leer met elke boks iets nuuts – Saam met jou boks ontvang jy handige styladvies in ’n pragtig saamgestelde boekie. Die boekie wat ons ontvang het, sluit byvoorbeeld wenke in oor hoe om jou denimvoorkoms op te kikker en wat die groot denimmodes tans is. Daarby ook handige wenke om jou klerekas op datum te bring en hoe om jou nuwe sak op 4 verskillende maniere te dra en stileer.
- Dit is gerieflik – jy skryf in, en na elke 3 maande se betaling ontvang jy jou modeboks vol trendy bykomstighede, raad en afslag daarby. Jy bring nie ure in die winkels deur en wonder oor die nuutste modes nie – jy mors ook nie jou geld en koop talle bykomstighede wat jy nooit weer sal dra nie.



Oukei, so hoe werk dit?
So maklik soos een, twee, drie!
Stap 1
Doen aanlyn aansoek; Klik hier om in te teken en jou persoonlike inligting te voltooi. (so eenvoudig!)
Stap 2
The Box Fashion sal jou dan kontak en vir jou inligting stuur rakende jou nuwe ekslusiewe lidmaatskap.
Stap 3
Betaal jou maandelikse lidmaatskapsfooi van R423 per maand. Na drie maande se sukesvolle betalings sal jy ’n SMS ontvang om die styl van jou boks te kies.
Stap 4
’n Seisoenale boks van jou keuse (propvol mode moet-hê bykomstighede) word dan by jou voordeur afgelewer.

Die seisoen se bokse “Rerooted Nature”
Die inspirasie agter die seisoen se bokse is om terug te keer na die natuurskoon rondom ons. Elk van die items in hierdie seisoen se reeks bokse kan meer of minder formeel gestileer word, sakke kan as rugsakke of cross-body bags gedra word. Stylvolle mussies en handskoene wat in die stad of in die berg gedra kan word. Loer hier wat elk van die bokse bevat:
Die “Roaming Days” boks bevat:
Navy Structured Backpack; Corduroy Cap; Navy Plaid Gloves; Silver Ridge Earrings; Silver Crawler Earrings; Silver Ridge Ring

Die “Dark Dessert” boks bevat
Black Versatile Backpack; Printed Beanie; Sleek Black Gloves; Textured Gold Hoops; Gold Crawler Earrings; Textured Gold Ring

Die “Wild Mocha” Boks bevat
Mocha Versatile Backpack; News Boy Cap; Grey Suede Gloves; Silver Rounded Earrings; Ball Crawler Earrings; Silver Rounded Ring

Die “Sky Ride” boks bevat
Sky Structured Backpack; Gingham Beanie; Sky Gingham Gloves; Gold Bauble Earrings; Pearl Hook Earrings; Gold Double Bar Ring

Nog nie gereed vir lidmaatskap nie? Moet nie bekommer nie:
As die lidmaatskapstelsel jou gaan werk nie kan jy steeds The Box Fashion se allermooiste bykomstighede apart koop. Indien jy ’n lid is van The Box Fashion kry jy ’n reuse 25% afslag op alle items in die aanlynwinkel.
Hier is ’n paar gunstelinge wat ons raakgesien het:
Bokse nie net vir Mamma nie:
The Box Fashion het besef nie net Mamma’s het trendy bykomstighede nodig nie maar tieners, klein dogtertjies en seuntjies ook!
Tieners
Vir die tieners, hier is ’n paar voorbeelde van die tienerbokse – ons sal beslis by ons tieners ’n paar bykomstighede kan leen! Loer gerus hier na die seisoen se boks “Wayward Wanderer”

Dogtertjiedrome:
Kyk net hoe oulik is die boks “Cotton Candy” vol frille en valle en doen-dit-self pret vir jou dogtertjie. Loer hier:

Nou vir seuns ook:
Die splinternuwe “Oh Hi!” boks vir seuntjies bevat die oulikste keps, rugsak, buff en waterbottel. Loer hier om meer te sien:

Volg the Box Fashion op Instagram hier
Loer na The Box Fashion Kids se Instagram blad hier
Loer na The Box Fashion Teens se Instagram blad hier